SuperSport Schools Plus

Van Riebeeckstrand konings van die Marius Schoeman se o.12-Sewestoernooi

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-09-05 Tags: , , , ,

NEwsGVanRiebiesSpanDie Laerskool Van Riebeeckstrand is na ‘n senutergende eindstryd as kampioen van die derde Marius Schoeman Sewes-toernooi op Paarl Gimnasium se hoofveld gekroon. Die span van Melkbosstrand het ‘n sege van 17-12 na ekstra speeltyd teen die Laerskool Brackenfell beklink. 

Van Riebeeckstrand het ‘n moeilike week agter die rug na ‘n geliefde graad-4 onderwyseres van die skool Maretha van Dyk in ‘n ongeluk verlede Vrydag oorlede is. Van Dyk was die suster van die rugbybroers, Cobus en Jasper Wiese. Cobus het vanjaar vir die Stormers uitgedraf, terwyl Jasper Wiese Saterdag die Vrystaatse Cheetahs in die Curriebeker-eindstryd sal verteenwoordig. 

Sake was met 12-elk gelykop na gewone speeltyd. Dit was danksy ‘n drie in die laaste beweging deur Van Riebeeckstrand se kaptein, Stefan van der Merwe, wat sake gelyk getrek het. 

Verlede jaar se kampioen, Bastion van Brackenfell, is in die halfeindronde deur Van Riebeeckstrand met 34-5 oorrompel. Die eerste jaar se kampioen, Grey-kollege Primêr het nie vanjaar aan die toernooi deelgeneem nie. Bastion het waarskynlik die moeilikste loting gehad en moes hard in sy groepwedstryde teen Gordonsbaai (29-elk) en Lochnerhof van die Strand (19-17) werk om sy plek in die halfeindronde van die Beker-afdeling te bespreek. 

In die ander halfeindstryd het Brackenfell vir Hendrik Louw van die Strand met 29-17 verslaan. Brackenfell het in sy drie groepwedstryde vir Kenmare (17-12), Noord-Eind (39-7) en Believe Ministries (27-0) geklop. 

Al die uitslae: 

Groep A: Bastion 29, Gordonsbaai 29; Lochnerhof 50, Klapmuts 5; Bastion 36, Klapmuts 10; Lochnerhof 17, Gordonsbaai 12; Bastion 19, Lochnerhof 17; Gordonsbaai 51, Klapmuts 0.

Groep B: Van Riebeeckstrand 24, Durbanville 7; Courtrai 31, Laerskool Gericke 21; Durbanville 26, Courtrai 7; Van Riebeeckstrand 29, Laerskool Gericke 7; Van Riebeeckstrand 29, Courtrai 12; Durbanville 22, Laerskool Gericke 17.

Groep C: Believe Sport Ministries 22, Noord-Eind 10; Brackenfell 17, Kenmare 12; Brackenfell 39, Noord-Eind 7; Kenmare 34, Believe Sport Ministries 0; Brackenfell 27, Believe Sport Ministries 0; Kenmare 57, Noord-Eind 0.

Groep D: Hendrik Louw 14, Klein Gim 12; Worcester Primêr 29, De Hoop 5; Klein Gim 22, De Hoop 5; Hendrik Louw 21, Worcester Primêr 12; Hendrik Louw 29, De Hoop 14; Klein Gim 21, Worcester Primêr 10.

HALFEINDRONDE – Beker: Van Riebeeckstand 34, Bastion 5; Brackenfell 29, Hendrik Louw 17. Plaat: Kenmare 12, Klein Gim 5; Durbanville 36, Lochnerhof 12. Bowl: Worcester Primêr 31, Believe Sport Ministries 12; Gordonsbaai 16, Courtrai 12. Skild: Noord-Eind 17, De Hoop 12; Laerskool Gericke 38, Klapmuts 5.

EINDSTRYDE – Beker: Van Riebeeckstrand 17, Brackenfell 12. Plaat: Durbanville 27, Kenmare 22. Bowl: Gordonsbaai 28, Worcester Primêr 0. Skild: Laerskool Gericke 27, Noord-Eind 19.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.