SuperSport Schools Plus

Wie’s die beste in die Noordweste?

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-10 Tags: , , , , ,

PHOTO: Frans Lombard

Met die voorlopige Cravenweekspan van die Griffons wat onlangs bekendgemaak is, bied hierdie naweek se aksie in die Noord-Vrystaat ‘n eerste blik op hoe die streeksverteenwoordigers teen mekaar opweeg voordat hulle in Junie moet kragte saamspan in die perstruie.

Welkom Gimnasium, met 10 verteenwoordigers in vanjaar se Griffons-span, kom Saterdag teen Hoërskool Trio in Kroonstad te staan.

Witteberg, Hentie Cilliers en Voortrekker spog elk met drie spelers in die span en Goudveld met twee.

Die Gouties pak vir Witteberg in Bethlehem, terwyl die Trekkers en Henties in Virginia kragte meet.

Die Gimmies het verlede week twee uitstekende seges behaal in Kimberley by die Absa Wildeklawer-toernooi, teen HTS Drostdy (50-28) en Framesby (35-24), en lyk soos die pasaangeërs in die noorde van die Vrystaat.

Ronaldo Kiewiet, verlede jaar se voorste driedrukker op losskakel by die Cravenweek, begin die naweek in Kroonstad weer op heelagter, met vanjaar se Cravenweek-losskakel, Leano Williams, in die nr. 10-trui.

Die tuisspan spog self met ‘n ster in die middeveld, met Byron Biennas, wat verlede jaar by die Akademieweek uitgeblink het, wat enige kragmeting in sy span se guns kan laat swaai.

Trio het vanjaar weer vier spelers in die Akademie-span. Thuto Kekane (vleuel), Tyron Adams (senter), Ethan Smith (skrumskakel) en Pieter van Schalkwyk (flank) sal vanjaar by die week, wat weer by Jeppe in Johannesburg aangebied word, in aksie wees.

Lungile Samson (stut), Reabetswe Olifant (flank) en Oyama Frans (slot) is die drie manne van Hentie Cilliers wat in die Cravenweekspan opgeneem is. Hulle is Saterdag in aksie teen die Trekkers se verteenwoordigers, Cecil Parsons (stut), Dawie Fourie (agsteman) en Kamohelo Moses (vleuel).

Beleef die wedstryd regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nouSkakel na die wedstryd

Parsons het in 2023 reeds uitgeblink in die Griffons-pak, en lyk oorgehaal om voort te bou op sy kragspel van verlede jaar.

Witteberg se Riaan Roos (stut), Kenyon Moerat (senter) en JC van Rhyn (senter) het die span gehaal, en hulle meet Saterdag kragte teen Ru-Bran de Kock (heelagter) en Jan Coetzee van die Gouties.

Daar is natuurlik heelwat ander talent in al die spanne wat Saterdag in aksie is, en die seuns sal die volgende klompie wedstryde wil aanwend om vir hulself ‘n plek in die groep oop te speel. Die Gouties se Ruben Crous, Daniel Meintjies van Witteberg, Arnold Ras van Voortrekker en Hentie Cilliers se Xander Wiltshire beleef almal ‘n puik seisoen, en die naweek se wedstryde bied ‘n gulde geleentheid vir die keurders om die spelers verder te bestudeer.

Hoërskool Trio t. Welkom Gimnasium om 13:30

Hoërskool Trio: 15 Byron Maggerman, 14 Thuto Kekane, 13 Aaron Kriek, 12 Tyron Adams, 11 Jyaden Windvogel, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Tapiwa Mundeta, 7 Pieter van Schalkwyk, 6 Franco de Wet, 5 Keanu Swanepoel, 4 Dian Serfontein, 3 Juandre Vorster, 2 Killian Kriek, 1 Hanco Geel.

Welkom Gimnasium: 15 Ronaldo Kiewiet, 14 Joshua Coertzen, 13 Dyllan Kemp, 12 Jayden Weideman, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Leano Williams, 9 Rewaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirtsten, 6 Ayden Bezuidenhout, 5 Jayden Auld, 4 Diederik Beuken, 3 Ryan Lemmer, 2 Kganya Molapo, 1 Buhle Mgxabayi.

Hentie Cilliers t. Voortrekker om 12:30

Hentie Cilliers: 15 Mosa Sesedi, 14 Thlolo Malangonyane, 13 Itumeleng Koqo, 12 Kelebogile Mothibi, 11 Xander Wiltshire, 10 Megeul Davids, 9 Leclue Nel, 8 Owen Posholi, 7 Lebohang Lesito, 6 Reabetswe Olifant, 5 Oyama Frans, 4 Dandre de Lange, 3 Lungile Samson, 2 Josay Sebia, 1 Oratile Pule.

Voortrekker: 15 Kaneng Komane, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Kamohelo Moses, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Christian van der Sandt, 8 Dawie Fourie, 7 Wian Fourie, 6 Jayden de Jesus, 5 Luttig Roux, 4 Berto van Niekerk, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.

Witteberg t. Goudveld om 14:00

Witteberg: 15 Janco Swart, 14 Sakkie Brits, 13 JC van Rhyn, 12 Kenyon Morat, 11 Tshepo Motloung, 10 Sydwell Sethi, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Llewellyn Beukes, 6 Lesego Mosikidi, 5 Marco Grobler, 4 Pieter Nel, 3 Colin van der Merwe, 2 Jacques van der Merwe, 1 Rian Roos.

Goudveld: 15 Ru-Bran Kock, 14 Adriaan Muller, 13 Caleb Lottering, 12 Keagan Frankenfeld, 11 Hendro Boardman, 10 Teagan Saayman, 9 JM Rensburg, 8 Malan Marx, 7 Chris van der Westhuizen, 6 Thabiso Phafudi, 5 Wehan Mostert, 4 Heinru Carstens, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Diaan Jonker, 1 Toka Khooe.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.