SuperSport Schools News

Du Plessis besoek die keer Bere-park as ‘n Parkie, Van Dyk en Gouws sit hul skaakspel voort

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-05-23 Tags: , , , , , ,

Daar wag ongetwyfeld ‘n emosioneel gelaaide kragmeting tussen Garsfontein en Menlopark hierdie Saterdag op Berepark in Pretoria.

Die twee spanne pak mekaar om 13:10 in die Beker-afdeling van die Virseker Noordvaal Cup.

Dit sal Garsfontein se voormalige hoofafrigter, Johan du Plessis, se eerste wedstryd teen sy voormalige skool wees. Du Plessis was deel van die Bere se afrigtingspan in elk van sy vyf Noordvaal-titels.

Hy was boonop die hoofafrigter met Garsfontein se laaste drie titels wat hy in 2023 tot en met 2025 ingepalm het. Du Plesiss brei deesdae die Parkies se agterhoede.

Hy sal dus weet watter reuse taak op sy nuwe span Saterdag wag.

Die Garsie Bere is ongetwyfeld die gunsteling. Die span is nog onoorwonne in vanjaar se reeks en beskik oor waarskynlik die gevaarlikste agterste driehoek in die kompetisie met Drewyn Baron, Yuvrah George en Neil de Kock.

Baron het sover vier keer agter die doellyn in sy span se drie wedstryde in die reeks gaan kuier. George spog self met drie drieë sover. Albei is in die Blou Bulle se voorlopige Cravenweek-span ingesluit.

Garsfontein het met agt spelers in vanjaar se groep die grootste verteenwoordiging in die Bulle se uitsoekgroep. Die ander spelers wat die span gemaak het is, Ruan Fluks, Joshua Gouws (albei losskakels), Kwagga van der Vyver (flank/haker), JJ Fourie (slot), Ruben Lombaard en André van Wyk (albei stutte).

Die Parkies het self twee spelers in sy geledere wat die uitsoekgroep gemaak het. Die heelagter, Jody Abrahams, het die span as vleuel gemaak, terwyl die Dylan Stumke weer op binnesenter vir die Ligbloues sal uitdraf.

Stumke is na losskakel vir die kragmeting teen die Bere geskuif, met die losskakel, Willie Pieterse, wat na binnesenter skuif.

Die span se hoofafrigter, Andries Ferreira, sou ook heelwat moet skaaf die week na hul haker, Dian de Bruin, harsingskudding in sy span se nederlaag van 12-36 verlede week teen Waterkloof opgedoen het. Jacques Wiltz sal Saterdag teen Van der Vyver moet wys dat hy reg is om in die beginspan ‘n impak te maak

Garsfontein se hoofafrigter, Sylvester Booysen, kon nie vir Lourenz de Jager (agtsteman) en Levi Jordaan (buitesenter) weens beserings vir die kragmeting oorweeg nie.

Hoërskool Waterkloof sal Saterdag gsasheer vir Hoërskool Middelburg, wat nog onoorwonne in vanjaar se reeks is, speel. Die Klofies behoort egter steeds op sy tuisveld as die gunsteling op die veld te draf.

Albei spanne se hoofafrigters, Cobus van Dyk (Waterkloof) en Christiaan Gouws (Middelburg), ken mekaar goed. Die twee se paaie het reeds met mekaar in 2012 gekruis toe Van Dyk destyds die Hoërskool Ermelo gebrei het, terwyl Gouws vir Ligbron Akademie afgerig het.

Klofies se kaptein en buitesenter, Meyer Pretorius, is saam met die heelagter, Alexander Griesel, hul span se gevaarmanne agterlangs. Interresant is dat Gouws besluit het om een van sy flanke Aiden Nel na die middelveld vir die kragmeting te skuif.

Die spanne is: 

Hoërskool Garsfontein t. Die Hoërskool Menlopark om 13:10 op Berepark in Pretoria: 

Garsfontein: 15 Drewyn Baron, 14 Yuvrah George, 13 Le-marc Henry, 12 Keagan Knighton, 11 Neil de Kock, 10 Ruan Fluks, 9 Dean Wilbers, 8 JP Meintjies, 7 Derik Potgieter, 6 Francois van Niekerk, 5 SW Potgieter, 4 JJ Fourie (kaptein), 3 Ruben Lombard, 2 Stefan van der Vyver, 1 André van Wyk.

Menlopark: 15 Jody Abrahams, 14 Lucian Read, 13 Danie Botma, 12 Willie Pieterse, 11 Juan Joubert, 10 Dylan Stumke, 9 Eben Botma, 8 Tiaan Boshoff (kaptein), 7 Dewald van Wyk, 6 Miller de Jager, 5 Dawid van den Heever, 4 Lyndon Fourie, 3 Reando Fourie, 2 Jacques Wiltz, 1 Justin Toerien.

Skeidsregter: Stephan Geldenhuys.

Hoërskool Waterkloof t. Hoërskool Middelburg om 13:20 in Pretoria: 

Waterkloof: 15 Alexander Griesel, 14 Mieder Erasmus, 13 Meyer Pretorius (kaptein), 12 Ruben Louwrens, 11 Jacques Jansen van Rensburg, 10 Liam Schutte, 9 Marcel Tsiakos, 8 Almero Gerritsen, 7 Stefan Pieters, 6 Hugo Dercksen, 5 Marius Venter, 4 Phillip Mans, 3 Reinhard Duvenhage, 2 Len Smit, 1 Wian Hetzel.

Hoërskool Middelburg: 15 Janré Oosthuizen, 14 Kgontse Masilela, 13 Aiden Nel, 12 Blake Faber, 11 Kgotso Peta, 10 Buhle Mphahlaza (kaptein), 9 Enio Manhica, 8 Sifiso Hlungwane, 7 Siyabonga Mokgoatjana, 6 Menzi Siyaya, 5 Khensani Buthelezi, 4 Lihan de Vaal, 3 Dewald du Toit, 2 Ryan Blake, 1 Melchior van Niekerk.

Skeidsregter: Angelic Bezuidenhout.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.