SuperSport Schools Plus

Rhinos se tuisveld word weer ’n begraafplaas

By Hannes Nienaber , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-07-21 Tags: , , , , , , , ,

EAGAN ROUX, linkervleuel van Affies, duik hier oor sierlik oor die doellyn in sy span se sege van 43-28 oor die Hoërskool Waterkloof. FOTO: Riaan de Bruyn

PRETORIA. – Die Hoërskool Rustenburg het waarskynlik Saterdag Helpmekaar-kollege se kanse om tot die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling nek omgedraai.

Die Rusties het op sy tuisveld vir Helpies met 31-19 verslaan. Dit is waarskynlik die tuisspan se grootste sege nog sedert sy afrigter, Naas Olivier, die leisels geneem het.

Boonop het die Rusties verlede week vir die tweede jaar op ‘n streep vir Glenwood van Durban met 27-24 met die kous oor die kop huis toe gestuur.

Die wenspan se heelagter, Lorenzo Snyers, was op sy stukke met veral sy skopskoen wat meeste van die praatwerk gedoen het. Hy het albei sy span se drieë verdoel en ook vier strafdoele deur die pale gejaag.

Nog ‘n strafdoelpoging deur Snyers het die regoppaal getref en op ‘n drie vir die senter John-Ré Jefthas uitgeloop.

Die Hoërskool Nelspruit se hoofveld is vining besig om weer ‘n begrafplaas vir besoekende spanne te word. Die Rhinos het waarskynlik Monument van Krugersdorp se kanse om die uitspeelrondes te haal met ‘n sege van 21-12 nek omgedraai.

Menlopark het sy eerste sege van die reeks behaal deur vir Marais Viljoen in Alberton in ‘n opwindende kragmeting met 40-33 te klop. Die span se agtsteman, Rocco Myburgh, het met sys pel beïndruk, terwyl die kantman Nathan du Plessis ook woelig was.

Ficksburg het in die Oos-Vrystaatse eindstryd vir ‘n opskudding gesorg deur vir Vrede met 18-5 te verslaan. Wilgerivier van Frankfort is die Sandveld-kampioen na hy vir Wessel Maree van Odendaalsrus met 43-7 kaf gedraf het.

Grey-kollege het die vloek van nederlae elke tien jaar teen Grey High School met ‘n oorwinning van 41-27 verdryf. Die span van die Rosestad het in 1994 (10-18), 2004 (14-17) en 2014 (20-27) die knie teen sy naamgenoot gebuig.

Op papier moes Saterdag se kragmeting ‘n maklike sege vir die tuisspan gewees het, maar hy moes veel harder werk as verwag om uiteindelik dié vloek te verdryf.

Paul Roos Gimnasium is steeds onoorwonne na hy vir Bishops met 42-7 die loef afgesteek het. Stellenberg en Outeniqua het met 24-elk gelykop gespeel, terwyl Oakdale Landbou ‘n sege van 25-12 oor HTS Drostdy op Trappespark in Worcester behaal het.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het sy oorheersing oor Waterkloof met ‘n oorwinning van 43-28 voorgesit. Sy flank Lohan Potgieter was uitstaande in die oorwinining.

In die oudste interskole van Johannesburg kan nie King Edward VII of Jeppe daarop aandring om die voorste span te wees nie. KES het eerste kragmeting tussen die twee spanne vroeër vanjaar met 38-28 gewen, terwyl Jeppe Saterdag ook met tien punte met 23-13 as oorwinnaars van die veld gestap het.

Al die uitslae: 

SDC NOORDVAAL CUP

Groep 1

Beker: Hoërskool Rustenburg 31, Helpmekaar 19; Hoërskool Nelspruit 21, Monument 12; Garsfontein 44, Noordheuwel 37; Menlopark 40, Marais Viljoen 33. Plaat: Hoërskool Middelburg 34, Zwartkop 17; HTS Middelburg 42, Kempton Park 12; Transvalia 45, Montana 24; Hoërskool Klerksdorp 38, Ligbron Akademie 31. Skild: Ben Vorster 25, Hoërskool Pietersburg 23; Lichtenburg 37, Die Anker 26; Heidelberg Volkskool 30, Hugenote (Springs) 29.Bowl: Potchefstroom Volkskool 27, Piet Retief 10; Randburg 43, Merensky 31; Eldoraigne 88, Wagpos 13; Dr. Malan 20, Hoërskool Alberton 7.

Groep 2 Uitspeelwedstryde

Hoërskool Ermelo 32, Brandwag (Benoni) 27; HTS John Vorster 44, Ben Viljoen 40; Midstream College 43, Hans Strijdom 32; Overkruin 29, Oosterlig 13; Dinamika 37, Wonderboom 18; Frikkie Meyer 15, Lydenburg 14; Ellisras 19, Rob Ferreira 18; Bergsig Akademie 36, Hans Moore 14.

Groep 3 Uitspeelwedstryde

Bergvlam 32, Fochville 26; Stoffberg 18, Hoërskool Brits 3; Linden 26, Oosterland 18; Erasmus (Bronkhorstspruit) 44, Benoni High 10; Die Wilgers 39, Vereeniging Gimnasium 8; Riebeeckrand 82, Northern Academy 0; Standerton 35, John Vorster (Nigel) 12; Vryburg 27, Piet Potgieter 3.

KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

Queen’s College 21, Selborne College 6; Maritzburg College 19, Pretoria Boys’ High 18; Durban High School 18, Northwood 11; Kingswood College 37, Graeme College 17; Pearson 29, Marlow Landbou 26; Hudson Park 66, Stirling 0; Ithembelihle 17, Ooskus Gimnasium 12; St Andrew’s College 26, Dale College 25.

NOORDVAAL

Affies 43, Waterkloof 28; Jeppe 23, King Edward VII 13; Parktown Boys’ High 20, Northcliff 10.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Grey-kollege 41, Grey High School 27; Goudveld-Hoërskool 34, Sentraal 12;Fichardtpark 28, Hoërskool Trio 25; Voortrekker (Bethlehem) 53, Jim Fouché 26; Diamantveld 36, Witteberg 26; Hoërskool Upington 25, Landboudal 21; Sand du Plessis 33, Heatherdale 10; Hendrik Potgieter 34, St Andrews 9; Ficksburg 18, Vrede 5; Wilgerivier 43, Wessel Maree 7.

WES-KAAP

Paul Roos Gimnasium 42, Bishops 7; Paarl Gimnasium 45, Wynberg Boys’ High 25; Oakdale Landbou 25, HTS Drostdy 12; Charlie Hofmeyr 33, Hermanus 14; Boland Landbou 27, Rondebosch Boys’ High 22; Hoër Jongenskool Paarl 20, SACS 12; Stellenberg 24, Outeniqua 24; Brackenfell 32, Melkbosstrand 11; Milnerton 33, Strand 19; Overberg 31, Robertson 10; Hugenote (Wellington) 23, Porterville 20.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.