SuperSport Schools Plus

Welkom Gim se Till blink uit teen Blouskool

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-05-12

WELKOM GIMNASIUM se skrumskakel, Kerr Till was uitmuntend in sy span se sege van 59-7 oor Hoërskool Kroonstad op laasgenoemde se tuisveld. Die skrumskakel het 19 van sy span se punte aangeteken. Hy het een van sy span se nege drieë gedruk en ook sewe van dié drieë verdoel.

Die kaptein en flank Albert Brümmer het in die los gewoel, terwyl die slot Retief Marais goeie werk in die lynstane verrig het. Brümmer het twee keer agter Bloues se doellyn gaan kuier.

Die verdedigende kampioen van die Griffon-liga, Hentie Cilliers van Virginia het ‘n belangrike bonuspunt-sege van 40-17 oor Goudveld-Hoërskool behaal. Die span se agtsteman, Gregan Hull was uitstaande soos gewoontlik. Die haker Cheslyn van Rayner en skrumskakel Ethan Williams kan ook tevrede met hulle vertonings voel.

Witteberg het in Welkom teen HTS Welkom gesweet vir ‘n sege van 24-20. Die span van Bethlehem kon darem daarin slaag om ‘n bonuspunt vir vier drieë te behaal nah y rustyd 12-15 agter was.

Die kragmeting in Bethlehem tussen Voortrekker en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad is uitgestel tot later die week na ‘n haelbui en hewige reën net voor die twee spanne se wedstryd uitgebreek het.

In die Sandveld se B-liga het Bultfontein gewys dat hy die span is om te klop. Bultfontein het sy naaste teenstander in dié liga die Hoërskool Sandveld van Wesselsbron Saterdag 27-3 getroef. Die span het ook Woensdag vir Salomon Senekal van Viljoenskroon 52-7 afgeslag met Arno Taljaard en Erik Helm wat albei driekunste aan drieë behaal het.

Bothaville het in die Sandveld se A-liga ook sy oorheersing beklemtoon deur Riebeeckstad 36-5 te klop. Vir Bothaville was sy beste speler sy buitsenter, Wessel Hefer. Voorlangs was die flank Wikus Louwrens goed.

Hennenman het in die ander wedstryd van dié liga vir Wessel Maree 19-14 gewen. Vir Hennenman het die slot JP van Aswegen, vleuel JP Ferreira en slot Christo Potgieter goed gespeel.

Puntemakers: 

Welkom Gimnasium 59 (26) – Drieë: Albert Brümmer (2), Louwrens Koekemoer, Retief Marais, Kerr Till, Winston Lefume, Teboho Lenake, Oswaldo Swarts, Brümmer Marais. Doelskoppe: Till (7). Hoërskool Kroonstad 7 (0) – Drie: Reinhardt Kleinhans. Doelskop: Erlo Kleinhans. 

Hentie Cilliers 40 (21) – Drieë: Gregan Hull (2), Cheslyn van Rayner, Ethan Williams, Jonathan April, Sylvester Lewis. Doelskoppe: Williams (5). Goudveld-Hoërskool 17 (10).

Witteberg 24 (12) – Drieë: JC van Biljon (2), Gerhard van Huysteen, FP Pelser. Doelskoppe: Gerhard Nel (2). HTS Welkom 20 (15) – Drieë: Innocent Valashiya, Kobus Jordaan. Doelskoppe: Teboho Lesholi (2). Strafdoele: Lesholi (2).

Bothaville 36 (19) – Drieë: Wessel Hefer (2), Armand van der Merwe, Armand Grobler, Donovan van Wyk, Jeandré Kleinhans. Doelskoppe: Kleinhans (3). Riebeeckstad 5 (0) – Drie: Siegie van Wyk. 

Hennenman 19 (12) – Drieë: JP van Aswegen, Angelo Pienaar, Kami Sethlane. Doelskoppe: Marco Pretorius (2). Wessel Maree 14 (7) – Drieë: Jean-Luc Blignaut, Chris Norton. Doelskoppe: Jean Castro (2). 

Wilgerivier 55 (31) – Drieë: Jacques van Rensburg, Phillip du Pisanie, Jahn Workel, Alré van Heerden, Gerrie Muller, Stephan Venter, Dana Janse van Rensburg, Jan-Hendrik Muller, Schalk Wilkinson. Doelskoppe: SF Meyer (5). Harrismith 0

Bultfontein 52 – Drieë: Arno Taljaard (3), Erik Helm (3), Toffie Jacobs, Brian van Bosch. Doelskoppe: GJ van Eeden (6). Salomon Senekal 7

Bultfontein 27 – Drieë: Barend van der Linde (2), Arno Taljaard, Erik Helm. Doelskoppe: GJ van Eeden (2). Strafdoel: Van Eeden. Sandveld 3 – Strafdoel: Monwabesi Mexico.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.