Bloemhof behaal naelskraapse sege oor La Rochelle in Boland-derby
Hoër Meisieskool Bloemhof het verlede Vrydag drie uit vier van hul kragmetings met Hoër Meisieskool La Rochelle gewen.
Bloemhof se o.18-span het in die hoofwedstryd van die Boland-derby naelskraaps met 31-30 die pyp gerook.
Dit is ‘n grootse prestasie vir Bloemhof nadat die spanne mekaar reeds drie keer vanjaar ontmoet het en La Rochelle ál drie vorige kere as wenners uit die stryd getree het.
Die onlangse kragmeting tussen die eerste spanne het ‘n titaniese stryd afgegee, met die spanne wat kop aan kop was in elke kwart.
In die eerste en tweede kwart was die telling gelykop met onderskeidelik 9-9 en 16-16. Na die derde kwart het Bloemhof met slegs een doel voorgeloop (24-23).
Die spanne het selfs in die laaste kwart nie hul voet van die pedaal afgehaal nie, maar dit was uiteindelik Bloemhof wat met 31-30 kon seëvier.
Maroné Uys is aangewys as die speler van die wedstryd in die o.18-kragmeting.
Slegs die o.15-span van La Rochelle kon ‘n oorwinning behaal.
Uitslae:
o.14A LaR 13-22 BH
o.15A LaR 18-16 BH
o 17A: LaR 22-25 BH
o 18: LaR 30-31 BH.
Die ander wedstryde is uitgestel as gevolg van ongure weer en vind Woensdag, 24 Julie, plaas.