Vermeulen vee spanmaat Botje se rekord na slegs twee minute uit die boeke

‘n Donderstorm het die laaste sê Vrydag tydens Hoërskool Waterkloof se jaarlikse Dreyer Campbell-byeenkoms in Pretoria gehad.
Die hoogtepunt van die byeenkoms het kort voor die onderbreking plaasgevind toe die Hoërskool Randburg se Kaili Botje die byeenkomsrekord in die 200m vir meisies o.19 in ‘n tyd van 24.68 sekondes in die slag laat bly het.
Botje het wel nog nie eers haar asem teruggekry, voordat haar spanmaat Chané Vermeulen minder as twee minute later die rekord tot 24.07 sekondes verbeter het.
Die byeenkoms ter ere van Klofies se gewese atletiekdirekteur, wyle Dreyer Campbell, is op die skool se grasbaan aangebied. Buiten die gasheer was atlete van HTS Middelburg, Hoërskool Eldoraigne, Hans Moore van Benoni, Hoërskool Randburg, Hoërskool Rustenburg en Randpark Ridge ook op die byeenkoms in aksie.
Voordat Botje dié rekord verbeter het, is dit gedeel deur Izelle Neuhoff (Transvalia) en Michelle Moffomme (Tuks Sportskool) wat dit onderskeidelik in 2012 en 2019 in 24.80 sekondes afgeblits het.
Randburg het ‘n goeie byeenkoms beleef met Mignon la Grange (o.19) en Elize Engelbrecht (o.16) wat in die diskus ook goud met vertonings beter as 900 punte verower het. La Grange het die diskus 47.67 meter ver geslinger, terwyl Engelbrecht met ‘n poging van 40.10m baas was.
La Grange het ook in die gewigstoot met ‘n poging van 14 meter koning gekraai. Chris-Mari Bezuidenhout (HTS Middelburg) het met ‘n poging van 14.48m in die o.16-afdeling sake oorheers.
La Grange se vertoning in die diskus was volgens die puntestelsel die beste vertoning tydens die byeenkoms.
Eldoraigne se Jeandré Jacobs het ook ‘n blink vertoning in die gewigstoot vir meisies o.17 opgedis. Sy het die nommer met ‘n poging van 14.57m gewen.
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16