Die Brandwag meeste spelers in vanjaar se Klein Karoo Saadproduksie XV-tal
Die Brandwag van Uitenhage het met drie spelers die grootste verteenwoordiging in die Klein Karoo Saadproduksie XV-tal wat na afloop van Oakdale Landbou se rugbyweek net buite Riversdal
Die trio is Godwin Fillis (linkervleuel), Raydon Swartbooi (skrumskakel) en Keagan van Rooyen (loskopstut). Brandwag het die week onoorwonne afgesluit, sy regtervleuel, Jamaine Dampies, het ses drieë in sy span se drie wedstryd in Riversdal gedruk, maar kon nie die keurders se span haal nie.
Swartbooi is vir sy vertoning agter Die Brandwag se oond as die agterspeler van die toernooi aangewys. Die span van Uitenhage het met die laaste rugbyweek van Oakdale met vyf spelers ook die grootste verteenwoordiging in die span gehad.
Lichtenburg se agtsteman, Zandro Coetzee, wat ook die drieë vanjaar inryg het die span gehaal. Coetzee het vanjaar al tien drieë vir Liggies gedruk.
Diamantveld van Kimberley het twee spelers wat tot die span verkies is. Hulle is JJ Fourie (slot) en Ruan Watts (binnesenter).
Pearson van Port Elizabeth is aangewys as die span wat die mees aanskoulikste rugby tydens die week opgedis het. Die span se vaskopstut, Aidan Goldman asook slot CJ Erasmus het ook die span van die week gehaal. Erasmus het vir sy spel die toekenning as die voorspeler van die toernooi gekry.
Dié span speel geen wedstryde nie en word slegs gekies om vir die beste speler in elke posisie tydens die week erkenning te gee.
Die span van die week is:
15 Ruwin Isaks (Hoërskool Upington), 14 Kyle Seconds (Robertson), 13 Vin-Heath Andrews (Hugenote), 12 Ruan Watts (Diamantveld), 11 Godwin Fillis (Die Brandwag), 10 Bronstin Agulhas (Brackenfell), 9 Raydon Swartbooi (Die Brandwag), 8 Zandro Coetzee (Lichtenburg), 7 Nyakala Sethaba (Merensky), 6 Hanru Bezuidenhout (Strand), 5 JJ Fourie (Diamantveld), 4 CJ Erasmus (Pearson), 3 Aidan Goldman (Pearson), 2 Christiaan Barnard (Sentraal), 1 Keagan van Rooyen (Die Brandwag).
LEES MEER
Brandwag sluit Oakdale Rugbyweek onoorwonne af
Brandwag van Uitenhage aan die brand op Oakdale Rugbyweek
Oakdale skud sy vere reg vir jaarlikse rugbyweek in Riversdal
[powr-comments id=”d889f0bd_1648715562267″]




