SuperSport Schools Plus

Vrystaat-senters teen Ligblou-duo getoets

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-06-24

DIE Vrystaatse o.18-rugbyspan se twee senters, Ali Mgijima en Stephen Rautenbach sal vandag voor sekerlik een van hulle grootste toetse nog op die rugbyveld te staan kom. Mgijima en Rautenbach se taak vandag op die Noordvaal-Bondedag in Rustenburg sal wees om die gevaarlike Franco Naudé en Jurie Linde van die Blou Bulle in toom te hou.
Die twee spanne pak mekaar in die hoofwedstryd van die jaarlikse Bondedag op die hoofveld van die Impala-klub. Linde het reeds verlede jaar die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal. Hy was ook ?n sleutelspeler vir Affies toe hulle vroeër vanjaar vir Grey-kollege verslaan het.
Naudé is ?n stewige senter met hope vaart. Hy het vanjaar waarskynlik al menigte van sy teenstanders slapelose nagte laat hê.
Die stryd in die skrums behoort ook insiggewend vir albei spanne te wees. Die Vrystaat se Ruan Kramer, Andrew du Plessis en Ox Nche sal graag hulle span op die voorvoet in die afdeling van die spel wil plaas. Kramer en Du Plessis was Grey se stutte teen Affies en die span van die Rosestad het die bo-toon in die skrums gevoer. Die Ligbloues se keurders het duidelik daarvan kennis geneem en Waterkloof se twee kragmanne Johan en Xander van Wyk sal die span se skrum anker.
Die Vrystaat sal die bal binne die veld wil hou om die hoeveelheid lynstane tot die minimum te beperk. Die Ligbloues se twee slotte RG Snyman en Hyron Andrews is albei hemelbesems wat moeilik uitoorlê gaan word.
Die Vrystaat se heelagter EW Viljoen en kaptein Marius Louw sal besielende vertonings moet opdis indien die span die pyp wil rook.
Die Griffons het ?n ewe moeilike taak wat vir hulle op die Bondedag waag. Die span van die Noord-Vrystaat kom teen KwaZulu-Natal te staan.
Dié wedstryd behoort aan die Perses ?n goeie idée te gee hoeveel werk hulle nog voor vanjaar se 50ste Cravenweek vir hoërskole in Polokwane oor het.
Griekwaland-Wes sal in die eerste wedstryd van dié dag teen die Valke sy wedstryd-voorbereiding vir die Cravenweek op ?n hoë noot wil afsluit. Dié span het verlede week teen die Griffons in Bloemfontein
34-43 die knie gebuig.
Dié Bondedag se bepalings is:
09:00: Valke t. Griekwas; 10:15: Leeus t. Pumas; 11:30: KwaZulu-Natal t. Griffons; 12:45: Luiperds t. Limpopo Blou Bulle; 14:00: Vrystaat t.
Blou Bulle.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.