Sharks dra die nasionale skole-seweskroon vir 2019
Die Sharks het Saterdag in die HT Pelatona-stadion in Welkom die Vrystaat met 19-12 as kampioen van die Saru Interprovinsiale Sewes-toernooi onttroon.
Die span van KwaZulu-Natal het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 12-7 opgebou. Die Vrystaters het eerste bloed getrek in die eindstryd na ‘n goeie lopie deur Paschal Ekeji wat deur Franco Knoetze afgerond is. Hierna het die Vrystaters se veel hanteerfoute begaan om die Sharks probleme te besorg.
Die Sharks wat deur Nico Steyn aangevoer is, was saam met die verdedigende kampioen, Vrystaat, in Groep A geloot. Steyn en sy troepe was in die groepwedstryd tussen die twee spanne ook met 26-19 baas. Hulle het ook in hul ander twee groepwedstryde gemaklik met die Valke (42-14) en die Griffons se naasbestes (43-17) klaargespeel.
Die Sharks het hul plek in die eindstryd met ‘n sege van 27-21 oor Suidwestelike Distrikte bespreek. Die Vrystaat het in die ander halfeindstryd vir die Oostelike Provinsie met 38-14 uitgeskakel.
Die Volstruisboere het die gasheer, die Griffons, met 48-7 in die kwarteindronde uitgeskakel. Die Sharks se strafste wedstryd was in die kwarteindronde teen die Pumas (24-21), terwyl die Vrystaat ook moes sweet om die Westelike Provinsie met 21-19 te troef.
Die Oostelike Provinsie het die Goue Leeus met 22-14 in die ander kwarteindstryd verslaan. Die Leeus was saam met die Sharks en Suidwestelike Distrikte die enigste onoorwonne spanne na afloop van die eerste dag se groepwedstryde.
Al die uitslae:
Groep A: Vrystaat 46, Griffons II 0; Sharks 42, Valke 14; Sharks 26, Vrystaat 19; Valke 48, Griffons II 5; Vrystaat 35, Valke 19; Sharks 43, Griffons II 7.
Groep B: Oostelike Provinsie 29, Boland 19; Suidwestelike Distrikte 24, Luiperds 19; Oostelike Provinsie 28, Luiperds 26; Suidwestelike Distrikte 29, Boland 14; Suidwestelike Distrikte 28, Oostelike Provinsie 22; Boland 35, Luiperds 24.
Groep C: Griffons 38, Griekwas 21; Goue Leeus 31, Limpopo Blou Bulle 12; Griffons 28, Limpopo Blou Bulle 24; Goue Leeus 17, Griekwas 14; Goue Leeus 26, Griffons 24; Limpopo Blou Bulle 33, Griekwas 21.
Groep D: Pumas 34, Blou Bulle 14; Westelike Provinsie 44, SA LSOB 0; Blou Bulle 37, SA LSOB 7; Westelike Provinsie 29, Pumas 24; Blou Bulle 10, Westelike Provinsie 7; Pumas 19, SA LSOB 15.
KWARTEINDRONDE – Beker: Sharks 24, Pumas 21; Vrystaat 21, Westelike Provinsie 19; Suidwestelike Distrikte 48, Griffons 7; Oostelike Provinsie 22, Goue Leeus 14. Bowl: Valke 38, SA LSOB 12; Blou Bulle 54, Griffons II 0; Boland 43, Griekwas 12; Luiperds 28, Limpopo Blou Bulle 12.
HALFEINDRONDE – Beker: Sharks 27, Suidwestelike Distrikte 21; Vrystaat 38, Oostelike Provinsie 14. Plaat: Pumas 31, Griffons 14; Goue Leeus 17, Westelike Provinsie 12. Bowl: Luiperds 19, Blou Bulle 17; Boland 28, Valke 7. Skild: Limpopo Blou Bulle 29, Griffons II 17; Griekwas 21, SA LSOB 19.
EINDSTRYDE – Beker: Sharks 19, Vrystaat 12. Plaat: Pumas 36, Goue Leeus 12. Bowl: Luiperds 21, Boland 19. Skild: Griekwas 14, Limpopo Blou Bulle 5.
- Bishops bags crucial victory over Boishaai in Schools SA20 - 2025-01-24
- Nini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16