Vrystaat kampioen van Saru o.17-sewestoernooi
Die Vrystaat is die nuwe kampioen van Saru se interprovinsiale sewesreeks na hy die gemaklik met Oostelike Provinsie (38-21) in die eindstryd op die Fanie du Toit-stadion in Potchefstroom afgereken het.
Dit is die derde keer wat die Vrystaters as nasionale kampioen gekroon word. Hulle het in 2012 en 2016 ook dié titel verower.
Vrystaat het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 33-0 opgebou en die koel was toe feitlik reeds deur die kerk. Die enigste vlekkie op die Vrystaters se toernooi was sy nederlaag van 17-47 teen die Goue Leeus in sy laaste groepwedstryd op die eerste dag.
Dit was van die begin af duidelik op die tweede dag dat die Vrystaters ‘n gedugte span is. Hy het die verdedigende kampioen, die Westelike Provinsie, met 26-17 in die kwarteindronde uitgestof.
Die Streeptruie was na die eerste dag sonder twyfel die gunsteling om weer vanjaar die kroon te dra. Hulle moes uiteindelik met die titel as kampioen van die Plaat-afdeling tevrede wees.
WP het die Leeus met 24-19 in die eindstryd van dié afdeling geklop. Die Vrystaat het in die halfeindronde vir die Griffons met 19-7 getroef, terwyl die Oostelike Provinsie die Blou Bulle met 29-14 in die ander halfeindstryud uitgeskakel het.
Die Vrystaters se Lesley Botha en Paschal Ekeji het albei ‘n puik toernooi beleef. OP se Siviwe Zondani het onder die voorste spelers in sy span getel.
Die Goue Leeus se Christiaan Bezuidenhout sou indien daar ‘n Speler van die Toernooi aangewys sonder ‘n sterk aanspraakmaker op dié titel gewees het. Hy het die toernooi as die voorste driedrukker met sewe drieë afgesluit.
Al die uitslae:
Groep A: Western Province 42, SA LSEN 5; Blue Bulls 29, Pumas 12; Western Province 17, Pumas 5; Blue Bulls 31, SA LSEN 12; Pumas 24, SA LSEN 10; Western Province 31, Blue Bulls 5.
Groep B: Sharks 33, Limpopo Blue Bulls 12; Eastern Province 35, South Western Districts 12; Eastern Province 17, Sharks 14; South Western Districts 47, Limpopo Blue Bulls 12; South Western Districts 17, Sharks 14; Eastern Province 33, Limpopo Blue Bulle 29.
Groep C: Griffons 22, Valke 19; Valke 26, Boland 22; Griffons 22, Boland 14.
Groep D: Golden Lions 43, Leopards 7; Free State 46, Griqualand West 0; Golden Lions 27, Griqualand West 24; Free State 38, Leopards 12; Golden Lions 47, Free State 17; Griqualand West 21, Leopards 15.
KWARTEINDRONDE – Bowl: Luiperds 19, Pumas 12; SA LSOB 31, Griekwas 0; Limpopo Blou Bulle 31, Boland 14. Beker: Vrystaat 26, Westelike Provinsie 17; Griffons 19, Suidwestelike Distrikte 12; Blou Bulle 22, Goue Leeus 12; Oostelike Provinsie 21, Valke 17.
HALFEINDRONDE – Skild: Pumas 31, Boland 26; Griekwas loslooitjie. Bowl: Luiperds 14, Limpopo Blou Bulle 12; Sharks 24, SA LSOB 7. Plaat: Westelike Provinsie 26, Suidwestelike Distrikte 12; Goue Leeus 43, Valke 36. Beker: Vrystaat 19, Griffons 7; Oostelike Provinsie 29, Blou Bulle 14.
EINDSTRYDE – Skild: Pumas 24, Griekwas 7. Bowl: Sharks 19, Luiperds 14. Plaat: Westelike Provinsie 24, Goue Leeus 19. Beker: Vrystaat 38, Oostelike Provinsie 21.