Oranje vuurwarm teen Fichies, Tralies bo-baas teen Diamonds
Die Hoër Meisieskool Oranje was Donderdag op hul stukke.
Oranje het vir die Hoërskool Fichardtpark ‘n loesing van 60-16 in die Motheo-liga toegedien.
Dit is Oranje se grootste sege die afgelope tien jaar op die netbalbaan.
Eunice het ook sy stem dik in dié liga gemaak deur vir Sentraal met 27-24 in ‘n strawwe tweestryd uit te oorlê.
Goudveld-Hoërskool beleef ook vanjaar ‘n besonderse netbalseisoen en het Woensdag die baan oorheers toe hulle met 60-11 teen Wessel Maree gewen het.
Ook ‘n eerste vir Gouties met die groot punteverskil.
Die span van Welkom het wel sy rieme met 28-42 teen Witteberg tydens hulle kragmeting in die Wesgrow-reeks styfgeloop.
Hoërskool Wilgerivier van Frankfort was baas met 39-23 teen Hoërskool Sasolburg.
Sentraal was Saterdag in agt van die 12 wedstryde teen Diamantveld baas. Die wedstryde in Kimberley was deel van die Wesgrow-reeks.
Uitslae van 17-22 April:
o.19A: Goudveld 60, Wessel Maree 11; Welkom Gimnasium 25, Hoopstad 20; Eunice 27, Sentraal 24; Oranje 60, Fichardtpark 16; Wilgerivier 39, Hoërskool Sasolburg 23; Voortrekker 29, Goudveld-Hoërskool 28; Witteberg 43, Welkom Gimnasium 23; Sentraal 43, Diamantveld 36.
o.17A: Welkom Gimnasium 24, Hoopstad 15; Voortrekker 17, Goudveld-Hoërskool 12; Diamantveld 24, Sentraal 15.
o.16A: Goudveld 22, Wessel Maree 17; Sentraal 21, Eunice 8; Oranje 40, Fichardtpark 7; Wilgerivier 18, Hoërskool Sasolburg 7; Voortrekker 22, Goudveld-Hoërskool 9; Witteberg 19, Welkom Gimnasium 5; Sentraal 18, Diamantveld 7.
o.15A: Goudveld 23, Wessel Maree 3; Welkom Gimnasium 33, Hoopstad 5; Sentraal 33, Eunice 6; Oranje 23, Fichardtpark 8; Wilgerivier 21, Hoërskool Sasolburg 15; Goudveld 14, Voortrekker 12; Welkom Gimnasium 26, Witteberg 12; Sentraal 26, Diamantveld 10.
o.14A: Goudveld 23, Wessel Maree 11; Welkom Gimnasium 22, Hoopstad 9; Sentraal 24, Eunice 4; Oranje 22, Fichardtpark 9; Hoërskool Sasolburg 11, Wilgerivier 11; Voortrekker 12, Goudveld 11; Witteberg 33, Welkom Gimnasium 13; Sentraal 17, Diamantveld 11.