SuperSport Schools Plus

Tuks-reeks: Só pak hulle mekaar in 2015

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-11-12

Die rugbykampioen van vanjaar se Tuks-reeks, EG Jansen van Boksburg, sal sy aanslag op volgende jaar se titel teen die Hoërskoon Centurion begin.

Jansies se taaiste teenstand in sy groepwedstryde behoort van die Hoërskool Monument van Krugersdorp te kom. Die twee spanne pak mekaar boonop op die Ras van Rooyen-veld in
Krugersdorp. Die ander span in Groep A is die Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark, wat in die eindstryd van die Beeldtrofee vir groot skole vroeër vanjaar die knie teen die Hoërskool Klerksdorp gebuig het.

Benewens dié twee neem nog twee groot skole, Ermelo en die Hoërskool Pietersburg, ook aan die Tuks-reeks deel.

Die HTS Middelburg, wat die knie in vanjaar se Tuks-reeks-eindstryd met 37-22 teen EG Jansen gebuig het, sal in sy drie groepwedstryde teen die Hoërskool Rustenburg, Klerksdorp en Eldoraigne te staan kom.

In Groep B pak die Hoërskool Kempton Park, Garsfontein, Ermelo en Marais Viljoen mekaar.

Die wenner van dié groep sal in die kwarteindronde te staan kom teen die naaswenner in die groep wat uit die Hoërskool Nelspruit, Pietersburg, Vereeniging Gimnasium en Florida bestaan.

Die reeks is ’n o.17-kompetisie wat ook netbal en hokkie insluit, asook ’n atletiekbyeenkoms op 3 Maart in die Royal Bafokeng-stadion net buite
Rustenburg.

Die netbal- en hokkiespanne is in dieselfde groepe as die rugbyspanne geloot.

Die bepalings is:

7 Maart – Transvalia t. Monument; Centurion t. EG Jansen; Garsfontein t. Ermelo; HTS Middelburg t. Klerksdorp; Rustenburg t. Eldoraigne; Pietersburg t. Vereeniging Gimnasium.

14 Maart – Monument t. Centurion; EG Jansen t. Transvalia; Ermelo t. Kempton Park; Marais Viljoen t. Garsfontein; Eldoraigne t. HTS Middelburg; Klerksdorp t. Rustenburg; Florida t. Pietersburg; Nelspruit t. Vereeniging Gimnasium.

21 Maart – Monument t. EG Jansen; Transvalia t. Centurion; Kempton Park t. Garsfontein; Ermelo t. Marais Viljoen; HTS Middelburg t. Rustenburg; Klerksdorp t. Eldoraigne; Nelspruit t. Pietersburg; Vereeniging Gimnasium t. Florida.

25 Maart – Marais Viljoen t. Kempton Park; Florida t. Nelspruit.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.