Wes-Kaapse spanne spook sake uit vir plek in DStv Schools Netball Challenge
Hierdie naweek vind die opwindende Wes-Kaapse Topskole-netbalbyeenkoms plaas, waar 15 spanne sal meeding om ‘n plek in die gesogte DStv Schools Netball Challenge.
Dié naweek se wedstryde word aangebied by Hoërskool De Kuilen, met Hoërskool La Rochelle wat verrigtinge om 09:00 teen Hoërskool Durbanville afskop.
Paarl Gimnasium is een van gunstelinge om deur te dring na die DStv Challenge, nadat hulle verlede jaar se eindstryd gehaal het, waar hulle teen Afrikaanse Hoër Meisieskool verloor het, asook Durbanville, die WP Liga-wenners, wat ‘n indrukwekkende seisoen beleef het.
Uit die 15 spanne dring drie Botho- en twee Ubuntu-spanne deur na die kompetisie op 12 en 13 Julie by Hoërskool Florida.
Al die aksie sal regstreeks op die SuperSport Schools uitgesaai word. Moet dit nie misloop nie!
Poel A: Bardale, Desmund Tutu, Durbanville, La Rochelle, Punt
Poel B: Bredasdorp, Hillcrest, HMS Paarl, Stellenberg, Vredendal
Poel C: Jan v Riebeeck, Manzomthombo, Outeniqua, Paarl Gim, Weston