Fichardtpark te sterk vir Goudveld, Van Heerden honderdtal deurslaggewend vir Kalahari

Die Hoërskool Fichardtpark het sy tweede dag van die Kovsie Smash met ‘n oortuigende oorwining oor Goudveld-Hoërskool afgeskop.
Volg al die aksie van die Kovsie Smash regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Die Fichies se kolflys het behoorlik op alle sillinders gevuur om ‘n gedugte telling van 219/4 in sy toegelate 20 beurte aan te teken.
Eben Botha was aan die voortou van die aanslag met ‘n ongelooflike 80 lopies van slegs 30 aflewerings.
Die aanvangskolwer se merkwaardige beurt het sewe viere en sewe sesse ingesluit. Aan die ander kant was dit Micheal Cruywagen wat die Gouties se boulers laat bontstaan het.
Hy het ‘n goeie ondersteuningsrol gespeel en het ‘n belangrike 59 lopies tot sy span se telling bygedra.
Goudveld se Hendro Boardman, het egter nie terug gestaan in sy span se soektog na die reuse 220 lopies wat benodig was vir ‘n oorwinning nie. Boardman self, het die langsteel ingelê en ‘n blitsige 81 van 43 aflewerings gemoker. Dit was egter nie genoeg nie en Davyd Oosthuizen (3/18) weer die paaltjies laat kantel. Dit het beteken dat Goudveld slegs 178 kon bereik voor al sy kolwers terug in die pawiljoen was.
SW van Heerden se beurt van 100 lopies (53 balle), het sy span, die Hoërskool Kalahari, ‘n belangrike oorwinning oor Hoërskool Pieterburg verseker. Die middelorde-kolwer se beurt het ses sesse en nege viere ingesluit. In konteks van die wedstryd was dit die draaipunt wat die Kalahari-span benodig het, nadat hy ietwat in die moeilikheid was op 29/4.
Sy beurt het die Kalahari-boulers die nodige hupstoot gegee om vroeë skade aan die Pieties se kolforde te maak. Sy aanvangsbouler Leander Smit het eerste toegeslaan met twee belangrike paaltjies. Dit was egter Yden Agenbag wat die laaste se gehad het met boulsyfers van 3/7.
Dit het die Pieties tot slegs 112/9 in sy toegelate 20 beurte beperk en sodoende ‘n oorwinning van 26 lopies vir Hoerskool Kalahari versker.
Franco De Necker se 50 lopies nie uit nie het versker Jim Fouché naalskraap met drie paaltjies met Voortrekker van Bethlehem kon afreken. De Necker is goed bygestaan deur sy broer, Adrian De Necker wat op sy beurt ‘n goeie 44 lopies tot sy span se totaal bygedra het.
Beknopte telkaarte:
Fichardtpark 219/4 (Eben Botha 80, Micheal Cruywagen 59, Davyd Oosthuizen 33; Bongi Khumalo 2/28); Goudveld-Hoërskool 178 (Hendro Boardman 81, Munro Heiberg 29, Ruben Crous 28; Davyd Oosthuizen 3/18, Nathen Ackerman 3/35). Fichardtpark wen met 41 lopies.
Kalahari 138/5 (SW van Heerden 100, Leander Smit 24*; Nicholaas Oerlemans 3/20); Hoërskool Pietersburg 112/9 (AJ Galloway 30, Philip Weterman 27; Yden Agenbag 3/7, Liam Laing 2/19, Leander Smit 2/24). Kalahari wen met 26 lopies.
Hoërskool Middelburg 90 (Herman Potgieter 25; E Dreyer 3/13, M Dreyer 2/12, E Walker 2/22); Wesvalia 94/4 (E Dreyer 65*, Baloyi 1/14). Wesvalia wen met ses paaltjies.
Hoërskool Despatch 123/8 (Joubert Knoertzen 41; Jayden Smith 3/20, Karel Kok 2/11, Ewoudt van Niekerk 2/38); Oos-Moot 115 (Arno Nel 61; Shelton 3/31, Arno van Eck 2/12, Tristan Scholtz 2/20, CJ Palfram 2/22). Despatch wen met agt lopies.
Witteberg 134/7 (Stefan Geldenhuis 57; Danie Fourie 2/22, Bokang Mohasa 2/26); Trio 100 (Franco de Wet 25; Tshepo Montloung 3/14, Dumisani Johnsen 3/29, Zander Fourie 2/18). Witteberg wen met 34 lopies.
Overvaal 39 (Armand Kotze 2/1, Toy Engelbrecht 2/9, Jaden Knoessen 2/11, Marinus Enslin 2/13); HTS Middelburg 40/2 (Darius Buytendach 21; MJ van Wyngaard 2/20). HTS Middelburg wen met agt paaltjies.
Hoërskool Sasolburg 118/6 (Meyer Pretorius 30; Pieter van Biljon 2/20); Sentraal 91/6 (Pieter van Biljon 26, Emile le Roux 21; Arkupal Dutta 1/6). Hoërskool Sasolburg wen met 27 lopies.
Voortrekker 149/2 (André Heunis 57, Juan Theunissen 35, Cecil Parsons 25, Joel Coetzee 21; Pieter Conradie 2/25); Jim Fouché 151/7 (Franco De Necker 50*, Adrian De Necker 44; Vlag Janse van Rensburg 2/26, André Heunis 2/30). Jim Fouché wen met drie paaltjies.