SuperSport Schools Plus

Gewonde Pietersburg en Potch Volkies pak mekaar in Bowl-afdeling van SDC Noordvaal Cup

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-06-02 Tags: , ,

Om 12:30 Saterdag-middag gaan die hoofstad van Limpopo aan die gons wees wanneer Hoërskool Pietersburg en Potchefstroom Volkskool mekaar die stryd aandurf in hulle SDC Noordvaal Cup kragmeting in die Bowl-afdeling.

Albei spanne lek nog hul wonde na verlede naweek. Pietersburg was in ‘n naelbyt stryd betrokke teen Eldoraigne, maar moes die knie buig met ‘n telling van 22-28. Potch Volkies sal ook die bordjies wil verhang na hulle nederlaag teen Gimmies in hulle jaarlikse FNB Classic Clash verlede naweek.

Die span van Potchefstroom was op goeie dreef tot en met verlede naweek, met goeie oorwinnings teen Oosterlig (14-7) asook Dr. Malan (45-0) en was ook die meerderheid van die wedstryd teen Gimmies n konstante bedreiging.

Volkies sal hoop dat die voorrymanne – Johan van Tonder (vaskopstut), André van Zyl (haker) en Brendon Steenkamp (loskopstut), hulle sterk vertoning in scrums kan voortsit met die doel om voorvoet bal te verskaf aan hulle gevaar manne in die middelveld.

PHS se pak voorspeler is egter ook nie te versmaai nie, met kaptein en slot, Dewan Gobey, aan die voortou wat kook water rugby speel tot op hede. Die tuissspan beskik oor rotsvaste verdediging en Gobey sal sy troepe vuur en vlam wil he om omkeerde balbesit te bewerkstellig en die bal so gou moontlik punte toe te versprei waar hulle gevaar manne op Volkies se verdediging wag.

Die gesegde, moenie n gekwesde dier onderskat nie, is op beide van hierdie spanne van toepassing hierdie naweek en daar kan verwag word dat nie een gaan terug staan vir die ander nie.

Die onoorwonne Merensky van Tzaneen sal behoorlik getoets word wanneer hy Saterdag teen Wesvalia in Klerksdorp te staan kom. Die span van Tzaneen sal waarskynlik vir die eerste keer in jare met ryp te doen hê.

Dr. Malan van Meyerton is op soek na sy eerste sege in vanjaar se reeks wanneer hy teen Hoërskool Alberton kragte meet.

Die spanne:

Hoërskool Pietersburg vs Potchefstroom Volkskool om 12:30 in Polokwane:

Hoërskool Pietersburg: 15 Dian van Tonder, 14 Devon Janse van Rensburg, 13 Hanno van Zyl, 12 Wian Terblanche, 11 Neville Barnard, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Henré Venter, 7 Reuben Weyer, 6 Jan-Keyser Albertyn, 5 Dewan Gobey, 4 Jayden du Bruyn, 3 Floris Venter, 2 Dewald de beer, 1 Jan-Hendrik Venter.

Potchefstroom Volkskool: 15 Dian van der Merwe, 14 André Zillie, 13 Tiaan Gouws, 12 Ludwich Schuld, 11 Francois Smit, 10 Christo Rose, 9 Johandré Maree, 8 Arno Kotze, 7 Johan Malherbe, 6 Wian Alberts, 5 Konrad Pretorius, 4 Marco Oosthuizen, 3 Johan van Tonder, 2 André van Zyl, 1 Brendon Steenkamp.

Wesvalia vs Merensky om 12:30 in Klerksdorp: 

Wesvalia: 15 Richardt van Heerden, 14 Teboho Sekonyela, 13 Xander Smit, 12 Deon Viljoen, 11 Werner Kruger, 10 Philip Janse van Rensburg, 9 Justin Ludick, 8 Hanré Venter, 7 Hennoh Visser, 6 Francois Dummond, 5 Junior Kuhn, 4 Vian Botes, 3 Koos Kleynhans, 2 André Taute, 1 Heinrich Janse van Vuuren.

Merensky: 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Clifford Ledwaba, 13 Klokke Mohlala, 12 Ulrich Mare, 11 Maklatse Semosa, 10 Byron Hendricks, 9 Dirk de Nysschen, 8 Waldie Haasbroek, 7 Tian Viljoen-Krugel, 6 Hardus Terblanche, 5 Zander Heydenrych, 4 Luan Verster, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Divan Pietersen.

Dr. Malan vs Hoërskool Alberton om 12:30 in Meyerton: 

Dr. Malan: TBC.

Hoërskool Alberton (moontlik): 15 Ntando Mhlungu, 14 Dean Pretorius, 13 Carlos Majiedt, 12 Divan Rynhoud, 11 Sizwe Dube, 10 Ayanda Mndakane, 9 Mark Hechter, 8 Johan Schoeman, 7 Brendan Pienaar, 6 Ryno Vermaak, 5 James Woest, 4 JJ Lombard, 3 Levi Louw, 2 Gerhard Strydom, 1 Liam Buys.

 

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.