Diamonds en Voortrekker skop Wesgrow-reeks af
Die gees gaan aansteeklik wees by hierdie naweek se groot Wesgrow-kragmeting wanneer Hoërskool Diamantveld (DHS) en Voortrekker Hoërskool mekaar die stryd aansê.
Vir albei spanne is dit hul eerste wedstryd van die jaar, wat ‘n ekstra vlak van opwinding en afwagting by die tweestryd voeg.
Dit is ook die eerste wedstyd in vanjaar se Wesgrow Sentrale Sportreeeks.
Verlede jaar het DHS net-net met twee doele teen Voortrekker verloor, en die span van Kimberley sal oorgehaal wees om hierdie keer die bordjies te verhang.
Ruzel Vorster van Voortrekker het voor die wedstryd gepraat en die span se opgewondenheid uitgespreek, terwyl sy ook erkenning gegee het aan die uitdaging wat DHS stel. Op haar beurt het Bethenie du Raan, DHS se afrigter, hul gretigheid en gereedheid beklemtoon om die gedugte opponente aan te durf.
Die hoogs verwagte wedstryd is geskeduleer vir Saterdag om 13:00 op Baan 1.