Parkies betree onbekende terrein op Jack Botes, nuwe hoofstuk vir Kempies in Middelburg

Die Hoërskool Menlopark betree relatief onbekende terrein Saterdag in Piet Retief wanneer hy Hoërskool Piet Retief op sy bekende Jack Botes-stadion aandurf.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die Parkies se huidige groep spelers het nog nie baie, indien enigsins, in Piet Retief gespeel nie, wat ‘n uitdaging op sigself bied.
Hulle het nietemin vandeesweek reeds ‘n oortuigende oorwinning van 52-13 oor Hoërskool Eldoraigne agter die blad, wat genoegsame selfvertroue behoort te bied, maar Piet Retief is altyd ‘n gedugte teenstander op tuisbodem.
Piet Retief sal Menlopark se kookwater-senter, Leskin Samuels, fyn moet dophou. Samuels het Dinsdag reeds aangedui dat hy vanjaar ‘n groot gevaarman in die Pretorianers se agterlyn sal wees, met ‘n uitstekende driekuns, asook rotsvaste verdediging in die middeveld.
Sy sentermaat en kanonvoet, Dylan Stumke, in sy debuutjaar van eerstespan-rugby, vertoon ook reeds uiters gemaklik op dié hoër vlak van spel. Samuels en Stumke sal wel hul hande volhê met die tuisspan wat bekend is vir aanvallende rugby, verál wat die agterlyn betref.
Die ervare losskakel, Owethu Shabalala, wat vir ‘n tweede jaar van eerstespan-rugby terugkeer, behoort die toutjies behendig te trek vir Piet Retief, terwyl die fisieke steelkantflank, Melo Xulu, oorgehaal sal wees om die Parkies se intimiderende agttal aan te vat.
Hoërskool Kempton Park se nuwe hoofstuk onder die nuutaangestelde rugbydirekteur, Henno Coetzee, skop dié naweek amptelik af in Middelburg, waar die Kempies met ‘n omgekrapte Hoërskool Middelburg te doen kry. Die span van Kempton Park het reeds verlede week ‘n oefenlopie teen Hoërskool Montana gehad om sy diepte te toets en dié oefenwedstryd met 33-27 gewen.
Die Middelburgers het gewys wat in hulle steek deur Hoërskool Nelspruit, in Nelspruit, kwaai opdraande te gee. Haker, Roux Grobler, het die Middies se agttal met sy fisieke teenwoordigheid aangespoor, terwyl skrumskakel, Keabetswe Nkgadima, woelig was agter die pak en met ‘n valkoog dopgehou moet word.
Die spanne:
Hoërskool Piet Retief t. Menlopark om 13:30 in Piet Retief:
Hoërskool Piet Retief: 15 Buhle Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Fiso Methula, 7 Melo Xulu, 6 Lethu Hlope, 5 Prince Mahlangu, 4 Avongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Wayne Mitchell, 1 Sfundo Mayisa.
Menlopark: 15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Petersen, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Lucian Read, 10 Andru Keun, 9 Gustav Shäffner, 8 Jannes Eksteen, 7 Ruan Strydom, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declen Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.
Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park om 12:30 in Middelbrug:
Hoërskool Middelburg: 15 Lesego Karale, 14 Mcira Bulelani, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Zanempilo Mahlangu, 10 Buhle Mphanhlaza, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Henco Jansen van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 André Roberts, 4 Wihan Jordaan, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen
Hoërskool Kempton Park (moontlik): 15 Ben Steyn, 14 Guillaume Botha, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Ettiene Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smit, 8 Ruan Mostert, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Reinhard Pretorius, 4 Louis Mouton, 3 Juan Olivier, 2 Damian Slabbert, 1 Piet van der Heever.
- St David’s topples Grey High in super over finish - 2025-10-19
- Waterkloof exceptional in regaining Wildeklawer T20 title - 2025-10-19
- As tight as it gets, but Northwood perseveres over Parkies - 2025-10-17