SuperSport Schools Plus

Uitslae – VKB-week – Dag 1

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-07-03 Tags:

NewsG WillieNaudeDie gasheer, Oos-Vrystaat, het vir ‘n opskudding op die eerste dag van die 20ste VKB-week in Reitz gesorg deur die Noord-Natal Lammergeiers met 22-15 in die hoofwedstryd te troef. Die Riemlanders kon slegs ‘n voorsprong van 17-5 in die eerste helfte met ‘n sterk wind van agter opbou.

Oos-Vrystaat se losskakel, Norman Bibbey, het ‘n uitmuntende wedstryd beleef en het veral met sy lang lynskoppe saam en teen die wind sy span in die wedstryd gehou. Bibbey het ook twee van sy breekslae met drieë afgerond. Die binnesenter, DP Coetzee, en skrumskakel, Gerjansz van Deventer, wat later na heelagter verskuif het, het ook goeie vertonings gelewer. 

Die Griffons het in die tweede danksy ‘n terugveg-poging die Lynx met 28-17 die loef afgesteek. Die Perses was teen die omdraaislag met ‘n agterstand van o-17 met hul rue teen die muur. Dit was egter skitterende spel deur sy skakelpaar, Stompie Hanabe en James Mofokeng. Dit was veral Hanabe wat in die tweede helfte gapings na willekeur in die Lynx se verdediging gevind het.

Die Perses se kaptein en buitensenter, Pieter van Zyl, het ook ‘n skitterende vertoning opgedis toe hy met die aanvang van die tweede helfte sy verskyning op die veld gemaak het. Van Zyk is vroeër vanjaar na afloop van die Oakdale Landbou-week in die Mutual & Federal XV-tal ingesluit.  

Die Barbarians het in die eerste wedstryd van die week vir Valke-platteland met 43-24 kaf gedraf. Die span se heelagter, Willie Naude, is as die speler van die wedstryd vir sy skerp breekslae vanuit die laaste vesting. Die Barbarians se agterhoede was op hulle stukke met die losskakel, Louis Viljoen, senter Jannes de Jager wat saam met Naude deurgans vra aan Valke-platteland se verdediging gevra het. 

Die Barbarians is saamgestel uitspelers van Voortrekker en Witteberg van Bethlehem, Wilgerivier van Frankfort, Reitz en Fichardtpark in Bloemfontein. Vir Valke-platteland het sy buitesenter, Divan de Klerk, goed vertoon. 

Puntemakers: 

Oos-Vrystaat 22 (17) – Drieë: Norman Bibbey (2), Janes van Coller, Tokollo Lemnako. Doelskop: Bibbey. Noord-Natal Lammergeiers 15 (5) – Drieë: Simo Mbhele, Njabulo Ndlovu, Kwanela Ngwenya. 

Luiperds Platteland 36 (24) – Drieë: Henk Venter (2), Stephan de Kock, Cornell Oosthuizen, Thomas Bevan, Shaun Muller. Doelskoppe: De Kock (3). Sandveld 14 (7) – Drieë: Billy van Beeck, Johan Marais. Doelskoppe: Wian Visser (2).

OP-platteland 55 (22) – Drieë: Ruan Schutte (3), Lovo Piliso (2), Johan Maartens, De Wet Barnard, Dieter Lategan, Aubrey Passman. Doelskoppe: Jason Trollip (5). Suid-Vrystaat 12 (5) – Drieë: Geovani Flitoor, Sampie Madiba. Doelskop:  

Suid-Natal 35 (21) – Drieë: Jaco Gouws, Sam Ntulane, Dylan Alexander, Njabulo Mbangwa, Vian Potgieter. Doelskoppe: Marcus Botha (5). Vrystaat Kiewiete 17 (0) – Drieë: Jeraldo Bell, Enrico Vermaak. Doelskoppe: Bradley van Wyk (2). Strafdoel: Van Wyk. 

Valke 25 (10) – Drieë: Ettiene Poultney (2). Hugo Claassen. Doelskoppe: Lionel Ueckerman (2). Strafdoel: Ueckerman (2). Rooikatte 7 (7) – Drie: Nayron Paulsen. Doelskop: Charl Niemand.

 Griffons 28 (0) – Drieë: Ruan Linde, Pieter van Zyl, Stompie Hanabe, James Mofokeng. Doelskop: Hanabe (2), Arno du Plessis, Mofokeng. Lynx 17 (17) – Drieë: Siphiwe Mazibuko, Chadrack Tshimanga. Doelskop: Ashley Potgieter (2). Strafdoel: Potgieter.

Barbarians 43 (19) – Drieë: Louis Viljoen (2), Jannes de Jager, Louis Oosthuizen, Marcel Engelbrecht, MW Roos, Willie Naude. Doelskoppe: Viljoen (4). Valke-platteland 24 (12) – Drieë: Izandro Venter, Jaco Labuschagne, Damian Jordan, Branden Steyn. Doelskoppe: Webster Swanepoel (2). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.