SuperSport Schools News

Rhinos, Valia honger om weer stelling onder Beker-groottes in te neem

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-04-30 Tags: , , , , ,

Rhandzu Mkhabela, heelagter van Hoërskool Nelspruit se Rhinos sal aanstaande Vrydag fyn deur Transvalia dopgehou moet word. Foto: Riaan De Bruyn.

Na verlede jaar se teleurstellings in die Beker-afdeling van die Noordvaal Cup  sal daar ’n vuur in onderskeidelik Hoërskool Nelspruit en Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark se mae brand om weer stelling onder die voorste spanne in die Noordvaal op te neem.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Dié twee nuwelinge in vanjaar se Virseker Noordvaal Beker se Plaat-afdeling is Vrydag om 12:30 op die Rhinos se tuisveld in Mbombela slaags.

Die span van Mbombela het reeds sy eerste bloed in hierdie jaar se reeks getrek. Hy het verlede naweek die bordjies teen Hoërskool Oos-Moot in Pretoria met 37-29 verhang, nadat hy ‘n week vantevore met 31-14 teen dieselfde span in die laaste ronde van die NWU se Sportreeks vasgeval het.

Vir Valia is dit die eerste keer wat hy in dié reeks sal uitdraf. Hy het egter ook in sy laaste wedstryd met 21-13 oor Hoërskool Kempton Park, in die Sport-reeks, koning gekraai.

Uiteraard is die twee ook gunstelinge om ten minste die halfeindronde te haal, maar hy sal egter sy beste moet oplewer, in ’n kompeterende reeks, om dit te vermag.

Boonop het die Rhinos nog ’n appeltjie met Valia te skil. Die span van Vanderbijlpark was in 2025 met net een punt (20-19) op sy tuisveld baas toe dié twee in die Beker-afdeling ontmoet het.

Die Rhinos het skerp gelyk teen die Oosies. Heelagter Rhandzu Mkhabela se tweekuns aan drieë het gewys hoe gevaarlik hy op die aanval is. Sy teenstander, Dave Mthizi, is egter ’n gesoute lid van die Valia-span en ook ’n belangrike skakel in dié span se gevaarlike agterlyn.

Die stryd sal nietemin steeds voorlangs bepaal word. Nellies se agtsteman, Vian Louw, ook die onderkaptein van die span, en die res van sy pak, sal vir Valia wil tem om vir Mkhabela en skrumskakel Kamo Monkwe genoeg geleenthede op die aanval te skep.

Op die vooraand van die amptelike Middelburg-derby sal die Rooi Bulle van HTS Middelburg eers die hekkie wat Hoërskool Kempton Park is moet oorkom. Die Rooi Bulle reis na die Oos-Rand waar hy om 13:40 met die Kempies, in sy agterplaas, swaarde kruis.

Die Middelburgers is ook een van die groot gunstelinge in vanjaar se afdeling. Hy is tog die verdedigende kampioen oor die laaste twee jaar. Binnesenter Nathan Janse van Vuuren is steeds sonder sentermaat, Jacques Greyling.

Andrian Humphries het egter dié se stewels volgestaan. Humphries en Janse van Rensburg maak ’n gedugte span in die middelveld en sal die Kempies Vrydag middag sy keer moet ken. Janse van Rensburg se kookwater-rugby beteken ook dat sy tweestryd met die Kempies se gesoute Guillaume Botha (binnesenter) vir ’n stryd binne dié stryd sal sorg.

Die spanne is:

Hoërskool Nelspruit t. Transvalia om 12:30 in Mbombela:

Nelspruit: 15 Rhandzu Mkhabela, 14 Hanré Smit, Jeandré Aucamp, 12 Rian Botha, 11 Dylan Steyn, 10 Ewan van der Merwe, 9 Kamo Monkwe, 8 Vian Louw, 7 Christiaan de Klerk, 6 Aldo van Jaarsveld, 5 Robroy Macgregor, 4 Ruan Ehlers, 3 Marcel Lindeque, 2 Sebastiaan Rheeder, 1 Christiaan Viljoen.

Transvalia: 15 Dave Mthizi, 14 Jayden Gaybba, 13 Waldo McLean, 12 Jaydee Maree, 11 Xander Pretorius, 10 Nhlosenhle MacCamel, 9 Johan Smit, 8 Matthew van Niekerk, 7 Caylan McLauchlin, 6 GJ Rossouw, 5 Juhan Basson, 4 Marnes Wilken, 3 Damian van Heerden, 2 Justin Sampson, 1 Wimpie Maritz.

Hoërskool Kempton Park t. HTS Middelburg om 13:40 in Kempton Park: 

Kempton Park (moontlik): 15 Aubrey Hoskin, 14 Ruan Opperman, 13 Ethan Botha, 12 Guillaume Botha, 11 Bjorn Hardy, 10 Heinrich Burger, 9 Etteinne Stroebel, 8 Christiaan Nixon, 7 Luca du Plooy, 6 Wihan Strey, 5 Jordan Koekemoer, 4 Ruan Mostert, 3 Juan Olivier, 2 Dihan Keeve, 1 Govanni Kruger.

HTS Middelburg: 15 Cornelius Erasmus, 14 Ruwan Graaf, 13 Adrian Humphries, 12 Nathan Janse van Vuuren, 11 Liam Jacobs, 10 Ruan Janse van Vuuren, 9 Ruan Pienaar, 8 Regard Blake, 7 Andrea de Wet, 6 Jayden Olds, 5 Ruben Kruger, 4 Tiaan Grobler, 3 Uzile Mathelela, 2 Waldro Lourens, 1 Carlo Joubert.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.