SuperSport Schools Plus

Uitslae – Dag 1 – Francois Swart o.15-rugbyweek 2018

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-04-02

NewsG FSwartu15Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se o.15-rugbyspan was op sy stukke tydens sy wedstryd op die eerste dag van die Francois Swart-week. Affies het vir EG Jansen van Boksburg met 62-0 kaf gedraf.

Die jaarlikse rugybweek wat deur Affies ter ere van wyle Francois Swart aangebied word is een van die hoogtepunte op die kalender vir o.15-spanne. Swart het Affies se Wit Bulle in 53 wedstryde verteenwoordig en 447 punte vir die eerstespan aangeteken. Van die punte was 283 in sy matriekjaar (2003). 

Affies kom op die tweede dag van die toernooi teen die Hoërskool Nelspruit in die hoofwedstryd van die dag te staan. King Edward VII het ook ‘n goeie sege van 30-20 oor Waterkloof op die eerste dag behaal. 

Al die wedstryde van Dag 2 en 3 word regstreeks op DigiTV gebeeldsend. 

Al die uitslae: 

Affies 62, EG Jansen 0; Helpmekaar 32, Zwartkop 24; King Edward VII 30, Waterkloof 20; Maritzburg College 31, Eldoraigne 0; Hoërskool Nelspruit 21, Kempton Park 16; Ligbron 19, Jeppe High School for Boys’15.

Bepalings – Dinsdag, 3 April 2018 

11:00 – King Edward VII vs Kempton Park 
12:00 – Maritzburg College vs Waterkloof
13:00 – Helpmekaar vs Jeppe High School for Boys’ 
14:00 – EG Jansen vs Zwartkop
15:00 – Eldoraigne vs Ligbron
16:00 – Affies vs Hoërskool Nelspruit

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.