SuperSport Schools Plus

Paarl Boishaai se Erasmus nader sy honderdtal

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-03-25

NewsG SeanErasmusDit is nou wel Sean Erasmus se eerste wedstryd terug aan stuur van sake vir die Hoër Jongenskool Paarl se eerstespan maar dit sal reeds sy 99ste wedstryd aan stuur van die skool se trots wees.

Boishaai kom om 18:15 teen die Hoërskool Menlopark op die eerste dag van die 9de NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria te staan. Dit sal albei spanne se eerste kragmetings van die seisoen wees. 

Erasmus het verlede jaar na die Paarl teruggekeer na hy ‘n draai by die Leeus in Johannesburg gemaak het. 

Menlopark het op sy plaasvervangersbank vir Arnold Coleske wat die seun van die bekende in musiekkringe met dieselfde naam. Hy behoort op haker in die tweede helfte sy verskyning te maak. 

Erasmus se 100ste wedstryd aan stuur van Boishaai sal dus Maandag teen Garsfontein wees. 

Welkom Gimnasium en Waterkloof behoort om 16:45 goed teen mekaar op te weeg. 

Gimmies het al vier wedstryde agter die blad. Hy het seges oor Glenwood se Skadu A-span, die Dark Greens (17-12) en Landboudal van Jacobsdal (26-14) behaal. Die span van Welkom het ‘n drag slae teen Grey-kollege (14-64) ontvang, maar teen Monument (20-45) weer goed van homself rekening gegee.  

Die Klofies was vanjaar twee keer aan die wenkant teen onderskeidelik Montana (29-11) en Transvalia (12-3). Die wedstryd teen Welkom Gimnasium sal dus sy grootste toets tot dusver wees.

Die spanne is: 

Waterkloof vs Welkom Gimnasium om 16:45:

Waterkloof: 15 Reuven Ferreira, 14 Herman Viljoen, 13 Happy Makate, 12 Guillaume Marais, 11 Kennith Strydom, 10 Thorn Bester, 9 Johan Ströh, 8 Zander Thirion, 7 Edrich Doman, 6 Tyler Veldsman, 5 Christof Luüs, 4 Dale Arlow, 3 Jayd Austin, 2 Kevin van Staden, 1 Ruben Odendaal. Plaasvervangers: 16 Zane Maartens, 17 Luan Brown, 18 Jean Jooste, 19 Udét Momberg, 20 Juanco Maritz, 21 Hernus Marais, 22 Caleb McKlein.

Welkom Gimnasium: 15 Ronaldo Kiewiet, 14 Rayvian Cupido, 13 Navan Goeda, 12 Julian Samuels, 11 Jayleigh Arendse, 10 Naylen Goeda, 9 Connlin Treurnicht, 8 Wian Fourie, 7 Ethan Jonee, 6 Dante Smith, 5 Devro Klein, 4 Divan Danhauser, 3 Nkululeko Shabalala, 2 Hlalefang Mbobo, 1 Tristan Appollis. Plaasvervangers: 16 Ayanda Sylwanayna, 17 Tshiamo Mamatela, 18 Mekyle Erasmus, 19 Khunu Radebe, 20 Jayden Venter, 21 Wian v/d Merwe, 22 Onalena Oliphant, 23 Melvin Mogwera.

HJS Paarl vs Menlopark om 18:15: 

Hoër Jongenskool Paarl: 15 Jean-Claude Mars, 14 Scott Nel, 13 Luke Carew, 12 Handré Nel, 11 Simon Basson, 10 Thurlon Williams, 9 Juan Loots, 8 Hugo-Ben Horn, 7 Divan Fuller, 6 Matthew Fick, 5 Ben Heydenrich, 4 Van Heerden Pretorius, 3 Bradley Stanfliet, 2 Juan Smal, 1 Tian Vorster. Plaasvervangers: 16 HB Odendal, 17 Alfie Holm, 18 Jo Hummelstitzer, 19 Robert-John du Preez, 20 Chris Nel, 21 Roan van Willing, 22 Marno Pretorius, 23 Jameel de Jongh.

Hoërskool Menlopark: 15 Divan Viljoen, 14 Xander Loubser, 13 Nathan Mong, 12 Jayden Horn, 11 Gelarmo Links, 10 Marco Strydom, 9 Brendan Coetzee, 8 Hendré du Toit, 7 Altus Coertze, 6 Tiaan Engelbrecht, 5 Frikkie Dreyer, 4 Steyn Landman, 3 Ruben Barnard, 2 Ruan Wolmarans, 1 Llewellyn Deysel. Plaasvervangers: 16 Arnold Coleske, 17 Pieter Smit, 18 Deacon du Preez, 19 Themba Nyangintsimbi, 20 Markus Keet, 21 Christiaan Herbst, 22 Ruan Janse van Rensburg, 23 Stefan Nel.

[powr-comments id=”a91648dd_1648199405921″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.