Volstruisboere kies span vir Cravenweek in Durban
Die Suidwestelike Distrikte het 12 spelers van Oakdale Landbou in sy voorlopige span vir die Coca-Cola Cravenweek vir hoerskole ingesluit. Die gesogte toernooi vind van 11 tot 16 Julie by Kearsney College in Durban plaas.
Oakdale Landbou beklee tans die vyfde posisie op School of Rugby se nuutste ranglys. Die Kwaggas van Outeniqua tel ook onder die voorste 20 skole in die land.
Die Volstruisboere se eerste wedstryd is teen die Goue Leeus op die tweede dag van die toernooi. Die Leeus behoort ook ‘n gedugte span in die veld te stoot met Jeppe High School for Boys, Monument en Helpmekaar wat onder School of Rugby se voorste 20 spanne in die land tel.
Daar is agt Kwaggas in die 23-tal opgeneem.
Die span is:
15 Darren Adonis (Oakdale Landbou), 14 Alexander Wallace (Oakdale Landbou), 13 Nicolas van Eeden (Oakdale Landbou), 12 Jay-Cee Nel (Oakdale Landbou), 11 Darryle Kameel (Outeniqua), 10 Xavier Swartbooi (Oakdale Landbou), 9 Zinedine Booysen (Oakdale Landbou), 8 Lance Lamprecht (Outeniqua), 7 WP van Heerden (Oakdale Landbou), 6 Byron Booysen (Outeniqua), 5 Louis Meiring (Outeniqua), 4 Xanthi Nkoyo (Oudtshoorn), 3 Andre Potshumus (Oakdale Landbou), 2 Sean Swart (Outeniqua), 1 Dian Bleuler (Oakdale Landbou). Plaasvervangers: 16 Adriaan-Lee du Preez (PW Botha College), 17 Nicolai Weber (Oakdale Landbou), 18 Franco Boshoff (Outeniqua), 19 Jaco Smith (Oakdale Landbou), 20 Danie Victor (Oakdale Landbou), 21 Lithemba Mpoli (Wittedrift), 22 Damian Bonaparte (Outeniqua), 23 Bradley Kiewietz (Outeniqua).