Sharks, Leeus en Volstruisboere enigste onoorwonne spanne oor na eerste dag van IPT Sewes
Dit blyk of die Sharks die span is om te stuit indien jy vanjaar as kampioen van die Interprovinsiale Sewes in Welkom gekroon wil word. Die Sharks het die verdedigende kampioen, die Vrystaat, met 26-19 op die eerste dag van die toernooi in die HT Pelatona-stadion geklop.
Die span van KwaZulu-Natal is saam met die Goue Leeus en Suidwestilike Distrikte die enigste onoorwonne spanne oor in Welkom.
Die Sharks sal Saterdag om 09:40 teen die Pumas in die kwarteindronde van die toernooi te staan kom. Die Pumas het goed vertoon deur die Blou Bulle met 34-14 in sy eerste groepwedstryd te skok. Die Sharks het bo-aan Groep A geëindig deur die Valke (42-14) en die Griffons II (43-7) in sy ander twee groepwedstryde af te stof.
Die Vrystaat is egter nog nie uit die toernooi nie, maar hy kom teen die Westelike Provinsie in ‘n veel moeiliker kwarteindstryd te staan. Die Streeptruie het bo-aan Groep D geëindig deur die Pumas (29-24) en SA LSOB (44-0) te verslaan. Die span van die Wes-Kaap het wel teen die Blou Bulle met 7-10 die knie gebuig, maar genoeg gedoen om danksy ‘n beter punte gemiddelde bo-aan die puntelys te eindig.
Die gasheer, die Griffons, het self omgekrap gelyk voordat hy in sy laaste groepwedstryd naelskraaps teen die Goue Leeus met 24-26 die knie moes buig. Die Perses het in sy ander twee groepwedstryde vir Griekwas (38-21) en die Limpopo Blou Bulle (28-24) verslaan.
Hy kom in die kwarteindronde teen die Volstruisboere te staan. In die laaste kwarteindstryd sal die Goue Leeus vir Oostelike Provinsie die stryd aansê om ‘n plek in die halfeindronde.
Die eindstryd word Saterdag om 16:00 beslis.
Vandag se Bepalings (21 September 2019):
KWARTEINDRONDE – Bowl: 08:20 – Valke vs SA LSOB; 08:40 – Blou Bulle vs Griffons II; 09:00 – Boland vs Griekwas; 09:20 – Luiperds vs Limpopo Blou Bulle. Beker – 09:40 – Sharks vs Pumas; 10:00 – Vrystaat vs Westelike Provinsie; 10:20 – Griffons vs Suidwestelike Distrikte; 10:40 – Goue Leeus vs Oostelike Provinsie.
Al die uitslae:
Groep A: Vrystaat 46, Griffons II 0; Sharks 42, Valke 14; Sharks 26, Vrystaat 19; Valke 48, Griffons II 5; Vrystaat 35, Valke 19; Sharks 43, Griffons II 7.
Groep B: Oostelike Provinsie 29, Boland 19; Suidwestelike Distrikte 24, Luiperds 19; Oostelike Provinsie 28, Luiperds 26; Suidwestelike Distrikte 29, Boland 14; Suidwestelike Distrikte 28, Oostelike Provinsie 22; Boland 35, Luiperds 24.
Groep C: Griffons 38, Griekwas 21; Goue Leeus 31, Limpopo Blou Bulle 12; Griffons 28, Limpopo Blou Bulle 24; Goue Leeus 17, Griekwas 14; Goue Leeus 26, Griffons 24; Limpopo Blou Bulle 33, Griekwas 21.
Groep D: Pumas 34, Blou Bulle 14; Westelike Provinsie 44, SA LSOB 0; Blou Bulle 37, SA LSOB 7; Westelike Provinsie 29, Pumas 24; Blou Bulle 10, Westelike Provinsie 7; Pumas 19, SA LSOB 15.
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15
- Rondebosch finish the prestigious Peninsula Festival as the only unbeaten side - 2025-01-12