Affies en Oranje weer slaags, dié keer by Interskole
Skaars twee weke na hul kragmeting in die finaal van die Absa Wildeklawer-toernooi, bevind die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Meisieskool Oranje hulle weer teenoor mekaar op die baan, dié keer vir die Interskole kompetisie.
In die vorige ontmoeting het Affies ‘n oorwinning van 26-14 in die eindstryd behaal.
Met Oranje se opmars na Pretoria, gaan die twee skole mekaar hierdie naweek in 26 netbalwedstryde die stryd aansê. Die eerste spanne kom Vrydagoggend om 09:30 op die hoofbaan teen mekaar te staan.
Dit sal die sewende ontmoeting wees tussen Affies en Oranje sedert 2019. Van hul laaste ses wedstryde het Affies in vier as oorwinnaars uit die stryd getree.
Benewens die onlangse toernooi-eindstryd in Kimberley, het Affies nóg ‘n oorwinning oor Oranje tydens die Wildeklawer-byeenkoms behaal met ‘n telling van 32-32. Hul sukses strek veel verder, insluitende oorwinnings in die 2019 Interskole in Bloemfontein (34-19) en verlede jaar se Wildeklawer-toernooi (22-21).
Oranje het nietemin tydens die Interskole van 2022 en 2023 die bordjies verhang om in Bloemfontein en Pretoria te seëvier met tellings van onderskeidelik 33-27 en 31-26.
Oranje is ook die afgelope Woensdag as die netballigawenners in Bloemfontein gekroon, nadat hulle vir Jim Fouché in die eindstryd met 32-23 verslaan het.
Ontmoet die spanne: