Witteberg jaag Welkom-Gim skrik op die lyf in Griffon-liga
Dit was naelskraaps maar Welkom-Gimnasium het sy onoorwonne status in vanjaar se Griffon-liga met ‘n oorwinning van 33-28 oor Witteberg in Bethelehem behou. Witteberg wat verlede week die eerste keer sedert 2009 daarin geslaag het om Voortrekker te klop het teen Gimmies met lemoentyd ‘n vooorsprong van 16-7 geniet.
Vir Gimmies was sy vlugvoetige heelagter, Andrew Kota, weer uitstaande. Hy het ‘n individuele drie vanuit sy eie kwartgebied afgerond na hy feitlik die hele Witteberg met sy flinke voetwerk uitoorle het. Die haker, Dillon Minnaar, het gewoel in die los, terwyl die skrumskakel, Georgen Kiewiet, ook ‘n uitstaande wedstryd agter die oond beleef het.
Voortrekker van Bethlehem het vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad met 25-19 getroef. Dit was ‘n uiters fisieke wedstryd voorlangs waar die twee spanne se agttall mekaar behoorlik opgedons het.
Die Trekkers het goed as span saamgetrek na nederlae in sy vorige twee wedstryde teen Welkom-Gimansium (19-36) en Witteberg (14-16). Al die spelers verdien dus ‘n klop op die skouer vir hul vertonings.
Vir Rooiskool het sy heealgter, Chappies van der Walt, en losskakel, Heinrich Bischoff, het agterlangs goeie vertonings gelewer. Voorlangs kan die haker, Valie Wiggens, soos gewoontlik meer as tevrede met sy vertoning voel.
Wilgerivier van Frankfort het vir HTS Welkom ‘n drag slae van 64-0 toegedien. Wilgies se Remando Strydom het ‘n driekuns aan drieë in die sege behaal. Die wenspan het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 31-0 geniet.
Hentie Cilliers van Virginia het vir Goudveld-Hoërskool met 19-15 in hulle kragmeting geklop. Henties het teen rustyd met 19-3 voorgeloop, voordat Goudveld in die tweede helfte met ‘n terrugveg-poging vorendag gekom het.
Die wenspan se haker, CJ Sheppard, en vaskopstut, Hannes Nel, het voorlangs inlimspel gelewer. Agterlangs was niemand beter as die buitesenter, Nilo Maarman, nie.
Puntemakers:
Welkom-Gimnasium 33 (7) – Drieë: Andrew Kota (2), Georgen Kiewiet, Christo Steyn, Dillon Minnaar. Doelskoppe: Kota (4). Witteberg 28 (16) – Drieë: Arno du Plessis, Erhard Bubb, Louis Oosthuizen. Doelskoppe: George Spershott (2). Strafdoele: Spershott (3).
Hentie Cilliers 19 (19) – Drieë: Hubert Cleopas, Taswin Kayster, Lupho Ngxotheni. Doelskoppe: Heinke Meyer (2). Goudveld-Hoërskool 15 (3) – Drieë: Leonard Jacobs, Craig Colby. Doelskop: Lorenzo Cloete. Strafdoel: Cloete.
Voortrekker 25 (12) – Drieë: Marcel Engelbrecht, AB Vermaak, Pieter van Zyl, Louis Viljoen. Doelskoppe: Viljoen (2). Strafdoele: Viljoen (2). AHS Kroonstad 19 (5) – Drieë: Valie Wiggens, Jannie Crous, Dian de Bruyn. Doelskoppe: Chappies van der Walt (2).
Wilgerivier 64 (31) – Drieë: Remando Strydom (3), Isak Steyn (2), Hendri Lange, Gert Muller, Jannie Breytenbach, Daniël Jooste, Ruan Niemand. Doelskoppe: Kobus Hattingh (6), Christiaan Jooste. HTS Welkom 0.




