SuperSport Schools Plus

Oranje en Bloemhof: Interskole bepaal wie dra vanjaar die kroon

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-08-15 Tags: ,

Hierdie naweek vind die 26ste jaarlikse interskole-kompetisie plaas tussen twee van die land se top meisieskole, Hoërskool Bloemhof en C&N Sekondêre Meisieskool Oranje.

Dié twee gedugte eerste netbalspanne pak mekaar op Saterdag, 17 Augustus, om 10:50 in die Sentrum op Stellenbosch, terwyl altesaam 29 netbalwedstryde is geskeduleer om plaas te vind op die dag.

Die kragmeting tussen die eerste spanne, hul derde ontmoeting vanjaar, sal beslis wie werklik die kroon in 2024 dra, nadat elkeen van die skole vyf van die laaste 10 interskole-kragmetings gewen het.

Vroeër vanjaar het die spanne twee keer by toernooie ontmoet. Bloemhof het ‘n sege van 20-16 in Pretoria behaal, terwyl Oranje kort daarna in die Paarl met 34-28 gewen het.

Oranje moet beslis nie onderskat word nie, aangesien hulle vir die tweede keer in hul geskiedenis die eindstryd van die Nasionale Netbalkampioenskap gehaal het. Die span spog met spelers soos Cara Smith, Jessica Barnard en Amy Fröhlich, wat elk meer as 100 wedstryde gespeel het, terwyl kaptein, Marguerite Cronjé, reeds 150 op haar kerfstok het. Boonop is Marianne Louw aangewys as Speler van die Toernooi by die Nasionale Netbalkampioenskap vir o.17’s.

Bloemhof, op hul beurt, se trots is kaptein, Lara Ehlers, wat onlangs in die SA o.21-span opgeneem is, asook Juane Maass, wat vroeër vanjaar deel uitgemaak het van die Kaapse Wynlandspan.

Vorige interskole-uitslae:

– 2023: Oranje wen 35-23

– 2022: Oranje wen 24-21

– 2021: Geen interskole-kompetisie nie

– 2020: Geen interskole-kompetisie nie

– 2019: Bloemhof wen 29-25

– 2018: Oranje wen 28-19

– 2017: Bloemhof wen 24-22

– 2016: Bloemhof wen 19-12

– 2015: Bloemhof wen 20-18

– 2014: Bloemhof wen 25-17

– 2013: Oranje wen 31-28

– 2012: Oranje wen 24-23

Oranje: Nadine Jonck, Marianne Louw, Karin Truter, Diné le Roux, Amy Fröhlich, Marguerite Cronjé, Anja Cohe, Danielle v Jaarsveld, Jessica Barnard, Ane Goosen, Kylie Steenkamp.

Bloemhof: Juané Maass, Mariaan Bruwer, Nell Basson, Lara Ehlers, Alana Lourens, Zahni Smit, Carlin Keuzenkamp, Cara Otto, Simoné Dry, Mila Bester.

Bloemhof Netbal

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.