SuperSport Schools Plus

Virsekerbeker vanjaar regstreeks op Kyknet

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-03-08

VirsekerBekerlogoDie Virsekerbeker trek in 2018 ‘n nuwe baadjie aan die kompetisie beloof om vir nog heelwat meer opwinding te sorg. Die oudste skolerugbykompetisie in Suid-Afrika sal oor twee jaar sy 100ste bestaansjaar vier.

Die opwindendste aankonding by die bekendstelling van vanjaar se reeks by ‘n spoggeleentheid by Leriba Lodge in Centurion is die feit dat Kyknet elke Saterdag tydens die kompetisie een van die eerstespan-wedstryde regstreeks op Kyknet & Kie sal beeldsend. 

Die kompetisie se geselsprogram sal voortaan ook regstreeks op Donderdae uitgesaai word. Die program sal soos verlede jaar deur Hamilton Wessels en Alwyn Hollenbach aangebied word. Die paneel sal opgekikker word met die toevoeging van Rika Nieuwoudt. 

Vanjaar se reeks sal op ‘n krag-teen-krag formaat beslis word. Die voorste 24 rugbyskole noord van die Vaalrivier is in drie afdelings – Beker-, Plaat- en Skild-afdeling pak.  

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.