Noordvaal Uitslae – 9 April 2016
As Potchefstroom Gimnasium die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Pukke se Prestige-reeks gekroon wil word, sal hy eers Saterdag in die kwarteindstryd sy aartsvyand, Potchefstroom Volkskool, moet uitoorlê.
Dié kwarteindstryd vind by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark plaas.
Gimmies het Saterdag Die Anker met 34-15 verslaan.
Die Anker moet môre na Witbank reis om HTS Witbank die stryd aan te sê. Die twee spanne se wedstryd het vroeër vanjaar uitgereën.
Die wenner sal in die ander kwarteindstryd wat by Driehoek gespeel word, teen Zwartkop van Pretoria te staan kom.
Zwartkop het sy groepwedstryde onoorwonne afgesluit deur Potch Volkies met 35-20 te troef. Dit was Volkies se eerste nederlaag in vanjaar se reeks.
Potch Gimmies het vroeër met 19-elk gelykop teen Montana gespeel.
In die Groep C was daar nie veel tussen die Hoërskool Middelburg en Wonderboom te kies nie. Die spanne het Saterdag met 20-elk gelykop gespeel in ’n kragmeting wat sou bepaal het wie bo-aan die groep eindig.
Middelburg het danksy bonuspunte in die ander wedstryde bo geëindig en speel teen Lichtenburg in die kwarteindronde by Wesvalia in Klerksdorp.
Tussen Lichtenburg en Noordheuwel was daar nie veel te kies nie en hulle het Saterdag met 22-elk gelykop gespeel.
Noordheuwel spog met ’n positiewe punteverskil van 50 punte. Lichtenburg het 29 punte meer as hul teenstanders in die groepwedstryde aangeteken.
Noordheuwel sal in die ander kwarteindstryd teen Wonderboom te staan kom.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het in Durban teen Westville Boys High tien drieë in sy sege van 62-0 ingeryg. Affies het teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 40-0 geniet.
Jeppe Boys High het sy goeie vertonings vanjaar voortgesit deur Pretoria Boys High met 59-18 kaf te draf. Vereeniging Gimnasium het ook ’n oortuigende sege van 64-0 teen Generaal Hertzog van Witbank behaal.
Puntemakers:
NWU-PUKKE PRESTIGE-REEKS
Hoërskool Middelburg 20 – Drieë: Ryna Phiri (2), Dewald Coetzee. Doelskop: Morné Sonnekus. Strafdoel: Sonnekus. Wonderboom 20 – Ruan Nortjé, GP Visser. Doelskoppe: Henry Nell (2). Strafdoel: Nell. Skepdoel: Nell.
Hugenote (Springs) 25 – Drieë: Dian de Beer (2), Vernon Nel. Doelskoppe: Bennie Lottering (2). Strafdoele: Lottering (2). Wesvalia 22 – Drieë: DeeWee Thomas (2), Justin Basson. Doelskoppe: Basson (2). Strafdoel: Basson.
Potchefstroom Gimnasium 34 (14) – Drieë: Herman de Jongh, Willie Steenkamp, Juan Smit, Edrich Cronjé, Martin Linde. Doelskoppe: Cronjé (3). Strafdoel: Cronjé. Die Anker 15 (3) – Drieë: Herman Matthee (2). Doelskop: Frikkie Pothas. Strafdoel: Pothas.
Lichtenburg 22 – Drieë: Lohan Jahns, Bertru Jones, Henk Venter. Doelskoppe: Janco Schickerling, Jahns. Strafdoel: Jahns. Noordheuwel 22 – Drieë: Liam Viljoen, Brandon Venter, Ruvan Olivier. Doelskoppe: JC Fensham (2). Strafdoel: Fensham.
Zwartkop 35 – Drieë: Chris Vermaak, Christo Bouwer, Phineas Zitha, Quinton Botha. Doelskoppe: Miché Groenewald (3). Strafdoele: Groenewald (3). Potchefstroom Volkskool 20 – Drieë: Jandré Steyn, Cornel Schoonhoven. Doelskoppe: Hanru van Rooyen (2). Strafdoel: Van Rooyen (2).
HTS Witbank 9 – Strafdoele: Andrew McDermaid (2). Skepdoel: McDermaid. Montana 3 – Strafdoel: Emile Meyer.
Driehoek 31 – Drieë: Wardy Engelbrecht (2), Ruben Botha, Heinrich Coetzee, Jean Herbst. Doelskoppe: Shaun Schoen (3). Oosterlig 24 – Drieë: Juan-Ray Erasmus (2), André Liebenberg, Tiaan Pieterse. Doelskoppe: Juan Roux (2).
Ander spanne:
o.16: Middelburg 57, Wonderboom 7; Hugenote 22, Wesvalia 17; Die Anker 20, Potch Gimmies 13; Noordheuwel 59, Lichtenburg 21; Zwartkop 22, Potch Volkies 19; Montana 55, HTS Witbank 5; Driehoek 21, Oosterlig 13.
o.15: Middelburg 8, Wonderboom 7; Wesvalia 17, Hugenote 7; Potch Gimmies 24, Die Anker 10; Lichtenburg 28, Noordheuwel 10; Potch Volkies 38, Zwartkop 7; Montana 41, HTS Witbank 0; Oosterlig 46, Driehoek 0.
o.14: Middelburg 48, Wonderboom 0; Hugenote 20, Wesvalia 17; Potch Gimmies 26, Die Anker 0; Noordheuwel 34, Lichtenburg 12; Zwartkop 54, Potch Volkies 0; Montana 27, HTS Witbank 10; Oosterlig 18, Driehoek 14.
NWU-PUKKE SPORTREEKS
Benoni High 92 – Drieë: Timothy van Dieman (3), Brandon Harwood (2), Tyrone Schaper (2), Kyle Snyman, Austin Laros, Fabio Zackey, Justin Herbert, Robert Patterson, Hamish Dubdin, Kyle Newman. Doelskoppe: Harwood (7), Josh McCallum (4). AHS Sasolburg 5.
Standerton 25 (13) – Drieë: Hloni Mputi (2), Wilco Pienaar, Zirk Buys. Doelskop: AJ Potgieter. Strafdoel: Potgieter. Linden 23 (18) – Drieë: Steven Matthyser, Wian de Lange, Tommy van Staden, Devaux Bakkes. Strafdoel: Ruaan Marais.
Hoërskool Alberton 19 – Drieë: Lunga Molele, Caltino Jones, Ruan Muller. Doelskoppe: Francois Myburgh (2). Dr. Malan 9.
Linden 15 (10) – Drieë: Tyron Erasmus, Wian de Lange. Doelskop: Ruan Marais. Strafdoel: Marais. Dr. Malan 13 (8).
Heidelberg Volkskool 32 – Drieë: Juanrich Derckson, Stephan Louw, Sherdon Nelson, Louis Bezuidenhout. Doelskoppe: Nelson (3). Strafdoele: Nelson (2). Hans Moore 17 – Drieë: Adam Meyer, Zander Pretorius, Ruan Beck. Doelskop: Justin Brink.
Ander spanne:
Eerste spanne: Heidelberg Volkskool 33, Brits 12.
o.16: Linden 31, Dr. Malan 0; Heidelberg Volkies 19, Brits 19; Standerton 19, Linden 7; Alberton 35, Dr. Malan 7; Heidelberg Volkies 17, Hans Moore 5.
o.15: Dr. Malan 31, Linden 8; Heidelberg Volkies 7, Brits 0; Standerton 7, Linden 6; Dr. Malan 35, Alberton 15; Heidelberg Volkies 26, Hans Moore 24.
o.14: Linden 24, Dr. Malan 17; Heidelberg Volkies 68, Brits 0; Standerton 29, Linden 7; Alberton 31, Dr. Malan 7; Heidelberg Volkies 40, Hans Moore 7.
PUKKE 16-REEKS
Vryburg 23 (7) – Drieë: Gert Jonker, André Kock. Doelskoppe: Kock (2). Strafdoele: Kock (3). Fochville 7 (7).
Pionier 42 – Drieë: Ewart Potgieter (2), De Wet Meyer (2), Eugene Nortjé, Meldon Bezuidenhout. Doelskoppe: Jean Aucamp (6). Pretoria-Noord 31 – Drieë: Rudi de Villiers (2), Vernon Blignaut, Fanie Driescher. Doelskoppe: Blignaut (3).
Wolmaransstad 33 – Drieë: Fanus Pieterse (2), Oelof Kotze, Koos Tabile. Doelskoppe: Pieterse (2). Strafdoele: Pieterse (3). Alberton High 25.
Volksrust 18 – Drieë: Branden Magudulela, Shaun Davidson, Donnie Griffiths. Strafdoel: Tiaan Els. Delmas 13.
Bekker 33 – Drieë: Bernard Erasmus (2), Herman Roesch, Kutlwano Kgaladi, Ewald Oberholzer. Doelskoppe: Oberholzer (4). Schweizer-Reneke 17 – Drieë: Lombard Joubert, Marco Botha. Doelskoppe: Eugene van Rensburg (2). Strafdoel: Van Rensburg.
Piet Retief 33 – Drieë: Bongumenzi Dlamini (2), Percy Mkwanazi, James Fourie, Mthobisi Johnson. Doelskoppe: Morné Bdenhorst (2), Simon Terblanché, Herman Schlebusch. Stoffberg 6.
Ander spanne:
o.16: Pionier 26, Stoffberg 17; Overvaal 27, Wolmaransstad 12; Pretoria-Noord 12, Ferrum 10; Piet Retief 17, Delmas 7; Oosterland 34, Volksrust 5; Bekker 19, Schweizer-Reneke 0; Vryburg 14, Alberton High 0.
o.15: Pretoria-Noord 10, Pionier 0; Wolmaransstad 22, Overvaal 12; Piet Retief 15, Oosterland 6; Volksrust 29, Delmas 17; Schweizer-Reneke 19, Alberton High 13; Vryburg 42, Bekker 17.
o.14: Pionier 25, Stoffberg 10; Bekker 12, Wolmaransstad 5; Pretoria-Noord 43, Piet Retief 0; Volksrust 69, Delmas 0; Schweizer-Reneke 19, Overvaal 17; Fochville 17, Vryburg 12.
SUPERREEKS
Hoërskool Tuine 10 – Drie: Pieter Voges. Doelskop: Voges. Strafdoel: Voges. Brandwag (Benoni) 5.
Secunda 47 – Drieë: Evan Wessels (2), Erick Lowe (2), Hanco Nel, Jacobus Beylevedlt, Kevin Malan. Doelskoppe: Steven Steyn (5), Larnus Steyn. Wagpos 5.
Ander spanne:
Eerste spanne: John Vorster (Nigel) 9, Gerrit Maritz 6.
o.16: Brandwag 39, Tuine 15; John Vorster 43, Gerrit Maritz 10; Secunda 17, Wagpos 14.
o.15: Brandwag 24, Tuine 7; John Vorster 20, Gerrit Maritz 15; Secunda 17, Wagpos 12.
o.14: Tuine 17, Brandwag 0; John Vorster 49, Gerrit Maritz 0; Secunda 40, Wagpos 0.
LIMPOPO
Hans Strijdom 25 – Drieë: Ruben Brown (2), Juandré Botha, Albertus van Deventer. Doelskop: André du Plessis. Strafdoel: Du Plessis. Ellisras 8 – Drie: Senzo Nkojama. Strafdoel: JD Smit.
Oos-Moot 22 – Drieë: Tiaan de Lange, Jan-Harm Botha. Strafdoele: Eddie Ludick (3), Armand Krugel. Frikkie Meyer 18 – Strafdoele: Chrizaan Strauss (6).
Nylstroom 20 – Drieë: Gerhard van Jaarsveld, Francois Weyers. Doelskoppe: Franco Hendriks (2). Strafdoele: Hendriks (2). HTS Tom Naudé 13 – Drieë: Kamogelo Motloa (2). Strafdoel: Reghardt Williams.
Ander spanne:
Eerstespanne: Die Wilgers 28, Piet Potgieter 17; Louis Trichardt 31, Stanford Lake College 27.
o.16: Ellisras 34, Hans Strijdom 0; Frikkie Meyer 15, Oos-Moot 10; HTS Tom Naudé 3, Nylstroom 0; Die Wilgers 27, Piet Potgieter 5; Louis Trichardt 67, Stanford Lake College 5.
o.15: Hans Strijdom 24, Ellisras 5; Frikkie Meyer 24, Oos-Moot 21; HTS Tom Naudé 15, Nylstroom 10; Piet Potgieter 46, Die Wilgers 0; Louis Trichardt 55, Stanford Lake College 0.
o.14: Ellisras 78, Hans Strijdom 0; Frikkie Meyer 26, Oos-Moot 24; HTS Tom Naudé 17, Nylstroom 15; Piet Potgieter 53, Die Wilgers 0.
LUIPERDS
Middelskole
Zeerust 76 – Drieë: Casper Fick (2), Karel Loots (2), Heydren Jeagers, SP Vermaak, Thebogo Rakate, Conor O’Brien, Adrian Theodossi, Hansie Nortjé. Doelskoppe: Loots (8). HTS Klerksdorp 0.
Ander spanne:
Eerstespanne: HTS Rustenburg 7, Grenswag 6.
o.16: Zeerust 50, HTS Klerksdorp 5.
o.15: Zeerust 27, HTS Klerksdorp 10; HTS Rustenburg 20, Grenswag 5.
o.14: Zeerust 34, HTS Klerksdorp 10.
Kleinskole
Eerste spanne: Christiana 24, Orkney 7; Stella 39, Ferdinand Postma 0; Koster 34, Sannieshof 7.
o.17: Orkney 36, Christiana 0; Koster 33, Sannieshof 5.
o.15: Christiana 24, Orkney 5; Ferdinand Postma 28, Stella 15; Koster 29, Sannieshof 7.
Middelskole
Voortrekker 29 – Drieë: Kelebogile Lemotlo (2), Tristan Ellis, Thato Morie. Doelskoppe: Nhlanhla Simelane (2), Lemotlo. Strafdoel: Simelane. Belvedere 30.
Ander spanne:
o.16: Belvedere 12, Voortrekker 10.
o.15: Belvedere 40, Voortrekker 10.
o.14: Voortrekker 24, Belvedere 12.
VRIENDSKAPLIK
Affies 62 (40) – Drieë: Henk Pretorius, Tristan Janse van Vuuren (2), Christiaan Strydom (2), Marnus Potgieter (2), Carl Koch (2), Louritz van der Schyff. Doelskoppe: Ruan de Swardt (6). Westville Boys’ High 0.
Jeppe Boys’ High 59 – Drieë: Tyrone Green (2), Magaliso Ntimba (2), Hacjivah Dayimani, Cameron Burke, Marc Hamieson, Gary Edwards, Moemisi Mosheledi. Doelskoppe: Wandile Simelane (7). Pretoria Boys’ High 18.
Vereeniging Gimnasium 64 – Drieë: Webster Swanepoel (3), Dylan Schoeman (2), Edrich Jacobs (2), Jan Labuschagne, Dirk van der Berg, LP Martin. Doelskoppe: Schoeman (7). Generaal Hertzog 0.
Morgenzon Landbou 47 – Drieë: Dillon Delport (3), Dehan Saaiman (2), Kyle Coetzee (2), Conrad van der Schyff. Doelskoppe: Saaiman (2). Skepdoel: Ricky du Toit. Kriel 21.
Ermelo 24 – Drieë: Vusi Mkhonza, Gift Ngwenya. Doelskop: Ruan Grobler. Strafdoele: Grobler (4). Lydenburg 23.
Ander spanne:
o.16: Affies 22, Westville Boys’ High 8; Lydenburg 21, Ermelo 12; Generaal Hertzog 17, Vereeniging Gimnasium 16.
o.15: Affies 24, Westville Boys’ High 19; Ermelo 26, Lydenburg 10; Generaal Hertzog 46, Vereeniging Gimnasium 0.
o.14: Affies 16, Westville Boys’ High 10; Ermelo 31, Lydenburg 7; Vereeniging Gimnasium 45, Generaal Hertzog 5.




