SuperSport Schools Plus

Parkies weer gunsteling vir eindstryd

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-20 Tags: , , , , , , ,

FOTO: Frans Lombard/Actionpix

Die streeptruie van Die Hoërskool Menlopark se eerste span kan vanjaar weer prominent vertoon in die NWU Sportreeks se eindstryd.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Die Parkies het verlede jaar se reeks as naaswenners afgesluit, nadat hulle teen Hoërskool Waterkloof in die eindstryd die aftog moes blaas, maar is steeds as die Sportreeks se voorste rugbyskool gekroon danksy die junior spanne se resultate wat saam met dié van die eerste span in berekening gebring is.

In vanjaar se reeks, het Menlopark nog nie een keer minder as 50 punte in ‘n wedstryd aangeteken nie, wat hom ‘n taamlike sterk aanspraakmaker op die titel maak.

Die Parkies sal nietemin verby ‘n gedugte teenstander in Hoërskool Transvalia moet kom vir ‘n tweede hap van die kersiekoek.

Hoewel die span van Vanderbijlpark nog slegs een keer vanjaar in aksie was, teen Hoërskool Middelburg, het hy nietemin beïndruk deur ‘n sterk Middies-span met 28-21 te troef.

Die kragmeting voorlangs behoort oudergewoonte die momentum van die wedstryd te bepaal, met vernaam die die slotstryd tussen Parkies se Keagen Pretorius en Christiaan Liebenberg van Valia wat vir vuurwerke kan sorg. Valia se steelkantflank, Daniel Kazambo, is ook witwarm en sal met ‘n valkoog dopgehou moet word.

Nuus uit Middelburg is dat Cravenweek-loskakel en puntemasjien, Matthew Abbey, weer terugkeer vir die Hoërskool Middelburg se beginspan teen Hoërskool Eldoraigne. Benewens sy akkurate korrelwerk pale toe, bring Abbey heelwat slaankrag op die aanval.

Die Drake het geen veranderinge gemaak aan die span wat vir Hoërskool Piet Retief met 40-34 geklop het nie, dus sal loskopstut, Marnes Prinsloo, en steelkantflank, Justin Meintjies, weer die pap dik aanmaak voorlangs.

Hoërskool Kempton Park is vir die eerste vanjaar uiteindleik voor sy tuisskare in aksie wees, wanneer hy die onvoorspelbare Hoërskool Piet Retief op die Oos-Rand verwelkom. Losskakel, Stian de Villiers, het nie alleen ‘n kritieke rol om te vertolk met sy instinktiewe visie op die aanval nie, maar ook met die stewel, terwyl heelagter, Ben Steyn, groot gevaar inhou vir die span van Mpumalanga met sy teenaanvalle.

Die spanne:

Hoërskool Menlopark t. Hoërskool Transvalia om 17:30 in Kempton Park:

Menlopark: 15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Petersen, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Lucian Read, 10 Andru Keun, 9 Gustav Shäffner, 8 Jannes Eksteen, 7 Ruan Strydom, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declen Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

Transvalia: 15 Dave Mtizi, 14 Dihan Crause, 13 Brandon Matthews, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jayden van Eden, 9 Johan Smit, 8 Caylan McLaughlin, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Eldoraigne om 15:50 in Kempton Park:

Hoërskool Middelburg: 15 Lesego Rakale, 14 Bulelani Mcira, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Hlapo Sebapu, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Henco Jansen van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 Rico van Niekerk, 5 Zanemphilo Mahlangu, 4 Jabu Mathebula, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen

Eldoraigne: 15 MJ Buitendag, 14 Tristan Lee, 13 Hanno Jacobs, 12 Ethan Beyer, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Esdee Kotze, Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 MC Scheepers, 4 Jadon van Rooyen, 3 Chase Wessels, 2 Jean de Villiers, 1 Marnes Prinsloo.

Hoërskool Kempton Park t. Hoërskool Piet Retief om 14:10 in Kempton Park:

Hoërskool Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Guillaume Botha, 13 Ethan Botha, 12 Jethro Williams, 11 Ettiene Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smit, 8 Ruan Mostert, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Reinhardt Pretorius, 4 Louis Mouton, 3 Juan Olivier, 2 Damian Slabbert, 1 Piet van der Heever.

Hoërskool Piet Retief: 15 Buhle Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Fiso Methula, 7 Melo Xulu, 6 Lethu Hlope, 5 Prince Mahlangu, 4 Avongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Wayne Mitchell, 1 Sfundo Mayisa.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.