SuperSport Schools Plus

School of Rugby kies sy SA Skole-span vir 2018

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-07-08

NewsGRynhardtJonkerSchool of Rugby het soos verlede jaar besluit om weer ons eie SA Skole-span voor die toernooi te kies.

Van verlede jaar se SA Skole-span is daar vyf spelers wat vanjaar weer verkiesbaar is. Die vyftal is Adrian Alberts (slot), Banele Mthenjane, Jordan Clarke (albei stutte), Diego Appollis (senter) en Morné Brandon (haker).

Al vyf behoort vanjaar weer sterk aanspraakmakers op plekke in die nasionale span te wees. Die grootste besprekingspunt sal egter wees na die span verkies is. Die wedstryd wat vanjaar sal bepaal wie 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan afsluit tussen Paul Roos Gimnasium en Grey-kollege sal sonder twyfel deur die spankeuses beinvloed word.

Volgens Saru se strategiese transformasieplan kan daar verwag word dat die groep van 28 spelers uit 14 wit spelers en 14 spelers van kleur sal moet bestaan. Van die 14 spelers van kleur sal die helfte etnies swart moet wees.

Daar sal ook ‘n nasionale o.17-span verkies word wat later vanjaar aan ‘n toernooi in Zimbabwe, wat deur Kennedy Tsimba gereel word, sal deelneem.

Ons sal weer Vrydag ‘n span kies na aanleiding van die spelers se vertonings tydens die 55ste Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole in die Paarl. 

School of Rugby se SA Skole-span is:

Agterspelers: Richard Kriel (Vrystaat), Sibabalwe Xamlashe (Grens), Stravino Jacobs (WP), Siyanda Cele (Sharks), Trevino Gordon (SWD), Diego Appollis (Blou Bulle), Wyclef Vlitoor (Vrystaat), Muzi Munyike (Goue Leeus), Brendan Venter (WP), Rynardt Jonker (Sharks), Juan Mostert (WP), Lionel April (Boland), Jurich Claassens (Blou Bulle), Dewald Strydom (Valke).

Voorspelers: Celimpilo Gumede (Sharks), Werner Gouws (Vrystaat), Sibusiso Sangweni (Sharks), De Wet Marais (Vrystaat), Keke Morabe (Griffons), Adrian Alberts (WP), Hannes Gous (SWD), Lunga Ncube (Sharks), Hanru Jacobs (WP), Banele Mthenjane (Pumas), Jordan Clarke (Sharks), Dewald Donald (Blou Bulle), Morné Brandon (Goue Leeus), JJ Kotze (WP).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.