SuperSport Schools Plus

Player Profile – Cameron Hufke (Noord-Kaap)

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-02-25 Tags:

NuusG CameronHufkeDaar bestaan geen twyfel dat die Hoërskool Noord-Kaap se Cameron Hufke vanjaar weer spanne se verdedigers behoorlik op die rugbyveld gaan laat bontstaan nie. Hufke het verlede jaar met sy 18 drieë in 15 wedstryde vir die skool van Kimberley se eerste rugbyspan onder die voorste driedrukkers in die land getel. 

Dit was veral verlede jaar met sy feesviering na een van sy vier drieë in sy span se kragmeting op die Wildeklawer-toernooi teen Menlopark wat Hufke die oog gevang het. Hy het na die drie ‘n indrukwekkende bollemakiesie gemaak.

“Dit was nie iets wat ek vooraf beplan of geoefen het nie. Ek het dit net spontaan na die een drie gedoen. Dit is maar iets wat ek al van kleintyd af al kan doen,” het Hufke gesê. 

Noord-Kaap woon vanjaar oor Paasnaweek die Kearsney College Paas-toernooi by. Hufke glo sy span se wedstryd teen EG Jansen van Boksburg op dié toernooi kan dalk sy hardste van die seisoen wees. Hy sien ook uit na sy skool se FNB Classic Clash teen Diamantveld wat in Augustus plaasvind. 

Diamantveld het verlede jaar vir die eerste keer sedert 2007 daarin geslaag om vir Noord-Kaap op sy tuisveld Pirates in die jaarlikse interskolewedstryd te klop. Diamonds was ondanks ‘n drie deur Hufke met 16-10 baas. Hy hoop om vanjaar sy span te help om weer in dié wedstryd as oorwinnaars van die veld te stap. 

Hufke se vermoë om af te rond het van hom een van die gevaarlikste vleuels in Suid-Afrikaanse skolerugby verlede jaar gemaak. Hy kon egter nie sy goeie vertoning vir sy skoolspan, die Hoërskool Noord-Kaap, vir Griekwas op die Coca-Cola Cravenweek in Stellenbosch voortsit nie. Hy het wel in die Poubloues se enigste nederlaag van die toernooi in sy tweede wedstryd teen die Valke (21-34) twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. 

Cameron Hufke se drieë vir 2015
#WedstrydDrieëTotaal
1t. Klerksdorp11
2t. Lichtenburg23
3t. Welkom Gimnasium25
4t. Marlow Landbou27
5t. Kearsney College18
6t. Transvalia210
7t. Outeniqua10
8t. Tygerberg10
9t. Landboudal111
11t. Menlopark415
12t. Glenwood116
13t. Upington16
14t. Duineveld117
15t. Diamantveld118

Griekwas het in sy ander twee wedstryde die Luiperds (28-17) en OP-platteland (51-10) verslaan. Hy behoort vanjaar een van die Poubloues se sleutelspelers op die Cravenweek in Durban te wees. Die Cravenweek is laas in 1990 in Durban aangebied. “Ek was baie teleurgesteld dat ek nie een van die nasionale skolespanne kon haal nie, maar ek werk baie hard om die SA Skole-span vanjaar te haal,” het Hufke gesê.

Verrassend was verlede jaar se Cravenweek in die Eikestad die haastige vleuel se eerste verteenwoordigende nasionale toernooi wat hy as speler bygewoon het. Hufke, oorspronklik van Ceres, het hom in die derde kwartaal van 2014 vanaf die Hoërskool Charlie Hofmeyr van sy tuisdorp na Noord-Kaap geskuif.

Hufke het vanjaar hakskene op die jaarlikse Hartswater Top20-atletiekbyeenkoms vir sy teenstanders in die 100m en 200m naellope gewys. Hy het die 100 m (10.91) en 200 m (22.66) vir seuns o.19 in haastige tye gewen. Sy beste tyd sover in die 100m is ‘n blitsige 10.36 wat hy verlede jaar behaal het. 

Hoërskool Noord-Kaap skop sy seisoen Saterdag in Klerksdorp teen Hoërskool Klerksdorp af. Northerns het met 33-5 in die kragmetings tussen die twee spanne verlede jaar koning gekraai. 

[powr-comments id=”aab41834_1586164049800″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.