SuperSport Schools Plus

Tralies sluit Kloof-Netbalfees 2025 onoorwonne af


Die laaste dag van die gewilde Kloof-Netbalfees het vanjaar in egte kampioenskapsgees afgesluit met die spanne wat vir oulaas alles in die stryd gewerp het.

In die o.19-kategorie het Sentraal hul segetog voortgesit met ’n indrukwekkende oorwinning van 26–7 oor Centurion en sodoende hul status as die enigste onoorwonne span behou.

La Rochelle, wat ook onoorwonne was, moes egter reeds na die tweede dag terugkeer huis toe, ten einde voor te berei vir die Rhodes-toernooi, en het dus nie die geleentheid gehad om enduit op hul momentum voort te bou nie.

‘n Kragmeting tussen La Rochelle en Sentraal sou inderdaad ‘n titaniese stryd af te gegee het.

Windhoek Hoërskool het weer hul staal getoon met oorwinnings oor Potch Volkies (22–16) en Reitz (25–12). Potch Volkies het nietemin vergoed vir die nederlaag om met 25–16 teen Eunice te seëvier.

Redhill het hul toernooi op ’n hoë noot afgesluit met ’n oortuigende sege van 38–12 oor Vrede. Die Redhill-meisies het deurlopend heelwat trots aan die dag gelê en hul laaste wedstryd het hul groei en veggees skitterend weerspieël.

Ander noemenswaardige kragmetings op die laaste dag sluit in Ferrum se gesaghebbende sege van 25–10 oor Gerrit Maritz en Klerksdorp se kragtige sege van 33-8 oor Bergvlam. Waterkloof se tweede span het hul wedstryd teen Wagpos met 19–16 beklink in een van die naelbytstryde van die dag, terwyl Oosterlig met 9–14 teen Wesvalia vasgeval en Voortrekker vir Ashton met 24–13 geklop het.

Potch-Volkies o.16 wen 11/11 wedstryde

’n Spesiale vermelding gaan aan Potch Volkies se o.16-span, wat ál 11 hul wedstryde gewen het – ’n uitsonderlike prestasie wat beslis nie ongesiens verbygegaan het nie. Dié jong span het deurgaans spel van die hoogste gehalte gelewer en is beslis ’n groep om dop te hou in die toekoms.

Die Kloof-Netbalfees 2025 het afgesluit met ’n oorweldigende gevoel van prestasie en trots, met spelers, afrigters en ondersteuners wat reeds begin aftel na volgende jaar se aksie. Sentraal se onoorwonne segetog het beslis die toon aangegee, en beklemtoon dat deursettingsvermoë, spanwerk en passie steeds die hart van skolesport vorm.

Uitslae | Dag 4

Windhoek Hoërskool22Potch Volkies16
Kemptonpark17Framesby19
Sentraal26Centurion7
Hoërskool Alberton18Witteberg21
Reitz12Windhoek Hoërskool25
Voortrekker24Ashton13
Oosterlig9Wesvalia14
Windhoek Privaatskool22Ellisras11
St Anne’s20Piet Potgieter11
Ferrum25Gerrit Maritz10
Vrede12Redhill38
Piet Retief27Empangeni26
Potch Volkies25Eunice16
Klerksdorp33Bergvlam8
Waterkloof19Wagpos16
Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.