SuperSport Schools Plus

Die Anker: onafgehandelde sake in Secunda


Onafgehandelde sake is hoog op Hoërskool Die Anker se agenda wanneer hulle Saterdag in Secunda teen die verdedigende kampioen in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, Hoërskool Secunda, te staan kom.

Die twee spanne was laas in 2022 slaags toe hulle, óók in Secunda, sake in die eindstryd van die Noordvaal Cup se Bowl-afdeling uitgespook het.

Die uiteindelike nederlaag van 17-18 was ‘n besonderse bitter pil vir die span van Brakpan om te sluk, aangesien die wenner van daardie kragmeting outomaties na die reeks se Skild-afdeling bevorder sou word. Boonop het Die Anker ‘n voorsprong van 17-7, teen rustyd, in die doodsnikke prysgegee.

Hierdie Saterdag het hulle ‘n gulde geleentheid om sake op die einste veld reg te stel.

Die span van Secunda, wat nog nooit vir Die Anker weg van die huis af moes aandurf nie, sal nietemin verlig wees om weer tuisveldvoordeel te geniet, aangesien Die Anker tradisioneel taai is om te troef in Brakpan.

Die spanne van Limpopo kan daarvan getuig, met Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Ben Vorster se Buffels wat die afgelope paar naweke met die kous oor die kop huis toe gestuur is deur Die Anker. Die span van die panne het vir die Pieties en Ben Vorster met onderskeidelik 53-7 en 57-15 in hul agterplaas kafgedraf, om hul onoorwonne status in vanjaar se kompetisie te behou.

Secunda, daarenteen, het verlede naweek ‘n nederlaag van 31-41 gely teen nóg ‘n span van die Oos-Rand, Hoërskool Hugenote van Springs. ‘n Blaps-belaaide eerste 20 minute van die wedstryd het vir hulle duur te staan gekom en afrigter, Tiaan Moore, sou sy span vandeesweek voorberei het om van meet af slaggereed te wees vir die aanslag.

Die wedywering tussen die twee groot pakke voorspelers, en véral die tweestryd tussen die twee kapteins op agtsteman, Bakkies Bezuidenhout (Secunda) en Ruben Herbst (Die Anker), beloof om skouspelagtig te wees. Secunda is waarskynlik een van twee spanne in die afdeling wat oor die nodige skietgoed beskik om die span van Brakpan voorlangs te tem.

Bezuidenhout, wat onlangs ingesluit is in die Pumas se span vir die Cravenweek wat eersdaags by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied word, sal ongetwyfeld sy stempel op more se verrigtinge wil afdruk.

Heidelberg Volkskool is oorgehaal om Hoërskool Wesvalia se segetog te probeer stuit in Heidelberg. Die Wessies is die ander onoorwonne nuweling gedurende die vroeë fases van die kompetisie, nadat hulle vir Hoërskool Lichtenburg (23-12) en Hoërskool Pietersburg (41-10) in die eerste twee rondes kon klop.

Afrigter, Louwtjie Dalhouzie, en sy Volkies-span het egter reeds ervaring in die onvoorspelbare Skild-afdeling en besef dat oorwinning tuis haas ononderhandelbaar is met die oog op ‘n plek in die uitkloprondes.

Die spanne: 

Hoërskool Secunda t. Die Anker om 12:30 in Secunda

Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Xavier Erasmus, 13 Ruan Smith, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Brandan Sauerman.

Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Wesvalia om 13:20 in Heidelberg

Heidelberg Volkies: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Kevin Oormeyer, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Monro, 7 Daniel Munro, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Juan de Villiers, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.

Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Xander Smit, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobs, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrich du Preez.

Ben Vorster t. Hugenote (Springs) om 12:20 in Tzaneen

Ben Vorster: 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Pontsho Selowa, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Ben Mashele, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.

Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Leon Jacobs, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen , 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.

Hoërskool Lichtenburg t. Jeugland om 12:50 in Lichtenburg

Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tyrell van Schalkwyk, 13 Dundré Dempers, 12 Benré Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonjer, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

Jeugland: TBC

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.