Nories oorgehaal om weer eindstryd in NWU Prestige-reeks te haal

Slegs Hoërskool Marais Viljoen staan in die pad van die Hoërskool Noordheuwel om vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar die eindstryd van die NWU Prestige-reeks te haal.
Die halfeindstryd tussen bogenoemde spanne in Brakpan behoort voorts ‘n goeie vertoonvenster te bied vir wat ‘n mens te wagte kan wees in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.
Die fokus sal vir eers egter op die Prestige-reeks wees. Die Nories is die verdedigende kampioen en wil hulself ‘n geleentheid bied om agtereenvolgens met die titel weg te stap, deur die span van Alberton te troef.
Die span van Krugersdorp gaan ietwat gebuk onder beseringsprobleme en sal sonder ‘n paar van hul sleutelspelers moet klaarkom.
Slot, Alex Greeff, loop die halfeindstryd mis, maar word vervang deur die opwindende Xander Buytendach, wat gretig sal wees om te woel onder die groot manne voorlangs. Hy skroom beslis nie om betrokke te raak by die fisieke aspekte van die spel nie.
‘n Stukkie goeie nuus vir die Norie-ondersteuners is dat hul driedrukmasjien op linkervleuel, Lindsey Jansen, terugkeer, nadat hy ‘n blaaskans geniet het om van die ergste stampe en stote van ‘n strawwe skoolvakansie te herstel. Jansen hou groot gevaar in, vernaam wanneer hy spasie aan die buitekant gegun word.
Marais Viljoen verwag ‘n fisieke stryd voorlangs en sal attent wees op die Nories se dryfmale, wat reeds heelwat sukses vir die Krugersdorpers gebring het. Steelkantflank, Dian Scheepers, behoort egter ander planne te hê, en het tot dusver uitgeblink vir die span van Alberton met sy kragtige dryfspel en verdediging.
Losskakel en kaptein, Rekkie Gerber, se korrelwerk pale toe sal ook van kardinale belang wees, terwyl sy akkurate lynskoppe ook moet verseker dat Marais Viljoen in die regte areas van die veld speel.
Hoërskool Pietersburg pak ‘n begeesterde Hoërskool Wesvalia in die reeks se ander halfeindstryd, met die span van Klerksdorp wat vriend en vyand reeds beïndruk het vanjaar.
Dit was verál die gelykopuitslag (18-18) teen Hoërskool Rustenburg wat wenkbroue laat lig het. Binnesenter, Rickard van Heerden, wat gewoontlik op losskakel diens doen, verdien ‘n klop op die skouer, aangesien sy skopskoen ‘n groot aandeel in die span se sukses het.
Die Pieties het ietwat ritme verloor na hulle hul losskakel, Vincent Luckhoff, aan die krukkelys moes afstaan, maar Hanno van Zyl, buitesenter en onderkaptein, het spoedig gesorg dat die Pietie-agterlyn weer op alle silinders vuur.
Die spanne:
Hoërskool Noordheuwel t. Marais Viljoen om 15:15 in Brakpan
Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswill Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Christiaan Delport, 6 Mpho Madisoatsile, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.
Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Tristan Thom, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tsimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Bjorn Pieterse, 5 Beyers van Niekerk, 4 Rynier Welgemoed, 3 Sifiso Shongwe, 2 Tiaan Bruyns, 1 Clayton Gagiano.
Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Wesvalia om 13:50 in Springs
Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Manhlangu, 11 Dustin Terblanche, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Janse van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Mostert, 1 Floris Venter.
Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickard van Heerden, 11 Kyle Botes, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.
Hugenote (Springs) t. Jeugland om 15:15 in Springs
Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Dylan Nel, 11 Thanyani Mokiri, 10 Corne Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.
Jeugland (moontlik): 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Jooste, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Alec Mohlala, 7 Jose Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maime, 2 Suyanda Mbanwa, 1 Lesego Moitse.
Hoërskool Lichtenburg t. Hoërskool Rustenburg om 13:50 in Brakpan
Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Omphile Gaboutloeloe, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.
Rustenburg (moontlik): 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van den Berg, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Roninson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenrad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smit, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.