Grey bo-baas in die Paarl, Klofies kampioen van die NWU Sport-reeks

PRETORIA. – Dit blyk of die stryd om vanjaar se voorste rugbyskool op eerstespanvlak eers in die pylvlak beslis sal word.
Grey-kollege het Paarl Gimnasium se onoorwonne status in die Paarl met ‘n sege van 29-27 beëindig.
Dit was ‘n klipharde skolewedstryd wat enige kant toe kon gaan, met Gimmies se losskakel, Chandler Green, wat met ‘n doelskop in die doodsnikke sake nog gelyk kon trek.
Grey se senterpaar, Pieter van der Merwe en Ethan Adams, was weer uitstaande. Die twee gaan vanjaar nog baie spanne se verdedigingslyne hoofbrekens besorg.
Grey se slot AJ Meyer asook die haker, Liam van Wyk, het ook uitstaande vertonings opgedis. Vir Gimmies was niemand beter as die agtsteman, Quintin Potgieter, nie.
Paul Roos Gimnasium het sy onoorwonne status met ‘n klinkende sege van 25-10 oor die Hoër Jongenskool Paarl behou. Die kragmeting tussen die Maroen-masjien en Grey kan dus heel moontlik in Augustus bepaal wie bo-aan meeste ranglyste sal eindig.
Affies het teen Jeppe het ‘n hoër rat in die eerste helfte gevind. Die Wit Bulle het uiteindelik met 39-26 gewen na hulle teen lemoentyd ‘n stewige voorsprong van 25-7 geniet het.
Monument het sy aanslag in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling met ‘n sege van 31-25 oor Helpmekaar-kollege in Johannesburg afgeskop. Monnas het goed begin, maar die Helpies het amper genoeg gedoen om die span van Krugersdorp behoorlik te laat sweet teen die einde.
Waterkloof is as kampioen van die NWU Sport-reeks gekroon na hy vir Menlopark met 23-8 in die eindstryd geklop het. Menlopark het as skool wel die trofee ontvang vir die algehele beste rugbyskool in dié reeks.
Die Klofies het nie op alle silinders gevuur nie, maar die Parkies sal ook voel dat die telling nie hul volle inspanning weerspieël nie. Dit was amper gevoel of die twee spanne mekaar nog uitkyk diep in die tweede helfte, voordat die Klofies die sege beklink het.
Die Klofies se agtsteman, Marko Kok, was soos gewoonlik ‘n staatmaker vir sy span.
Op die B-veld van Eldoraigne kon die Puma-keurders amper ‘n volle proewe aanskou het. Hoërskool Nelspruit het HTS Middelburg naelskraaps met 36-34 verslaan, terwyl Hoërskool Middelburg vir Kempton Park met 40-12 kaf gedraf het.
Transvalia was met 76-7 te sterk vir die gasheer van die NWU-reeks se eindronde, Eldoraigne. Die span van Vanderbijlpark het 12 drieë in die wegholsege ingeryg.
Noordheuwel van Krugersdorp sal sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks teen Wesvalia van Klerksdorp volgende week in die eindstryd verdedig.
Die Nories het vir Marais Viljoen met 44-13 in die halfeindronde verslaan, terwyl Wesvalia sy plek met ‘n sege van 30-17 oor Hoërskool Pietersburg bespreek het.
Riebeeckrand is in Potchefstroom as nuwe kampioen van die NWU 16-reeks gekroon. Die nuwe kampioen het vir Pretoria-Noord in die eindstryd met 20-7 die loef afgesteek.
Al die uitslae:
SDC NOORDVAAL CUP
GROEP 1
Beker: Monument 31, Helpmekaar 25.
GROEP 2
Blou Bulle: Midstream College 31, Wonderboom 24; Bergsig Akademie 26, Centurion 17; Overkruin 36, Hoërskool Tuine 7. Pumas: Ermelo 13, Rob Ferreira 10. Valke: Brandwag (Benoni) 38, Dinamika 29; Driehoek 19, Hoërskool Sasolburg 14.
GROEP 3
Blou Bulle: Die Wilgers 52, Curro Hazeldean 3; Erasmus (Bronkhorstspruit) 36, HTS Tuine 22. Pumas:Standerton 38, Generaal Hertzog 29. Valke: HTS Sasolburg 38, CBC Boksburg 33.
GROEP 4
Blou Bulle: FH Odendaal 57, Kwaggasrand 3; Curro Roodeplaat 21, Maragon Mooikloof 5. Goue Leeus: Bekker 70, Goudrif 11. Luiperds: Die Wilge 29, Roodepoort 12. Valke: Suiderlig 24, Belvedere 8.
KWAZULU-NATAL
Hilton College 55, Kearsney College 37; Westville Boys’ High 35, Glenwood 32; Michaelhouse 24, Northwood 22; Durban High School 21, Maritzburg College 18; St Charles College 50, Clifton 15.
NOORDVAAL
Affies 39, Jeppe 26; Secunda 41, Ligbron Akademie 21; King Edward VII 24, Pretoria Boys’ High 14; Ellisras 15, HTS Tom Naudé 14; Merensky 101, Louis Trichardt 7; Ben Vorster 38, Randburg 29; Hartbeespoort 56, Nylstroom 24; Northcliff 26, Randpark Ridge 4; Piet Potgieter 61, Eric Louw 3; Curro Heuwelkruin 31, Stanford Lake College 5; Northern Academy 40, Warmbad 38.
NWU SPORT-REEKS
Waterkloof 23, Menlopark 8; EG Jansen 36, Oos-Moot 3; Hoërskool Nelspruit 36, HTS Middelburg 34; Transvalia 76, Eldoraigne 7.
NWU PRESTIGE-REEKS
Noordheuwel 44, Marais Viljoen 13; Wesvalia 30, Hoërskool Pietersburg 17; Hoërskool Rustenburg 31, Lichtenburg 30; Hugenote (Springs) 45, Jeugland 26; Potchefstroom Gimnasium 39, Montana 22; Die Anker 32, Zwartkop 10; Heidelberg Volkskool 19, Potchefstroom Volkskool 15; Hoërskool Klerksdorp 53, Oosterlig 13.
NWU 16-REEKS
Riebeeckrand 20, Pretoria-Noord 7; Sarel Cilliers (Glencoe) 24, Wolmaransstad 19; Ben Viljoen 77, Oosterland 12; Hans Strijdom 48, Delmas 12; Vryburg 29; Ferrum 13; Pionier 22, Fochville 10.
OOS-KAAP
Grey High School 10, Wynberg Boys’ High 10; Die Brandwag (Uitenhage) 18, HTS Daniël Pienaar 5; Ithembelihle 20, Gelvan Academy 12; Queen’s College 29, Dale College 15; Graeme College 50, Hudson Park 12; Selborne College 49, HTS Port Rex 10; Graaff-Reinet Volkskool 38, Despatch 10.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Grey-kollege 29, Paarl Gimnasium 27; Duineveld 47, Swartland 16; Fichardtpark 27, Sentraal 7; Diamantveld 38, Jim Fouché 15; Hoërskool Upington 24, Noord-Kaap 19; Brandfort 45, Zastron 30; Sand du Plessis 55, Bloemfontein-Suid 7; President Steyn 52, Heatherdale 8; Voortrekker 19, Goudveld-Hoërskool 13; Witteberg 20, Trio 17; Bultfontein 24, Riebeeckstad 10; Wessel Maree 33, HTS Welkom 8; Hoopstad 36, Hennenman 8; Wilgerivier 40, Bothaville 12; Winburg 42, Theunissen 0; Kathu 17, Postmasburg 14.
WES-KAAP
Paul Roos Gimnasium 25, Hoër Jongenskool Paarl 10; Oakdale Landbou 50, Framesby 33; Outeniqua 34, Hoërskool Durbanville 17; Boland Landbou 25, Stellenberg 19; Milnerton 31, Bishops 28; Rondebosch Boys’ High 55, SACS 22; Parel Vallei 29, Tygerberg 14; Charlie Hofmeyr 50, Bredasdorp 5; Hugenote (Wellington) 31, Worcester Gimnasium 28; Hoërskool Bellville 25, Hopefield 12; Vishoek 60, Camps Bay 0; Piketberg 33, Vredenburg 12; Brackenfell 45, DF Malan 11; HTS Bellville 36, Melkbosstrand 15; Somerset College 39, Sophumelela 19; Strand 31, Hermanus 30; Overberg 13, Labori 11; Montagu 67, Montana 5.
- Southern teams impress as FNB u18 Craven Week heats up - 2025-07-11
- Results – FNB u18 Craven Week 2025 – Day 4 - 2025-07-10
- Free State soars as Mgedezi and Adams star in Craven Week thriller - 2025-07-10