SuperSport Schools Plus

Nories jag opeenvolgende NWU Prestige-titels


FOTO: Frans Lombard

Dit gaan ‘n Dawid-teen-Goliat-stryd afgee in die eindstryd van vanjaar se NWU Prestige-reeks, wanneer Hoërskool Noordheuwel Saterdag poog om hul titel teen Hoërskool Wesvalia in Potchefstroom te verdedig.

Die span van Krugersdorp is verlede jaar as die kampioen gekroon nadat hulle vir Hoërskool Oos-Moot, wat vanjaar in die NWU se Sportreeks deelgeneem het, met ‘n telling van 27-17 in die eindstryd verslaan het.

Noordheuwel is na ‘n nederlaag teen Hugenote (Springs) in die eerste ronde, verder onoorwonne, en die afrigtingspan, bestaande uit Stefan Lourens en Ian Joubert, sal hoop dat hul span nie oor die laaste hekkie struikel nie. Dit sal egter ‘n reuse poging van die span van Klerksdorp verg om die Krugersdorpers te stuit.

Dit is verál die ligbloues se agterlyn wat vir Wesvalia op hul tone sal hou. Die gedugte duo van buitesenter, Cheswill Jooste, en linkervleuel, Lindsay Jansen, sal fyn dopgehou moet word.

Daar is egter nog ‘n gevaar wat stil-stil besig is om sy merk te maak. Die Nories se regtervleuel, Kean Steyn-Shaw, beleef tot dusver ‘n skitterende seisoen en sal Saterdag daarop wil voortbou.

Voorlangs sal die slot, Xander Buytendach, en woelige agtsteman, Brad Brown, weer onder die grootmanne woel. Buytendach het goeie ritme begin vind in die laaste paar wedstryde en sal met sy fisiekheid die vuur stook, terwyl Brown se barslopies in gebroke spel een van Nories se vernaamste wapens is om op die voorvoet te kom.

Daar sal van Wesvalia se ster op steelkantflank, Francois Dumond, verwag word om die twee te probeer tem. Dumond se uithouvermoë en werkverrigting herinner aan Kwagga Smith, maar hy sal nie op eie houtjie die Norie-pak aandurf nie. Haker, Junior Kuhn, sal hom met groot ywer bystaan.

Agterlangs sal heelwat staatgemaak word op die spelskepper en skerpskutter, Rickardt van Heerden, om enige swakplekke in die Norie-verdedeging uit te buit. Van Heerden kan ook met sy skopskoen die telbord aan die rol hou.

Hoërskool Pietersburg het self ‘n Goliat om te verslaan, wanneer hulle in die uitspeelwedstryd vir die derde plek teen Hoërskool Marais Viljoen te staan kom. Die span van Limpopo sal versigtig wees vir die manne van Alberton, aangesien ‘n gekweste Marais Viljoen uiters gevaarlik kan wees.

Die Pieties is egter nie te versmaai nie en beskik oor die vermoë om op die dag teen enigiemand ‘n opskudding te veroorsaak.

Die twee pakke sal mekaar behoorlik toets, maar dis agterlangs waar die stryd gewen of verloor kan word. Marais Viljoen se kaptein en losskakel, Rekkie Gerber, sal graag sy span terug na die wenpad toe wil lei, maar sal lugtig wees vir die Pieties se generaal, Celliers van der Merwe, wat sedert hy by die beseerde Vincent Luckoff oorgevat het, van krag tot krag gegaan het.

Die spanne: 

Hoërskool Noordheuwel t. Hoërskool Wesvalia om 15:30 in Potchefstroom

Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswill Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Gideon Diederichs, 8 Brad Brown, 7 Christiaan Delport, 6 Mpho Madisasaotsile, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naudé, 1 Meyer Opperman.

Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Kyle Botes, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Homeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Alden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.

Hoërskool Marais Viljoen t. Hoërskool Pietersburg om 14:00 in Potchefstroom

Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Stefan Basson, 5 Bjorn Pieterse, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.

Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerich Duba, 13 Siya Mahlangu, 12 Zuan Langman, 11 AJ Loots, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Juan Jansen van Vuuren, 5 AJ de Beer, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Mostert, 1 Floris Venter.

Hoërskool Rustenburg t. Hoërskool Hugenote (Springs) om 12:30 in Potchefstroom

Rustenburg (moontlik): 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van der Berg, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Robinson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smit, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.

Hugenote (Springs) (moontlik): 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Dylan Nel, 11 Thanyani Mokiri, 10 Corné Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony SMith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henré Oosthuizen.

Hoërskool Jeugland t. Hoërskool Lichtenburg om 11:00 in Potchefstroom

Jeugland (moontlik): 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Jooste, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Alec Mohlala, 7 Jose Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbwanwa, 1 Lesego Moitse.

Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tyrell Schalkwyk, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.