SuperSport Schools News

Selborne en Witteberg verbreek lang wendroogtes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-05-21

NewsG RiaanBurgerDie Hoërskool Eldoraigne se Groen Drake het Saterdag op hul tuisveld gewys dat hy nog vuur het om te spoeg in vanjaar se Virsekerbeker vir Makroskole. Eldoraigne het die bordjies behoorlik in sy jaarlikse Classic Clash teen Zwartkop met 43-7 verhang. Zwartkop was verlede jaar met 11-7 baas.

Eldoraigne het verlede week op verrassende wyse teen Centurion (30-3) vasgeval. Die span het voorlangs die oorhand gehad met veral sy vaskopstut, Charl Bester, wat die veld vol gespeel het. Die haker, Reinhardt Heymans, slot Ryno Kotze en flank en kaptein, Franco van Wyk, het ook behoorlik ingeklim.

Agterlangs het die losskakel, De Wet Pretorius, senter Riaan Burger en heealgter, Shayne Bolton, te veel vrae aan Zwarries se verdediging gevra.

Een van die vroeë gunstelinge om vanjaar die titel as kampioen van die Virsekerbeker te verower, Monument van Krugersdorp, het ‘n moeilike wegwedstryd teen Kempton Park met 50-13 gewen. Hoewel die telling dalk ‘n ander storie vertel moes Monnas se Wit Bulle hard werk vir die oorwinning.

EG Jansen van Boksburg het die Hoërskool Rustenburg met 43-6 kafgedraf, terwyl die Hoërskool Nelspruit se Rhinos met ‘n sege van 40-20 oor HTS Middelburg gewys het, dat hulle vanjaar die Puma-span is om te klop.

Die vreugdevure het hoog in Oos-Londen gebrand. Selborne College kon laas in 1996 daarin slaag om Grey-kollege te klop. Selborne het gister op dramatiese wyse op sy tuisveld naelskraaps met 20-19 vir Grey ore aangesit.NewsGSelborneCollege

Die held na 21 jaar was die losskakel, Tom Bursey, wat met speeltyd reeds verstreke deur ’n gaping vyf meter van Grey se doellyn geglip het. Bursey was ‘n paar weke gelede nog Selborne se derde span se losskakel. Sy skakelmaat, Mitch Connelan, het koelkop gebly en sy drie verdoel om aan sy span ‘n sege te besorg wat nog lank onthou sal word.
Selborne het sedert die ontstaan van die jaarlikse interskole tussen die twee skole in 1994 – nog net twee keer daarin slaag om Grey tot oorgawe te dwing. Hy het in 1994 (30-12) en 1996 (15-14) die pyp gerook.

Gepraat van ‘n lang wag – die eersterugbyspan van die Hoërskool Witteberg sal vir die eerste keer sedert 2006 met ‘n breëbors en die kop omhoog in Bethlehem kan rondloop.

Die Wittes het ‘n droogte van 11 jaar verbreek deur sy aartsvyand, Voortrekker, met 16-14 te verslaan. Hoewel Witteberg se laaste sege oor die Trekkers in 2006 (13-10) was, het die twee spanne in 2007 gelykop gespeel.
Welkom-Gimnasium het sy onoorwonne status in die Griffon-liga behou deur Wilgerivier van Frankfort met 40-26 te troef. Gimmies kom volgende week teen Witteberg in Bethlehem te staan, wat waarskynlik die span se grootste toets tot op hede in die liga sal wees. Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het vir Hentie Cilliers van Virginia met 28-17 geklop.

Dit gebeur nie aldag dat daar 109 punte in ‘n wedstryd aangeteken word en die wenspan die naelskraapste van seges behaal nie. Dit is presies wat op Berepark in Pretoria tussen die Hoërskool Garsfontein se Turkoois Bere en Transvalia van Vanderbijlpark gebeur het.

Garsfontein het ‘n opwindende wedstryd waarin verdediging nie hoog op die prioriteitslys was nie vir Transvalia met 55-54 geklop. Garsies het teen rustyd ‘n voorsprong van 31-17 geniet. Die skare het albei spanne ‘n staande applous gegee vir die feesrugby wat hulle opgedis het.

Die span se breiers, Johan du Plessis en Burger Lindeque, sal egter die breedste glimlag oor die feit dat sy loskopstut, CJ Steinhobel, en senter Diego Appollis hul terugkeer na beserings gemaak het. Die twee het dadelik met hul spel beïndruk.

In die Wes-Kaap moes Paarl Gimnasium sweet om Oakdale Landbou met 31-27 onder te kry. Die Hoër Jongenskool Paarl is ‘n tree nader daaraan om met 50 agtereenvolgende seges in Suid-Afrika te spog. Boishaai het Rondebosch Boys’ High met 73-7 af te ransel.

Stellenberg was ook in ‘n vernietigende bui deur De Kuilen met 93-5 te verniel. Nie ‘n enkele speler het ‘n driekuns behaal nie, maar die vleuels Angelo Davids en Roché Malan, senter Leeuwner van der Merwe, skrumskakel Jacques van Biljon en flank Johann van der Merwe het twee keer die doellyn oorgesteek.

Bishops se haker, Ghaalib Kenny, het vier drieë in sy span se weghol-sege van 72-14 oor Durbanville gedruk. Boland Landbou se vleuel, Erik Lambrecht, het self ‘n driekuns behaal om sy span te help om Wynberg Boys’ High met 62-17 te troef.

Al die uitslae:

NOORDVAAL 

Blou Bulle: Affies 29, Westville Boys’ High 9; Waterkloof 42, Noordheuwel 20; Garsfontein 55, Transvalia 54; Eldoraigne 43, Zwartkop 7; Centurion 44, Montana 7; Wonderboom 10, HTS John Vorster 8; St Alban’s College 52, St Benedict’s College 24; Oos-Moot 34, Hoërskool Tuine 6; Midstream College 27, Pretoria-Noord 5; Die Wilgers 64, Overkruin 3; HTS Tuine 45, Curro Hazeldean 26; Pretoria Boys’ High 29, Jeppe 18.

Goue Leeus: Marais Viljoen 92, Jeugland 7; Monument 50, Kempton Park 13; Hoërskool Alberton 32, Dinamika 7; Linden 20, Randburg 14; Riebeeckrand 22, Jan Viljoen 15; Bekker 29, Trinityhouse 18; Leeuwenhof 15, Benoni High 3; Alberton High 17, Edenvale 13; Queens High 26, Carletonville 22; King Edward VII 71, St Stithians College 17.

Limpopo: Merensky 54, Frans du Toit 14; Ben Viljoen 35, Hans Strijdom 12; Frikkie Meyer 41, Piet Potgieter 5; Ellisras 28, HTS Tom Naudé 22; Curro Heuwelkruin 38, Eric Louw 0.

Luiperds: Lichtenburg 25, Hoërskool Klerksdorp 22; Wesvalia 22, Potchefstroom Volkskool 14; Potchefstroom Gimnasium 21, Wesvalia 17; Vryburg 48, Schoonspruit 22; Wolmaransstad 40, HTS Rustenburg 10; Schweizer-Reneke 44, Grenswag 19; Hartbeespoort 10, Bergsig 6. 

Pumas: Hoërskool Nelspruit 40, HTS Middelburg 20; Secunda 76, Bergvlam 26; Ligbron 38, Standerton 15; HTS Witbank 15, Lydenburg 10; Hoogenhout 59, Ermelo 29; Piet Retief 22, Generaal Hertzog 10; Uplands College 64, Curro Nelspruit 0; Steelcrest 43, Kriel 10; Barberton 32, Lowveld High 10.

Valke: EG Jansen 43, Hoërskool Rustenburg 6; Hugenote (Springs) 26, Die Anker 6; Dr. Malan 46, Heidelberg Volkskool 0; Brandwag (Benoni) 62, Delmas 21; Hans Moore 32, Oosterlig 6; Stoffberg 36, John Vorster (Nigel) 19; AHS Sasolburg 43, Suiderlig 0. 

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Witteberg 16, Voortrekker 14; Noord-Kaap 40, Duinveld 22; Diamantveld 12, Hoërskool Upington 3; Welkom-Gimnasium 40, Wilgerivier 26; AHS Kroonstad 28, Hentie Cilliers 17; Goudveld-Hoërskool 69, HTS Sasolburg 3; Hoopstad 59, Harmony 0; Riebeeckstad 20 Hoërskool Kroonstad 14; Bothaville 26, Wessel Maree 22; Paul Erasmus 28, Harrismith 28; Reitz 63, Ladybrand 5. 

OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL 

Selborne College 20, Grey-kollege 19; Kingswood College 49, HTS Port Rex 24; Hoërskool Grey 22, Graeme College 15; St Andrew’s College 33, Cambridge 10; Nico Malan 39, Despatch 20; Woodridge College 22, Humansdorp 20; Durban High School 48, Maritzburg College 31.

WES-KAAP 

Paarl Gimnasium 31, Oakdale Landbou 27; Hoër Jongenskool Paarl 73, Rondebosch Boys’ High 7; Boland Landbou 62, Wynberg Boys’ High 17; Outeniqua 26, HTS Drostdy 21; Bishops 72, Durbanville 14; Stellenberg 93, De Kuilen 5; SACS 26, Brackenfell 12; Hugenote (Wellington) 46, Oudtshoorn 10; Hoërskool Bellville 30, Worcester Gimnasium 16; Tygerberg 34, HTS Bellville 3; Charlie Hofmeyr 45, Swartland 17; President 36, Zwaanswyk 27; Hermanus 35, Montagu 17; PW Botha-kollege 35, Punt 7; Robertson 48, Bonnievale 17; Hopefield 42, Vredenburg 6; DF Malan 30, Monumentpark 5; Bellville-Suid 27, Kasselsvlei 13; Hoërskool Langenhoven 53, Montana 7; Overberg 62, Swellendam 5; Piketberg 25, Jan van Riebeeck 7; Labori 21, Bredasdorp 17. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.