SuperSport Schools Plus

Geen maklike taak vir Hugenote in Heidelberg nie


Heidelberg word bederf met ‘n voorsmakie van wat voorlê in die opkomende SDC Noordvaal Cup wanneer twee spanne in vanjaar se Skild-afdeling, Hoër Volkskool Heidelberg en Hoërskool Hugenote (Springs), mekaar Saterdag in Heidelberg die stryd aansê.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

Die Volkies was verlede baas oor die span van Springs, maar dis ‘n splinternuwe seisoen en die Hugies lyk na ‘n perd van ‘n ander kleur.

Die span van Springs is onlangs as die 30ste kampioen van die Mauritz Hansen-rugbyweek gekroon, na drie puik vertonings, waarvan een ‘n indrukwekkende oorwinning van 21-7 oor Ligbron Akademie was.

Kaptein en steelkantflank, Tyron Hand, is uitstekend op dreef en behoort vurige ondersteuning van agtsteman, Hendrik Eybers, te ontvang. Albei is prominent op die aanval en uiters effektief om hul span oor die voordeellyn te kry.

Agterlangs sal die vleuels, Musa Manhlangu en Thayani Mokiri, ‘n taamlike bedreiging vir die Volkie-verdedigers inhou. Tiaan Smith begin op skrumskakel, wat Mokiri se skuif na linkervleuel teweeggebring het. Die gevaarlike Ruan van Biljon skuif van regtervleuel na sy gereelde posisie op buitesenter.

Volkies sal nietemin uiters strawwe weerstand bied, vernaam met die tuiskare bankvas agter hulle. Agsteman, Joshua Munro, beskik oor die vermoë om die twee losvoorspelers van die Hugies te neutraliseer met sy kragtige duikslae, terwyl slot, Christopher Makgongoane, ook nie sal terugstaan vir die fisieke stryd wat wag nie.

As Kayle Venter sy skopskoene onthou, kan hy ook enige span vanaf die skopkegel looi.

Hoërskool Montana trek na Rustenburg waar hulle teen Hoërskool Rustenburg te staan kom. Die Rusties sal opgewonde wees om die gevaarlike Lorenzo Snyers terug te verwelkom, nadat hy die laaste wedstryd teen Hoërskool Wesvalia, voor die vakansie, weens ‘n ligte besering misgeloop het.

Hoërskool Pietersburg verwelkom vir Potchefstroom Gimnasium in Limpopo se hoofstad en goeie nuus vir die Pieties is dat spelskepper, Hanno van Zyl, weer sy bekende posisie as buitesenter inneem. Celliers van der Merwe kry derhalwe ‘n kans om sy staal op losskakel te wys.

Ander wedstryde:

12:30 – Jeugland t. Volkskool Potchefstroom; 12:30 – Marais Viljoen t. Zwartkop; 12:30 – Wesvalia t. Oosterlig; 13:15 – Noorheuwel t. Klerksdorp; 13:20 – Die Anker t. Lichtenburg.

Die spanne:

Volkskool Heidelberg t. Hugenote (Springs) om 12:20 in Heidelberg: 

Hoër Volkskool Heidelberg: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Rueben Bierman, 12 Daniel Munro, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Wilco Janse van Rensburg, 6 Eduard Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Dyllan Baird, 2 Janco Coetzer, 1 Botshelo Motsepe.

Hoërskool Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Vian van Dyk, 11 Thayani Mokiri, 10 Corne Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.

Rustenburg t. Montana om 13:20 in Rustenburg:

Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Robinson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smith, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.

Hoërskool Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Braam Schutte, 8 Devan van der Merwe, 7 Richard Botha, 6 Dieter Scheepers, 5 Justin Herbst, 4 Martin venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

Pietersburg t. Potch Gimnasium om 12:45 in Pietersburg:

Hoërskool Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Nick Jones, 11 Dustin Terblanche, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Tiaan Vermeulen, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 AJ de Beer, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.

Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Lourens Jacobs, 13 David Ndala, 12 Jaap van der Westhuizen, 11 Toks Bekker, 10 Jean Groenewald, 9 MJ Viljoen, 8 Morne van Aswegen, 7 Bart du Plooy, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Wyk, 4 Wian Botha, 3 Jayden Stofberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.