Schoeman kan maar gerus in Bloem kom soek
DIE hoë-prestasie bestuurder van die Suid-Afrikaanse Sewes-akademie, Marius Schoeman kan gerus later vandeesmaand die jaarlikse skolesewes-toernooi bywoon wat in Bloemfontein deur Jim Fouché aangebied word.
Die toernooi vind vanjaar op 22 Februarie plaas. Die toernooi het onder die @lantic-sewes vaandel die meeste sukses behaal deur spelers soos Cecil Afrika, Raymond Rhule, Branco du Preez en Hoffman Maritz op te lewer. Schoeman behoort dus nie verder te soek as die toernooi om sy groep aan te vul nie.
Schoeman het verlede week die die nasionale o.18-skolegroep bekend gemaak waaruit hy sy span vir die Afrika Jeug-spele wat tussen 22 en 31 Mei in Gabarone in Botswana plaasvind. Vier spelers van die streek Alex Jonker, Mike Andrade (albei Grey-kollege), Llewellyn Hein (Louis Botha) en Gerhard Holtzhauzen (Noord-Kaap) is in die groep ingesluit. Hein was in sy o.16-jaar in die nasionale groen groep en het een van die vinnigste tye nog van alle spelers (senior en junior) oor die 40 meter naelloop in die toetse behaal.
In die Bloemfontein-toernooi is daar wel vanjaar minder spanne, maar die voorste spanne is steeds in aksie.
In Groep A sal die gasheer teen Hentie Cilliers van Virginia, Witteberg van Bethlehem sake uitspook. Zastron wat twee jaar gelede vir Grey op die sewesveld geklop het, het onttrek en ‘n opening vir nog ‘n span gelaat. In Groep B sal Louis Botha, Wilgerivier van Frankfort, HTS Sasolburg en Landboudal van Jacobsdal teen mekaar uitspeel.
Daar is ook ‘n o.16-afdeling in die toernooi. Al span wat voorheen tydens die @lantic-reeks sy spiere gebult het en nie in aksie sal wees nie is Hoërskool Sentraal.
In die nasionale oefengroep is twee spelers PJ Toerien en Marco Janse van Vuuren wat na afloop van verlede jaar se 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Polokwane die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal het.
Twee spelers wat die finale span behoort te haal en staatmakers te wees is Affies se heelagter Eduan Keyter en Garsfontein se senter Franco Naudé.
Die Suid-Afrikaanse o.18-oefengroep is:
Eduan Keyter, Tiaan Schmulian (albei Affies), PJ Toerien, Franco Naude (albei Garsfontein), Luigy van Jaarsveld (Marlow Landbou), Curwin Bosch (Grey PE), Michael Andrade, Alex Jonker (albei Grey-kollege), Luwellyn Hein (Louis Botha), Gerhard Holtzhausen (Noord-Kaap), Jaco Coetzee, Morné Joubert (both Glenwood), Xolisa Guma (Maritzburg-kollege), Willem Massyn (Monument), Cyprian Ncomo (HTS Middelburg), Marco Janse van Vuuren (Transvalia), Herschel Jantjies, Edwill van der Merwe, Edrich Venter (almal Paul Roos), Keenan Abrahams (Paarl Gimnasium), Ivan Kuntz, Wynand McGlachlyn (albei Tygerberg), Adriaan Louw, Grant Williams (albei Westelike Provinsie).
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16