Bloem skud vere reg vir tweede Kovsie Smash
Die opgewondenheid in Bloemfontein, en vernaam by Hoërskool Fichardtpark, is tasbaar op die vooraand van die skool se tweede aanbieding van die Kovsie Smash T20-toernooi.
Die toernooi vind van 6 tot 10 Januarie in die Rosestad plaas.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die eerste toernooi in 2024 het vir hope aksie gesorg en was verál ‘n spesiale geleentheid vir Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp. Die Wessies het die oorhand in al hul wedstryde geniet en is uiteindelik, na ‘n sege met 10 paaltjies oor Hoërskool Middelburg in die eindstryd, as kampioen gekroon.
Die 20 deelnemende skole is in vier groepe ingedeel en meet voor die uitspeelrondes elkeen een keer teen mekaar kragte. Elke dag bied twee rondes aksie wat krieketliefhebbers en die onderskeie skole se ondersteuners op die punte van hul stoele sal hou. Die wedstryde begin daagliks onderskeidelik om 09:00 en 14:00.
Die Wessies loods vanjaar die verdediging van hul titel teen die nuwelinge van agter Limpopo se Sitrusgordyn, Merensky Landbou Akademie. Die span van Tzaneen durf die lang pad na die Vrystaat aan in die plek van Middelburg Hoërskool, wat nie aan vanjaar se toernooi deelneem nie.
Die groot uitdaging vir die Plasies is om verlede jaar se speler van die toernooi, Eduard Dreyer, so vroeg as moontlik terug pawiljoen toe te stuur. Dreyer het in die eerste aanbieding van die Kovsie Smash met ‘n totaal van 281 lopies en 15 paaltjies deur die week gespog, maar dit was verál met die kolf dat hy menige teenstanders gekasty het.
Sy ouer broer en Khaya Majola speler, Marneau Dreyer en Ethan Walker, die ander twee van die drie Wessies wat verlede jaar in die toernooi se span van die week aangewys is, keer vanjaar saam met Dreyer terug.
Fichardtpark as gasheer sal sy staal teen Hoërskool Driehoek toets in ‘n wedstryd wat heelwat opwinding beloof, terwyl die ander Bloemfonteinse vertoonwoordigers, Hoërskool Jim Fouché, sy week op ‘n hoë noot wil afskop teen Hoërskool Upington. Daar is wel verteenwoordiging vanuit Middelburg, met Hoër Tegniese Skool Middelburg wat teen Hoërskool Sentraal te staan kom.
Hoërskool Pietersburg keer terug met die doel om vanjaar die eindstryd te haal, maar Witteberg behoort die lewe vir die Pieties moeilik te maak, terwyl Hoërskool Kalahari en Goudveld ook sal sorg vir ‘n naelbytstryd op die Universiteit van die Vrystaat se C-veld.
Duineveld sê vir Oos-Moot die stryd aan, terwyl daar ‘n reuse derby wag op die Tommix Ovaal wanneer Hoërskool Trio en Bethlehem Voortrekker se paaie om 09.00 kruis.
Hoërskool Despatch, Transvalia, Hoërskool Rustenburg en Overvaal moet ‘n bietje langer wag om hul veldtogte aan die gang te kry. Witteberg is Despatch se eerste hekkie, terwyl die manne van Vanderbijlpark kan uitsien na ‘n liplekker-stryd teen HTS Middelburg.
Die Rusties, wat in 2024 as die Noordwes Schools SA20-kampioen gekroon is, rig hul visier op die Oosies, terwyl Overvaal die gevaar uit Kroonstad, Hoërskool Trio, moet aandurf.
Die Groepe
Groep A: Wesvalia, Voortrekker, Merensky, Overvaal, Hoërskool Trio.
Groep B: Fichardtpark, Duineveld, Hoërskool Rustenburg, Oos-Moot, Driehoek.
Groep C: HTS Middelburg, Sentraal, Goudveld-Hoërskool, Kalahari, Transvalia.
Groep D: Hoërskool Pietersburg, Jim Fouché, Witteberg, Hoërskool Upington, Despatch.
Die bepalings:
Dag 1 | Maandag, 6 Januarie 2025
09:00
Jim Fouché t. Hoërskool Upington
Witteberg t. Hoërskool Pietersburg
Kalahari (Kuruman) t. Goudveld-Hoërskool
HTS Middelburg t. Sentraal
Fichardtpark t. Driehoek
Oos-Moot t. Duineveld
Wesvalia t. Merensky
Hoërskool Trio t. Voortrekker
14:00
Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Upington
Witteberg t. Despatch
Sentraal t. Goudveld-Hoërskool
HTS Middelburg t. Transvalia
Duineveld t. Driehoek
Oos-Moot t. Hoërskool Rustenburg
Voortrekker t. Merensky
Hoërskool Trio t. Overvaal
Dag 2 | Dinsdag, 7 Januarie 2025
09:00
Transvalia t. Goudveld-Hoërskool
Sentraal t. Kalahari (Kuruman)
Duineveld t. Fichardtpark
Hoërskool Rustenburg t. Driehoek
Overvaal t. Merensky
Voortrekker t. Wesvalia
Despatch t. Hoërskool Upington
Jim Fouché t. Hoërskool Pietersburg
14:00
HTS Middelburg t. Goudveld-Hoërskool
Transvalia t. Kalahari (Kuruman)
Fichardtpark t. Hoërskool Rustenburg
Driehoek t. Oos-Moot
Hoërskool Trio t. Merensky
Wesvalia t. Overvaal
Despatch t. Jim Fouché
Witteberg t. Hoërskool Upington
Dag 3 | Woensdag, 8 Januarie 2025
09:00
Hoërskool Trio t. Wesvalia
Overvaal t. Voortrekker
Witteberg t. Jim Fouché
Despatch t. Hoërskool Pietersburg
Hoërskool Rustenburg t. Duineveld
Oos-Moot t. Fichardtpark
HTS Middelburg t. Kalahari (Kuruman)
Transvalia t. Sentraal