SuperSport Schools Plus

Nie veel te kies tussen spanne in die Sandveld-liga

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-05-09

Daar is nie veel tussen die vier spanne in die boonste been van die Sandveld-liga vanjaar te kies nie.

Wessel Maree van Odendaalsrus is die enigste onoorwonne span in die liga, maar moes Saterdag hard werk om Riebeeckstad met 19-10 te troef. Riebies is steeds opsoek na sy eerste sege in vanjaar se liga.

Die verloorspan kon nie sy kanse benut nie. Hy is twee oor die doellyn waar hy opgehou is. Sy losskakel, Nathan Fourie, en die heelagter, Sizwe Makhize, het blink vertonings gelewer.

Bothaville het ’ naelskraapse sege van 34-33 oor Hennenman op sy tuisveld behaal. Die tuisspan het teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 24-7 opgebou. Hennenman het in die tweede helfte goed terruggeveg.

Vir die wenspan het sy agtsteman, Charl de Waal, skrumskakel Willem van der Merwe, stut Hanco van Aswegen en die slot Jurie Viljoen goeie spel gelewer.

Reitz was danksy ’n strafdoel in die tweede helfte deur sy losskakel, Neil van der Merwe, met 8-5 in ’n klipharde stryd teen Ficksburg in die Oos-Vrystaatse liga baas. Die twee spanne het met die telling op 5-elk gaan rus.

In die Griffon-liga het Welkom Gimnasium en Voortrekker van Bethlehem hul onoorwonne statusse met seges oor onderskeidelik die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (33-12) en Hentie Cilliers (28-24) behou.

Die Trekkers het so bietjie gesweet in Virginia om dié status te behou. Die span kon nie ’n vierde drie vir ’n bonuspunt behaal nie.

Die span van Bethlehem se losskakel, Louis Viljoen, en die flank Evan van der Merwe het goed vertoon. Vir Henties het die stut Winny Kennedy, haker Morné Mkwayi en agtsteman Jaco Vermeulen voorlangs hul man gestaan. Agterlangs het die losskakel, Calvin Meyer, en die senter William Hendricks uitgeblink.

Gimmies se buitesenter, Lubabalo Mtyeshi, het in sy span se oorwinning baljaar. Hy het ’n driekuns aan drieë behaal. Vir Rooiskool het die heelagter, Dylan “Slak” Stiemmie goed op die aanval gevaar en twee keer die doellyn oorgesteek.

Die verloorspan se stut Ivan Otto het goed geskrum en in die los gewoel, terwyl die senter Zak van Niekerk soos gewoontlik ’n staatmaker was.

Witteberg van Bethlehem het op sy tuisveld op al sy silinders teen HTS Sasolburg gevuur. Witteberg het met 73-14 gemaklik as oorwinnaars van die veld gestap. Die wenspan het 11 drieë ingeryg waarvan sy losskakel, George Spershott, nege verdoel het.

Goudveld-Hoërskool het Wilgerivier van Frankfort met 41-17 die loef afgesteek. Die span se losskakel, Zane Vorster, het ’n goeie wedstryd beleef, terwyl hy agterlangs goeie ondersteuning van die senter Craig Colby ontvang het. Voorlangs het die stut Ruben Breedt uithalerspel gelewer.

HTS Welkom se losskakel, Vusikaya Hanaba, was op sy stukke in sy span se oorwinning van 56-27 oor Hoërskool Kroonstad. Blouskool se agtsteman, Piet van der Merwe, het vandag rede om te glimlag na hy drie keer die Tekkies se doellyn oorgesteek het.

Puntemakers: 

Goudveld-Hoërskool 41 (29): Driee: Lorenzo Cloete (3), Craig Colby (2), Tristan September. Doelskoppe: Zane Vorster (4). Strafdoel: Vorster. Wilgerivier 17 (3): Drieë: Jan-Hendrik Breytenbach, Corjan Muller. Doelskoppe: Cobus Erasmus (2). Strafdoel: Erasmus. 

Voortrekker 28: Drieë: Evan van der Merwe, Tiaan van Zyl, Michael Janse van Rensburg. Doelskoppe: Louis Viljoen (2). Strafdoele: Viljoen (3). Hentie Cilliers 24: Drieë: William Hendricks, Jaco Vermeulen, Ruben Pretorius, Dealin Jafta. Doelskoppe: Pretorius, Jovanian du Preez.

Witteberg 73: Drieë: Franco Victor (3), Jason Roux (2), Daniël Jordaan, Cronjé Meiring, Karabelo Machabe, Rudolph van Biljon, Louis Oosthuizen, JW Meades. Doelskoppe: George Spershott (9). HTS Sasolburg 14.

Welkom Gimnasium 33 (26): Drieë: Lubabalo Mtyeshi (3), Andrew Kota, Pieter van der Westhuizen. Doelskoppe: Kota (4). AHS Kroonstad 12 (5): Dylan Stiemmie (2). Doelskop: Chappies van der Walt.

HTS Welkom 56: Drieë: Adrian Olivier (3), Tshepo Raseboka (2), Keanu Witbooi, Slade Douse, Vusikaya Hanaba. Doelskoppe: Hanaba (8). Hoërskool Kroonstad 27: Drieë: Piet van der Merwe (3). Doelskoppe: Theo Roux (3). Strafdoele: Roux (2).

Wessel Maree 19 (0): Drieë: Antonio Masolodi (2), William Hlongwane. Doelskoppe: Tian Potgieter (2). Riebeeckstad 10 (3): Drie: Christo van Staden. Doelskop: Johan Marais. Strafdoel: Marais.

Bothaville 34 (24): Drieë: Carlo Kleynhans (2), Reinhardt Grobler, Stephan Bester, Bertram Crawthorne. Doelskoppe: Kleynhans (3). Strafdoel: Kleynhans. Hennenman 33 (7): Drieë: Albie Venter, Neels Pretorius, Cornel Fourie, Richard Badenhorst, Stefan Diniso. Doelskoppe: Venter (4).

Reitz 8: Drie: Ian van Heerden. Strafdoel: Neil van der Merwe. Fickburg 5: Drie: Theo van Niekerk.

Sandveld 19: Drieë: Oupa Mthethwa, Chris Marais, David Marais. Doelskoppe: Lucky Bob (2). Theunissen 17.

Hoopstad 48: Drieë: Rikus Faber (2), Janus van Deventer (2), Renard van Jaarsveld, Stefan van der Watt, Wayne Vorster, George Graham. Doelskoppe: Jaco Burger (4). Welkom High 12.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.