SuperSport Schools Plus

Paar weglatings uit SA Skole-proewe laat wenkbroue lig

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-07-23

Die weglating van Athi Mayinje (Oostelike Provinsie), S’busiso Nkosi (Leeus), PJ Toerien (Blou Bulle) en Shirwin Cupido (Vrystaat) uit die groep van 55 spelers wat Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Skole-proefwedstryde deelneem sal die meeste wenkbroue laat lig.

Buiten die feit dat al vier spelers van kleur is, was hulle dié beste en van die beste spelers vir hulle onderskeie unies op die 51ste Cravenweek vir hoërskole verlede week in Middelburg (Mpumalanga).

Die proewe word Saterdag in die Barnard-stadion in Kemptonpark gehou.

Spanne se vertonings tydens die Cravenweek het ook nie ‘n invloed op die spelers se kanse om die groep te haal gehad nie. Die Blou Bulle het dieselfde aantal spelers wat na die proewe genooi is, as wat die twee spanne wat in die hoofwedstryd betrokke was, die Oostelike Provinsie (6) en Suidwestelike Distrikte (4), saam in die span het.

Toerien wat verlede jaar die nasionale skolespan gemaak het, het vanjaar nie eers die proefwedstryde gehaal nie. Dit terwyl verlede jaar se SA Skole-skrumskakel, Marco Janse van Vuuren (Valke) duidelik die groep op sy reputasie gehaal het. Cupido het ‘n veel beter week agter die oond beleef.

Die keurders het ook Griekwa-platteland se slot Cobus Wiese as flank na die proewe genooi, terwyl die span se stut Stefan Hanekom ook nog ‘n kans gaan kry om hulle te beindruk. Die Griffons wat vir die tweede jaar agtereenvolgens die toernooi onoorwonne afgesluit het se skrumskakel, Jaywinn Juries, is saam met die vleuel Nazo Nkala die enigste spelers van die Noord-Vrystaat wat goed genoeg geag is om aan die proewe deel te neem.

Twee spelers wat nie op vanjaar se Cravenweek in Middelburg in aksie was nie, Jurie Fick en Hacjivah Dayimani, is na die proewe uitgenooi. Fick was Boland se flank op die Akademie-week in Worcester, terwyl Dayimani die Leeus se agtsteman op die toernooi was.

Nie een speler van die twee voroste skolespanne tot dusver vanjaar in Suid-Afrika volgens School of Rugby se ranglys, Grey-kollege of Paul Roos Gimnasium, het die groep gehaal nie. Grey-kollege se tweedespan vaskopstut, IG Prinsloo, is die enigste speler van dié skool wat die groep gehaal het.

Die keurders behoort egter steeds ‘n sterk SA Skole-span uit die groep te kan kies wat op dié span se onoorwonne rekord sedert 2010 kan voortbou. Die nasionale skolespan speel teen sy eweknie van Frankryk (15 Augustus), Wallis (19 Augustus) en Engeland (23 Augustus) volgende maand.

Die groep is: 

Agterspelers: 

Morné JoubertHeelagterGlenwoodKwaZulu-Natal
Eduan KeyterHeelagterAffiesBlou Bulle
Keanu VersHeelagterGrey PEOostelike Provinsie
Nazo NkalaRegtervleuelWelkom-GimnasiumGriffons
Duncan SaalRegtervleuelKasselsvlei Westelike Provinsie
Manie LibbokRegtervleuelOuteniquaSWD
Jerry DanquahLinkervleuelQueens-kollege Grens
Conree PooleLinkervleuelGarsfontein Blou Bulle
Andell LoubserLinkervleuelMenloparkBlou Bulle
Barend SmitBuitesenterHTS MiddelburgPumas
Cyprian NkomoBuitesenterHoërskool Middelburg Pumas
Markus CoetzerBuitesenterBergsigLuiperds
JT JacksonBinnesenterOakdale LandbouSWD
Tshepo ThuloBinnesenterJeppe Goue Leeus
Heino BezuidenhoutBinnesenterHTS Daniël PienaarOostelike Provinsie
Franco NaudéBinnesenterGarsfonteinBlou Bulle
Tinus de Beer Losskakel Waterkloof Blou Bulle 
Curwin Bosch Losskakel Grey PE Oostelike Provinsie 
Tristan Tedder Losskakel Kearsney-kollege KwaZulu-Natal 
Jaywinn JuriesSkrumskakelHentie CilliersGriffons
Stephan EnslinSkrumskakelHTS MiddelburgPumas
Marko Janse van VuurenSkrumskakelTransvaliaValke
Embrose PapierSkrumskakelGarsfonteinBlou Bulle

Voorspelers

Jaco CoetzeeAgtstemanGlenwoodKwaZulu-Natal
Junior PokomelaAgtstemanGrey PEOostelike Provinsie
Edmund RheederAgtstemanHoërskool KlerksdorpLuiperds
Hacjivah DayimaniAgtstemanJeppeGoue Leeus
Cobus WieseFlankHoërskool UpingtonGriekwa-platteland
Conal BrownFlankKlein Nederburg Boland
Victor MarupingFlankLouis BothaVrystaat
Arnold GerberFlankMenloparkBlou Bulle
Saud AbrahamsFlankBishops Westelike Provinsie
Len MassynFlankMonumentGoue Leeus
Luigy van JaarsveldFlankMarlow LandbouOP-platteland
Jurie FickFlankHTS DrostdyBoland
Eduard ZandbergSlotOuteniquaSWD
Ruben de VilliersSlotPaarl BHSWestelike Provinsie
Hendré StassenSlotEG JansenValke
Teubes BritsSlotLandboudalGriekwas
Jaco WillemseSlotPaarl GimnasiumWestelike Provinsie
Rhyno HerbstSlotMonumentGoue Leeus
Rikus SwartsSlotNoord-KaapGriekwas
Ashton FortuinSlotSouthdowns-kollege Blou Bulle
IG PrinslooVaskopstutGrey-kollegeVrystaat
Sarel-Marco SmitVaskopstutEldoraigneBlou Bulle
Stefan HanekomVaskopstutDuineveld Griekwa-platteland
Koos TredouxVaskopstutGlenwoodKwaZulu-Natal
Jan-Henning CampherHakerGarsfonteinBlou Bulle
Le Roux BaardHakerOuteniquaSWD
Alandré van RooyenHakerNico Malan Oostelike Provinsie
Nico PeyperHakerEG JansenValke
Kenny van NiekerkLoskopstutGlenwood KwaZulu-Natal
Ngonidzashe ChidomaLoskopstutNorthwood KwaZulu-Natal
Michael KumbiraiLoskopstutSt. Alban-kollege Blou Bulle
Lupumlo MgucaLoskopstutHTS Daniël Pienaar Oostelike Provinsie
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.