Results of Day 3 of the Mutual & Federal Week 2014
Die rugbyspan van die Hoer Landbouskool Oakdale het sy jaarlikse Mutual & Federal toernooi net buite Riversdal onoorwonne afgesluit deur Sentraal van Bloemfontein 12-3 in die hoofwedstryd van die laaste dag op die Eike-veld te troef. Die eindtelling was ook die rustyd-telling van die kragmeting.
Die span se agtsteman, Daniel Maree is as voorspeler van die toernooi aangewys, terwyl Tralies se losskakel DP de Lange as agterspeler van die toernooi aangewys is. Diamantveld van Kimberley en De Aar het ook die toernooi onoorwonne afgesluit.
Diamantveld het Voortrekker van Bethlehem 20-17 in sy laaste wedstryd danksy die skopskoen van sy losskakel, Gerco Nortje geklop. Nortje het met vyf strafdoele geslaag. De Aar het Aliwal-Noord 17-0 verslaan.
Hoerskool Upington is as die span aangewys wat die mees aanskoulikste rugby gespeel het.
Die Mutual & Federal XV-tal:
15 SJ Fourie (Sentraal), 14 Nthokozisi (HTS Ligbron), 13 Boeta Vermaak (Voortrekker), 12 JT Jackson (Oakdale Landbou), 11 JP Coetzee (Oakdale Landbou), 10 DP de Lange (Sentraal), 9 Wikus Badenhorst (HTS Ligbron), 8 Daniel Maree (Oakdale Landbou), 7 Stefan Janse van Vuuren (Brandwag), 6 Juanre van der Walt (Kemptonpark), 5 Kobus Wiese (Hoerskool Upington), 4 SJ Wessels (Sentraal), 3 Lafras Bekker (Sentraal), 2 Christo van Zyl (Voortrekker), 1 Kabous Voges (Brackenfell).
Puntemakers:
Oakdale Landbou 12 (12) – Drieë: William Eybers, Renaldo Ferreira. Doelskop: JT Jackson. Sentraal 3 (3) – Strafdoel: DP de Lange.
HTS Ligbron 10 (10) – Drieë: Bernardis Harring, Johan Lloyd. Hoërskool Upington 5 (0) – Drie: Sheldon Losper.
Brandwag (Uitenhage) 21 (10) – Drieë: Shevaan Hendricks, Derick du Toit, Michael Venter. Strafdoele: Jeandré van Ghent (2). Kemptonpark 7 (7) – Drie: Hanno van Tonder. Doelskop: Christopher Schimper.
Diamantveld 20 (9) – Drie: JP Abrahams. Strafdoele: Gerco Nortjé. Voortrekker 17 (10) – Drieë: Christo van Zyl, Helgard van Heerden. Doelskoppe: Tokkie van Zyl (2). Strafdoel: Tokkie van Zyl.
Hugenote (Wellington) 19 (5) – Drieë: Anthony Creighton, Dion Wellman. Strafdoele: Ryland Philander (3). Augsburg Landbou 13 (7) – Drie: Pieter Wiese. Doelskop: Alfred Esterhuizen. Strafdoele: Esterhuizen (2).
De Aar 16 (3) – Drie: Stefan Botha. Doelskop: Didi Fourie. Strafdoele: Fourie (3). Aliwal-Noord 0.
Strand 32 (10) – Drieë: Keenan Coetzee, Jaco de Wet, Malan Barnard, Amier Olibier, Marshall Doumann. Doelskoppe: Arnand Swart, Jermaine Jansen. Strafdoel: Swart. Hoërskool Pietersburg 15 (8) – Drieë: Wilrico Gadney, Komape Moloto. Doelskop: Hardys Geldenhuys. Strafdoel: Geldenhuys.
Bellville HS 24 (17) – Drieë: Marco Joubert, Johandré Labuschagne, Jurgens van Schalkwyk, Kobus Bonthuys. Doelskoppe: Marlo Weich (2). Montagu 12 (0) – Drieë: Charl-Hein Sanders, Handre Ontong. Doelskop: Ontong.
Mututal & Federal XV-tal 8 (8) – Drie: Chrisjan du Toit. Strafdoel: Jandre Botha. Bredasdorp 5 (0) – Drie: Urshwin Shuma.
Durbanville 11 (8) – Drie: Sanedy January. Strafdoele: Darren Ruiters (2). Vredendal 3 (3) – Strafdoel: Schalk-Willem Laing.