Wilgies, Frikkie Meyer eerste keer slaags in jare
Hoërskool Die Wilgers se netbalspan, beter bekend as die White Eagles, sê Saterdag vir Hoërskool Frikkie Meyer, van Thabazimbi, die stryd aan op hul tuisbaan.
Dit is die eerste ontmoeting tussen dié twee skole in etlike jare.
Mariëtte Keyter, afrigter van die White Eagles, is vasbeslote dat haar span hul volle potensiaal sal verwesenlik ten einde ‘n oorwinning op eie bodem te behaal.
Hoërskool Frikkie Meyer, met slegs 850 leerders, is egter deurgaans onder die top-drie in hul streek.
Volgens Anmarie Möller, die netbalafrigter, is haar spelers geweldig opgewonde oor die seisoen wat voorlê, en verwag sy ‘n geïnspireerde vertoning deur haar span, wat staatmakers soos Dimion Visser en Niché Röhrs insluit. Sy is vol vertroue dat die span, gelei deur die talentvolle HV, Thuto Mano, oorgehaal is vir sukses vanjaar.
Die hoogs verwagte kragmeting vind om 10:00 plaas op Baan 3.