SuperSport Schools Plus

So staan sake in die Beeld-trofee vir Groot-skole – 2014

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-07-25 Tags: , , , , , , , , ,

Beeldtrofee2014Die enigste Noordvaal-streek se eindstryd wat nie more beslis word nie is die Valke se eindstryd tussen Transvalia en Hugenote (Springs) wat tot Dinsdag weens die Suid-Afrikaanse Skole-proewe uitgestel is. Die SA Skole-proewe vind more in die Barnard-stadion in Kemptonpark plaas. Transvalia se SA Skole-skrumskakel, Marco Janse van Vuren, moet vreeslik spesiaal voel want die eindstryd word slegs vir sy teenwoordigheid uitgestel. 

Die eindstryd sal Dinsdag om 14:00 in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark beslis word. Indien Janse van Vuren weer die nasionale skolespan haal en Transvalia tot die eindstryd van die Beeldtrofee vorder sal hy nie vir die wedstryd vir sy skoolspan kan uitdraf nie. Die SA Skole-span kom op daardie dag teen Engeland te staan. 

Die Leeus se eindstryd tussen Helpmekaar en Linden is afgelas, met eersgenoemde wat as die Leeus se voorste span die Beeldtrofee sal betree. Helpmekaar sal in sy uitspeelwedstryd teen die verloorder van die Luiperds se eindstryd te staan kom. Lichtenburg speel gasheer more in dié eindstryd teen Hoërskool Klerksdorp wat om 12:15 afskop. Klerksdorp se agtsteman, Edmund Rheeder, is in hulle span aangekondig, maar hy sal ook aan die SA Skole-proewe deelneem. 

Linden sal teen die Blou Bulle se naaswenner in die uitspeelwedstryde om ‘n plek in die kwarteindstryde veg. Die Blou Bulle se eindstryd word more tussen Oos-Moot en Hoërskool Tuine op eersgenoemde se tuisveld om 11:40 beslis. Die Limpopo kampioen word more op HTS Tom Naudé se veld in Polokwane bepaal wanneer Frikkie Meyer en Hoërskool Pietersburg mekaar in die eindstryd pak. 

In die Puma-streek sal Standerton op sy tuisveld vir Volksrust in die eindstryd  om 12:10 pak. 

Die spanne is: 

Lichtenburg vs. Hoërskool Klerksdorp om 12:15:

Lichtenburg: 15 Francois Neethling, 14 Michael Wolmarans, 13 Hanco Knoetze, 12 Stefan van Vuuren, 11 Etienne van Tonder, 10 JG ten Cate, 9 Jan-Wessel Meyer, 8 Gavin van der Berg, 7 Rudolph Schulenburg, 6 Christiaan Theart, 5 Erik van Zyl, 4 Johan Boshoff, 3 Okkie Ackerman, 2 Adriaan Koekemoer, 1 Willy Tarpley. Replacements: 16 Daan van Zyl, 17 Janco Fourie, 18 Vian Sutherland, 19 Rudi Jordaan, 20 Arno Pienaar, 21 Mauritz de Vries, 22 Juan Niemand, 23 Heinrico Maree. 

Hoërskool Klerksdorp: 15 Des Waldeck, 14 Paul Mululeke, 13 Danie von Wielligh, 12 Michael Steinberg, 11 Riaan Scholtz, 10 Erich Hough, 9 Thabang Phatudi, 8 Edmund Rheeder, 7 Henrikus Viljoen, 6 Almeru van Wyk, 5 Phillip Barlow-Jones, 4 John Roper, 3 Danie van Wyk, 2 Adrian Snyman, 1 Douglas Bruce-Smith. Replacements: 16 Erlo Heymans, 17 André Pretorius, 18 Brandon Nel, 19 Ruhan Oosthuizen, 20 Donovan Ivens, 21 Jaco Bamberger, 22 Ferdie Pieterse, 23 Maghiel le Roux. 

Frikkie Meyer vs. Hoërskool Pietersburg om 14:00: 

Frikkie Meyer: 15 Danian Strauss, 14 Cornis Swanepoel, 13 Johan Harmzen, 12 Adriaan de Lange, 11 Wiehan Koen, 10 Benhard Janse van Rensburg, 9 André Mostert, 8 Hendrik du Plessis, 7 Hannes Holtzhausen, 6 Armand Davies, 5 Dirk Coetzee, 4 Jason Dye, 3 Freddy Burger, 2 Brent Myburgh, 1 Deon Louw. Replacements: 16 Jonathan Viljoen, 17 Pieter Pretorius, 18 Dave van Heerden, 19 Willem Beukes, 20 Nathan Crabb, 21 Dewalt du Preez, 22 Stefan Allan. 

Hoërskool Pietersburg: 15 Kone Moloto, 14 Wilrico Gadney, 13 Ansten Mokgokolo, 12 Diaan Coertze, 11 Aakon Landsberg, 10 Hardus Geldenhuys, 9 Heinrich Höll, 8 Salie Vermaak, 7 Biemond Hoogenboezem, 6 Francois Rousseau, 5 Hanno Oosthuizen, 4 JR Visagie, 3 Erik Snyman, 2 Divan Human, 1 Komape Moloto. Replacements: 16 Johan du Preez, 17 Stefan Schoeman, 18 Jason Pelser, 19 Kobus Botha, 20 Tommy Mashaphu, 21 Byron Olkers, 22 Nick Enslin, 23 Rikus Fick. 

Uitspeelmodel vir Groot-skole – 2014: 

UitspeelwedstrydeKwarteindstrydeHalfeindstrydeEindstryd
Pumas (Naaswenner) vs. Valke (Naaswenner) = ALimpopo (Kampioen) vs. A = 11 vs. 3 
Blou Bulle (Naaswenner) vs. Linden = BLuiperds (Kampioen) vs. B = 22 vs. 4 
Helpmekaar vs. Luiperds (Naaswenner) = CBlou Bulle (Kampioen) vs. C = 3  
Valke (Kampioen) vs. Limpopo (Naaswenner) = DPumas (Kampioen) vs. D = 4  
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.