SuperSport Schools Plus

Secunda oorgehaal om DStv Challenge-titel in Mpumalanga te verdedig


Die DStv Schools Netball Challenge se streeksuitdunronde in Mpumalanga vind hierdie naweek plaas, met 20 skole wat sake uitspook om te bepaal wie die topskole is wat deurdring na die nasionale DStv Challenge.

Hoërskool Secunda was verlede jaar gekroon as Mpumalanga se kampioenspan.

Die spanne word onderverdeel in die Ubuntu- en Botho-groepe, elk met sy eie kwarteind-, halfeind- en eindrondes, en die wenner van elke groep wat deurdring na die nasionale DStv Challenge.

Die Ubuntu-groep bevat skole wat nie dikwels die geleentheid kry om teen groot skole mee te ding nie, en vir dié meisies bied dit ‘n wonderlike geleentheid om blootstelling te kry en raakgesien te word.

Die groot vraag op almal se lippe is of Secunda hul titel suksesvol kan verdedig, of gaan ‘n nuwe skool as kampioen van Mpumalanga gekroon word?

Die groepe:

Groep A: Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Delmas, Piet Retief, Madzuma, Khula Sakhile.

Groep B: Hoërskool Lydenburg, Middelburg Hoërskool, Ligbron, Lambalati, KleWa.

Groep C: Hoërskool Bervlam, HTS Middelburg, Hoërskool Secunda, Sibongamandla, Sidlamafa Senior.

Groep D: Curro Nelspruit, HTS Witbank, Hoërskool Ermelo, Chief Ampie Mayisa, Hlom.

 

Die Bepalings vir  Vrydag 20 Junie:

13:20:  Hoërskool Nelspruit t. Khula Sakhile; Lydenburg t. KleWa; Bergvlam t. Sidlamafa; Curro Nelspruit t. Hlom.

14:10: Hoërskool Delmas t. Madzuma; Middelburg Hoërskool t. Lambalati; HTS Middelburg t. Sibongamandla; HTS Witbank t. Chief Ampie Mayisa.

15:20: Hoërskool Secunda t. Sidlamafa Senior; Hoërskool Ermelo t. Hlom; Ligbron t. KleWa; Piet Retief t. Khula Sakhile.

16:10: Hoërskool Nelspruit t. Madzuma; Lydenburg t. Lambalati; Bergvlam t. Sibongamandla; Curro Nelspruit t. Chief Ampie Mayisa.

17:20: Delmas t. Khula Sakhile; Middelburg Hoërskool t. KleWa; HTS Middelburg t. Sidlamafa Senior; HTS Witbank t. Hlom.

18:30: Piet Retief t. Madzuma; Ligbron t. Lambalati; Hoërskool Secunda t. Sibongamandla; Hoërskool Ermelo t. Chief Ampie Mayisa.

20:30: Lydenburg t. Ligbron; Bergvlam t. Hoërskool Secunda; Curro Nelspruit t. Hoërskool Ermelo; Hoërskool Nelspruit t. Piet Retief.

 

Die Bepalings vir Saterdag 21 Junie:

08:20: Madzuma t. Khula Sakhile; Lambalati t. KleWa; Sibongamandla t. Sidlamafa Senior; Chief Ampie Mayisa t. Hlom.

09:10: Middelburg Hoërskool t. Ligbron; HTS Middelburg t. Hoërskool Secunda; HTS Witbank t. Hoërskool Ermelo; Delmas t. Piet Retief.

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.