SuperSport Schools Plus

Vrystaat, KZN en WP gunstelinge na eerste dag om trofee te lig

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-09-29 Tags:

U17 Sevens LogoDie verdedigende kampioen van Saru se interprovinsiale o.17-sewestoernooi, Vrystaat, sal more teen die Goue Leeus in die kwarteindronde van die toernooi te staan kom. Die Vrystaters het 103 punte in sy drie wedstryde aangeteken en slegs 26 afgestaan.

 Die Goue Leeus het in sy groepwedstryd teen KwaZulu-Natal met 19-27 vasgeval. Die Piesangboere het die meeste spelers van al die spanne in sy geledere wat vroeer vanjaar ook op die Coca-Cola Cravenweek in Johannesburg in aksie was. 

Die Griffons het na ‘n nederlaag van 21-26 teen die Luiperds in sy eerste wedstryd genoegsaam herstel om die Boland met 35-14 in sy laaste groepwedstryd te klop en sodoende ‘n plek in die kwarteindronde te bespreek. Dit was veral die spel van Kobus Hattingh wat deurslaggewend vir die Griffons was. Hy het die eerste dag met 34 punte as die voorste puntemaker afgesluit. 

Die Perses sal teen die vroee gunsteling na die eerste dag se spel, die Westelike Provinsie in die kwarteindstryd sake uitspook. Die Streeptruie het die Blou Bulle met 33-19 afgestof om bo-aan Groep B te eindig. Die Blou Bulle sal in die kwarteindronde teen Boland te staan kom. 

Die Streeptruie se Tiaan Pretorius, Ruben Labuschagne en Eugene Snyders het almal goeie eerste dae in die Diamantstad beleef. Die Bolanders met Lionel April en Christie Grobbelaar aan die spits het gevaarlik gelyk voor die nederlaag teen die Griffons. 

Ethinique Adams (Boland) en Marno April (Griffons) het elk vyf keer op die eerste dag die doellyn vir hul spanne oorgesteek. Zimbabwe het hom kort voor die toernooi weens finansiele komplikasies aan die toernooi onttrek. 

Al die uitslae: 

Groep A: Vrystaat 31, Suidwestelike Distrikte 14; Valke 26, Grens 12; Suidwestelike Distrikte 24, Valke 14; Vrystaat 31, Grens 7; Suidwestelike Distrikte 19, Grens 7; Vrystaat 41, Valke 5. 

Groep B: Blou Bulle 31, Griekwas 29; Westelike Provinsie 38, Pumas 14; Blou Bulle 38, Pumas 14; Westelike Provinsie 40, Griekwas 12; Westelike Provinsie 33, Blou Bulle 19; Pumas 26, Griekwas 19. 

Groep C: Boland 59, Limpopo Blou Bulle 5; Luiperds 26, Griffons 21; Boland 26, Luiperds 17; Griffons 42, Limpopo Blou Bulle 21; Griffons 35, Boland 14; Luiperds 31, Limpopo Blou Bulle 15.

Groep D: KwaZulu-Natal 26, Oostelike Provinsie 5; Goue Leeus 26, Oostelike Provinsie 12; KwaZulu-Natal 27, Goue Leeus 19. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.