SuperSport Schools Plus

VKB Week Results – Day 1 (2014)

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-06-30 Tags:

REITZ. – Die Valke is gister na die eerste dag van die 17de VKB-week op Piet Geyer-park hier die gunsteling om sy titel as kampioen van die toernooi te behou.

Die span het vir Suid-Vrystaat met 60-22 die loef afgesteek. Die span het teen rustyd reeds met 36-3 voorgeloop. Die wenspan se haker, Martin Terblanche, se vertoning was waarskynlik die beste deur ’n speler op dié dag.

Die span se agterhoede was ook op sy stukke in die wedstryd met veral die losskakel Jeandré Nel en

heelagter Ruan Coetzee wat beïndruk het. Die verdedigende kampioen word deur die voormalige flank van Oos-Transvaal, Trevor Greyvenstein gebrei.

Die Vrystaatse Kiewiete sal die sentrale streek se vaandel verder dra na hy die Luiperds met 33-25 geklop het. Die span se losskakel Henco “Rambo” de Wet was met sy skopskoen en breekslae ’n doring in die Luiperds se vlees.

Die verskil tussen die twee spanne was egter Vlam Groenewald wat eers op buitesenter en daarna as skrumskakel skitterende spel vir die Kiewiete gelewer het. Die Luiperds se stut, Radi Burger, het vir sy span uitgetroon.

In die hoofwedstryd van die dag tussen die Dubai Exiles, wie se span uit agt nasionaliteite bestaan, en die gasheer Oos-Vrysaat was die besoekers met 28-15 baas.

Noord-Natal het self beïndruk met hul oortuigende sege van 38-6 oor die Rooikatte wat uit Pretoria se privaatskole saamgestel word. Die span se skrumskakel, Ryan van der Westhuizen en flank JD Earle het waardevolle bydraes tot die oorwinning gelewer.

Suid-Natal het die Cobras met 28-5 getroef.

Sandveld se losskakel, WJ Crous, kon net nie genoeg doen om sy span tot ’n sege oor Lynx-Suid te help nie. Crous het 20 van sy span se punte in die wedstryd aangeteken wat 25-elk gelykop geëindig het.

Crous het boonop ook die strafdoel tussen deur die pale gejaag wat die telling teen die einde gelykop getrek het. Sandveld het met rustyd 16-8 voorgeloop.

Crous het met ses strafdoele en ’n doelskop geslaag. Vir Lynx-Suid het sy slot, Eben Vorster, ’n kragtige vertoning met twee drieë afgerond.

Scorers: 

Sandveld 25 (16) – Tries: Chris Norton. Conversion: WJ Crous. Penalties: Crous (6). Lynx-Suid 25 (8) – Tries: Eben Vorster (2), Johan Engelbrecht, Jaco Rademeyer. Conversion: Edward Venter. Penalty: Conrad Engelbrecht.

Suid-Natal 28 (14) – Tries: De Wet Dirksen, Allesandro Trelawney, Asavela Mdudi, Yamkela Mdondolo. Conversions: Qinisa Mazibuko (4). Cobras 5 – Try: Dillon Kerpsey.  

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.