SuperSport Schools Plus

R350 000 plus kar!

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-07-12

Wanneer daar eendag in die toekoms terug gekyk word na die Cravenweek van 2015, sal dit as ’n ryke oesjaar vir rugbyspelers beskou word.

Dié feit word beklemtoon deurdat verlede jaar se Cravenweek-speler van die toernooi, Curwin Bosch, waarskynlik die grootste aanbod van ’n unie gekry het, wat enige skolespeler nóg ontvang het.

Bosch sal van môre af in Stellenbosh op die 52ste Cravenweek vir hoërskole weer vir die Oostelike Provinsie in aksie wees.

Die Vrystaat het glo sy grootste kontrak nog vir ’n skolespeler aan Bosch gebied. Dit is egter glo steeds nie naby die Haaie se aanbod aan dié talentvolle speler nie. Bosch sal na bewering R350 000 in sy eerste jaar in Durban verdien en ook ’n motortoelaag ontvang. Daar is glo ook ’n stewige bedrag wat hy en elk van sy voogde sal ontvang as hy by die Haaie teken.

Sewe spelers wat al vir die Suid-Afrikaanse Skolespan in aksie was, sal vanjaar aan die toernooi deelneem – die meeste nog sedert die nasionale skolespan in 1974 die eerste keer gekies is. Hulle is Bosch, Heino Bezuidenhout (albei OP), Embrose Papier, Andell Loubser (albei Blou Bulle), IG Prinsloo (Vrystaat), Cobus Wiese (Griekwa-platteland) en Edmund Rheeder (Luiperds).

Die Suid-Afrikaanse skolekeurders behoort vanjaar ’n gedugte span vir die internasionale reeks teen Wallis, Engeland, Frankryk en Italië te kies. Selfs die Suid-Afrikaanse Skole A-span wat gekies gaan word, behoort meer as sy man teen die internasionale spanne te staan.

Die SA Skolespan en sy naasbestes sal op 7, 11 en 15 Augustus in aksie wees.

Sean Erasmus van die Hoër Jongenskool Paarl is onlangs as hulpafrigter vir Hein Kriek van Paul Roos-Gimnasium by die nasionale skolespan aangestel.

Boishaai is vanjaar onder Erasmus se afrigting nog onoorwonne. Kriek rig al sedert 2012 die nasionale skolespan af.

Twee ander skole-afrigters wat ook vir die pos aansoek gedoen het, Ryno Combrinck (Michaelhouse) en Roean Bezuidenhout (Welkom-Gimnasium), sal heel moontlik die leisels van die SA Skole se naasbestes vat.

Michaelhouse spog ook nog vanjaar met ’n onoorwonne vertoningslys.

Die nasionale skolespan se nederlaag van 22-30 teen Engeland verlede jaar was sy eerste sedert 2009, toe die einste Engeland hom in Kimberley verslaan het.

 Spelers wat in vanjaar se toernooi in Stellenbosch dopgehou kan word, is:

Heelagters: Andell Loubser (Blou Bulle), Earl Dowrie (Boland), Marco Labuschagne (Griffons), Joshua Vermeulen (WP).

Vleuels: Cameron Hufke (Griekwas), Xolisa Guma (KZN), Godfrey Simelane (Vrystaat), Richman Gora (Griffons), Irvin Ali (Valke), Abner van Reenen (Blou Bulle), Cassiem February (WP).

Buitesenters: David Brits (Grens), Heino Bezuidenhout (OP), Wandile Simelane (Leeus), Nico Leonard (WP), Siyabonga Khaliswayo (Pumas), Manie Libbok (SWD).

Binnesenters: Erich Cronje (Valke), JP Duvenhage (SWD), JV Coertze (Limpopo), James Tedder (KZN), PR Serfontein (Vrystaat), MJ Pelser (Leeus), Louritz van der Schyff (Blou Bulle).

Losskakels: Curwin Bosch (OP), Gerco Nortje (Griekwas), Bader-Werner Pretorius (KZN), Wessel Muller (Pumas), Xander Crause (Valke), Courtney Winnaar (Grens).

Skrumskakels: Embrose Papier (Blou Bulle), Jason Olivier (Griffons), Matthew Jon-Dahl (KZN), Jondre Williams (WP),

Agtstemanne: Eduan Lubbe (Blou Bulle), Len Massyn (Leeus), Edmund Rheeder (Luiperds), Renaldo Ferreira (SWD).

Flanke: Cobus Wiese (GW-platteland), Jurie Burger (Vrystaat), Hacjivah Dayamani (Leeus), JC Pretorius (Pumas), Gift Dlamini (Griffons), Tristan Dixon (KZN), Johan Visser (WP), Dylan van der Walt (Valke), Janco Cloete (Griekwas), Regardt du Plessis, Phillip Krause (albei Blou Bulle).

Slotte: Ruan Vermaak (Leeus), Hendre Stassen (Valke), Ruben de Villiers, Ernst van Rhyn, Salmaan Moerat (WP), Adre Smith (SWD), George Rossouw (Vrystaat), Henk Pretorius (Blou Bulle).

Vaskopstutte: Dewald Maritz (Pumas), Roux Swart (SWD), IG Prinsloo (Vrystaat), Daniel Voigt (Grens), Chergin Fillies (Blou Bulle).

Hakers: Johan Grobbelaar (WP), Marnus van der Merwe (Pumas), Nico Peyper (Valke).

Loskopstutte: Andrew Kuhn (SWD), Stephan de Jager (Pumas), Cabous Eloff (Blou Bulle).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.